Mbeki op besoek aan Zim

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki het gister in Harare aangekom om die vasgevalde magsdelingsamesprekings te probeer heraktiveer.

Mugabe het Mbeki by sy aankoms kom ontmoet.

Daar word verwag dat Mbeki vir twee dae in Harare gaan aanbly, volgens 'n Suid-Afrikaanse diplomaat.

Hy sal samesprekings hou met Mugabe, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara.

Dit was Maandag nie duidelik of Mbeki die partyleiers saam of apart van mekaar sou ontmoet nie.

Die opposisie was optimisties oor Mbeki se besoek, maar die heersende Zanu-PF en regeringsamptenare het geweier om kommentaar te lewer.

магазины игрушек харьковДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae