Planne om seediefstal te beperk

Die minister van omgewingsake en toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê sy departement wil seediefstal beperk.

Meer anti-diefstalpatrollies en beter toerusting is maar net twee van die beplande maatreëls.

Hy was onwillig om presiese besonderhede te verskaf uit vrees dat die misdaadsindikate op hul hoede geplaas kon word.

Omtrent 2 000 ton gesteelde wilde Suid-Afrikaanse perlemoen, met 'n markwaarde van R1,2 miljard, is gedurende 2007 na Hong Kong gesmokkel.

Die departement wil ook bande tussen homself en die vloot versterk ten einde diefstal langs Suid-Afrika se kuslyn van 3 000 kilometer te verhoed.

slots noФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae