Vele meer is beseer en veeverliese het ook plaasgevind.
Sekere boere vermoed dat brandstigters vir die skade verantwoordelik is.
Die IVP se landbouwoordvoerder in die provinsie, Henry Combrinck, het gesê dat daar duidelik bloedweinig indien enigiets gedoen is wat voorkoming betref en om die gebiede en boere te help wat waarskynlik deur wegholbrande geraak sou word.
Ondanks sy retoriek, het die provinsiale regering daarin misluk om sy beloftes van hulp aan verlede jaar se brandslagoffers gestand te doen, wat nog te sê om bystand aan die huidiges te verleen.
In antwoord het ANC-woordvoerder Mabaso gesê dit was nie nou die tyd om vinger te wys of om goedkoop publisiteitspunte aan te teken nie.

Ten minste 34 mense het doodgebrand in die brande wat die afgelope naweek in noordelike KwaZulu-Natal gewoed het, volgens die KwaZulu-Natalse gesondheidsdepartement.