Hoewel die ANC-regering nie presiese syfers wil bekendmaak nie, word beraam dat 90% van grondhervorming besig is om te misluk. 'n Spreker by die TLU SA-jaarkongres, mnr. Wannie Scribante, se eie navorsing toon dié uitslag.
In die meeste gevalle word die infrastruktuur van plase wat deur sogenaamde "nuwe boere" betrek word ook verwoes. Volgens Scribante kwel die mislukking van grondhervorming egter nie die ANC nie, want die herverspreiding van grond aan swartmense word gesien as 'n wesentlike element van die Nasionale Demokratiese Revolusie.
TLU SA het ook 'n mosie aanvaar waarin kennis geneem word van die Nasionale Demokratiese Revolusie en dat die uitwerking daarvan op landbou gemoniteer moet word.
Nog 'n spreker by die kongres het daarop gewys dat die grondbesitwette van 1913 en 1936 enersyds bedoel was om kommunale grondbesit deur swartes te beskerm en andersyds om swart grondbesit uit te brei.
Swartes besit reeds grond in die reënryke en vrugbare gebiede van Suid-Afrika; nietemin het hul landboubedrywighede klaaglik misluk in weerwil van damme en besproeiingskemas in sulke gebiede.
'n Vorige voorsitter van die TLU SA, mnr. Willie Lewies, het gewaarsku dat die terugtrekking van die onteieningswet nie die einde van onteiening in die land beteken nie. Die minister van landbou beskik steeds oor die magte om die bates van individue, byvoorbeeld boere se aandele in koöperasies, te konfiskeer.
TLU SA het ook 'n beskrywingspunt aanvaar dat daar na 'n nuwe staatkundige bestel gesoek moet word aangesien die Afrikanerboer se bestaan in sy totaliteit deur huidige regeringsbeleid bedreig word.
игри длядетейпрокурор Фильчаков