MPLA stuur af op reuse-oorwinning

Met byna die helfte van die stembriewe getel, lyk dit asof Angola se heersende MPLA op 'n reuse-oorwinning afstuur.

Volgens die staatsverkiesingskommissie loop president Jose Eduardo dos Santos in 17 uit die 18 provinsies voor.

Die MPLA gaan meer as die tweederdemeerderheid wat nodig is om die grondwet te verander behaal indien die huidige neiging voortduur.

Die amptelike uitslag word teen die middel van aanstaande week op die vroegste verwag.

Unita, die grootste opposisieparty, het tot dusver net meer as 10% van die stemme verkry.

Unita teken beswaar teen die uitslag aan maar EU-waarnemers sê swak voorbereidings het slegs dele van die hoofstand Luanda geraak wat in elk geval 'n MPLA-vesting is.

SAOG-waarnemers het gesê dat in weerwil van probleme in Luanda, die stemmery vreedsaam, vry, deursigtig en geloofwaardig verloop het.

no deposit casino bonus codes instant playФільчаков прокурор