Murdoch waag yslike kans om gratis nuus te sluit

Rupert Murdoch, 78, gaan 'n kans waag en lesers binnekort, binne die volgende finansiële jaar, vir sy internetnuus laat betaal. Hy het gesê News Corp, sy multimiljardrand mediaryk, gaan oral ter wêreld ophou om gratis nuus op nuuswerwe aan te bied.

Die internetnuusmodel werk nie en is besig om gedrukte koerante, wat op die tadisionele nuusmodel geskoei is, te laat ondergaan. Internetnuus maak tans agv die resessie nie genoeg uit advertensie nie.

Hy het gesê hy hoop om uiteindelik uit betalende digitale nuusinhoud 'n inkomste te genereer. "Kwaliteit joernalistiek is nie goedkoop nie," het Murdoch gesê. "'n Bedryf wat inhoud weggee, is eenvoudig besig om sy eie vermoë om goeie verslag te doen, te kannibaliseer."

Hy wou nie uitbrei op presies die model wat hy in gedagte het nie. Dit kan per subskripsie wees, of om lesers vir enkelstories te laat betaal of om inhoud op 'n mobiele elektroniese platform te koop aan te bied.

News Corp se inhoud gaan egter gou-gou betalend wees vir lesers. Dit verteenwoordig 'n groot ommeswaai vir Murdoch wat twee jaar gelede nog gesê het advertensie gaan gratis nuuswerwe dra.

Die resessie het egter diep gesny in News Corp se winsgewendheid en die maatskappy moes 'n verlies van $4 miljard vir die jaar tot Junie sluk.

Murdoch sê die sukses van die Wall Street Journal se subskripsiediens het hom oortuig dat die model kan werk.

Alhoewel die bedryf oor die algemeen glo dat spesialiswerwe beter vaar met subskripsie, glo News Corp se hoof dat poniejoernalistiek soos die Britse The Sun, só winsgewend kan wees.

Murdoch het gesê hy glo die koerantwese sal sy voorbeeld in die toekoms volg omdat hy suksesvol gaan wees met betalende internetnuus.

компрессор воздушный поршневой ценапрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae