Pentagon verbied Twitter, Facebook, MySpace vir seesoldate

Dis nie net Iran en China wat onbeheerde internettoegang verbied nie, maar nou ook die VSA, ten minste vir hulle spesiaal opgeleide Seesoldate.

Die verbod wat voortaan vir hulle gaan geld op sosiale netwerkwerwe soos Twitter, Facebook, MySpace is dadelik van krag.

Die bevel wat Maandag uitgreik is, lui dat "internetwerwe bewese skuilplekke vir kwaadwillige manipuleerders is en dat inligting ontbloot kan word deur vyande". Die seesoldatekorps glo dat die wese van sosiale netwerkwerwe onnodige gevare inhou vir operasionele en kommunikasie veiligheid omdat inligting maklik daardeur gelek kan word.

Die verbod sal 'n jaar van krag wees. Dit is opgestel nadat die VSA se Stratkom in Julie gewaarsku het dat hulle die hele Weermag aan so 'n verbod wil onderwerp. Swendelary, internetwurms en Trojaanse perde word maklik dmv Twitter, Facebook en MySpace oorgedra.

Nietemin is daar vele hooggeplaastes in die Pentagon wat sulke netwerke van waarde ag. Die voorsitter van die Stafhoof het 4 000 volgelinge op Twitter. Die weermag het ook reeds gevra dat alle VSA-basisse toegang tot Facebook verkry en topgeneraals skryf deesdae blogs direk van die slagveld.

Price Floyd, die Pentagon se nuutaangestelde mediatsaar, het die sentrale beplanningskamer ingelig dat die weermag oral moet wees, ook daar waar die publiek is. "As dit beteken MySpace en YouTube, moet ons ook daar wees".

Wat die Seesoldate betref is werklike sosiale kontak met die publiek egter vir die volgende 12 maande iets van die verlede.

free casino games to playлобановский александр фото