Varkgriep kan weerstandig teen behandeling raak

Image

Varkgriepvirusse onder die mikroskoop

Mediese personeel het Dinsdag gewaarsku teen die oormatige voorskryf van 'n middel vir die behandeling van varkgriep genaamd Tamiflu, aangesien dit tot weerstandigheid kan lei.

Daar is reeds vier lande wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie geëien is waar sekere vertakkings van varkgriep weerstandig teen Tamiflu is, het dr. Chuma Makunga van die Nasionale instituut vir oordraagbare siektes by 'n Aptekerskonferensie in Sun City gesê, volgens 'n verklaring wat deur die instituut uitgereik is.

"Dit moet nie aan almal voorgeskryf word nie. Individuele klinici moet die inligting lees wat aan aan hulle gestuur word en seker maak dat hulle weet wat hulle doen."

Suid-Afrika se eerste sterfgeval weens die A(H1N1)-virus is Maandag in die Wes-Kaap aangemeld.

Die regering probeer nie meer om die uitbreking van die virus te verhoed nie maar werk tans om te verseker dat pandemieprotokolle in werking is, het Makunga gesê.

"Wat ons doen, is om inligting oor die virus in te samel sodat ons soveel moontlik weet oor die manier waarop dit funksioneer."

Die gesondheidsdepartement het gesê dat, geoordeel aan die bevestigde aantal sterftes en gevalle wêreldwyd, sou die virus 7 sterftes per 1000 besmette mense veroorsaak.

Sedert 30 Julie  het die pandemie na 159 lande en gebiede ter wêreld versprei, met 'n kumulutatiewe totaal van 146 609 bevestigde gevalle en 1096 bevestigde sterftes.

"Die aantal globaal gerapporteerde gevalle onderskat die werklike getal gevalle, gegewe die feit dat daar nie langer van lande vereis word om individuele nie-ernstige gevalle te toets en oor verslag te doen nie," het die woordvoerder Fidel Hadebe in 'n verklaring gesê.

Swanger vroue, diabete en mense met longprobleme is 'n risikogroep waar varkgriep komplikasies kan veroorsaak.

Die siekte raak blykbaar meesal jongmense, asook mense tot die ouderdom van 49, terwyl bejaardes skynbaar 'n mate van immuniteit vertoon.

Mense behoort mediese hulp op te soek indien hulle simptome soos moegheid, ernstige slaperigheid, asemhalingsprobleme, onvermoë om vloeistowwe te drink of ontwatering toon.

Tekens van die virus sluit koors, 'n gehoes, hoofpyn, spier- en gewrigpyn, 'n seer keel, loopneus en soms naarheid en diarree in.

профессиональная чистка зубов противопоказанияОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae