Internetverslaafde doodgeslaan

’n Internetverslaafde is glo by ’n rehabilitasiesentrum doodgeslaan omdat hy nie vinnig genoeg gehardloop het nie.

Die tienerseun, Deng Senshan (16), is deur sy ouers na die rehabilitasiesentrum in die suide van China gestuur met die hoop om hom van sy internetverslawing te genees.

Die drie opsigters wat Senshan na bewering doodgeslaan het, is kort ná sy dood in hegtenis geneem.

Senshan se pa, Deng Fei, sê hy het 7 000 yuan betaal vir sy seun se maand lange opleiding by die Guangxi Qihuang-oorlewings-en-opleidingskamp. “My seun was gesond en nie ’n misdadiger nie. Al wat hy gehad het toe ek hom by die kamp gelos het, was ’n internetverslawing.”

China het die wêreld se grootste getal internetgebruikers – ongeveer 338 miljoen.

Volgens ’n studie deur die Chinese internetjeugvereniging is meer as 10 miljoen van die land se 100 miljoen tieners wat die internet gebruik, daaraan verslaaf.

справку дляФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae