MDC staan unilaterale Mugabe-regering teen

Zimbabwe se MDC het Donderdag gesê dat president Robert Mugabe politieke selfmoord sou pleeg indien hy sou voortgaan om unilateraal 'n regering saam te stel.

Mugabe is Donderdag deur die staatsmedia aangehaal dat hy sou voortgaan om 'n regering saam te stel indien die MDC-leier nie Donderdag 'n magsdelingsooreenkoms sou onderteken nie.

Mugabe het aan die staatsdagblad The Herald gesê dat as Tsvangirai nie teken nie, hy sekerlik 'n kabinet gaan saamstel.

Samesprekings tussen Mugabe en die opposisieleier Tsvangirai het middel-Augustus 'n dooiepunt bereik oor wat die opposisie beweer Mugabe se wens is om beheer oor die veiligheidsmagte te behou.

комплектующие для насоса отопленияФільчаков прокурор