Dié griep het reeds ’n tweede slagoffer in Suid-Afrika geëis.
Wes-Kaapse skole is tans net half vol, nadat vrees vir die siekte onder leerders posgevat het, en talle aktiwiteite is afgestel.
'n Woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, het gesê die toestand word deur die departement gemonitor. Die getal bevestigde H1N1-griepgevalle in die provinsie staan tans op 178. Hule weet egter nog nie watter skole die ergste geraak word nie.
By een hoërskool in Durbanville is ses gevalle van die H1N1-infeksie aangemeld en die afwesigheidsyfer is baie hoog.
Hoërskole in Johannesburg het leerders ook gewaarsku teen die griep en hulle gemaan om 'n geneesheer te raadpleeg indien hulle griepsimptome ervaar.
By die Hoërskool Randburg is twee graad 12 leerders positief getoets vir die H1N1-virus.
Klinieke in die Wes-Kaap word oorval deur pasiënte met griepsimptome.
