Patrice Motsepe wil in Zim betrokke raak

Die gediversifiseerde mynbougroep African Rainbow Minerals oorweeg tans 'n aantal platinumgeleenthede in Zimbabwe.

 

Die uitvoerende voorsitter van ARM Patrice Motsepe beskryf Zimbabwe as 'n baie, baie belangrike land vir sy maatskappy.

ARM het so pas rekordverdienstegroei van 232 persent tot R4 miljard aangekondig.

Motsepe sê dat sy maatskappy by besprekings op alle vlakke in Zimbabwe betrokke was.

Die land het sekere minerale neerslae wat beter is as dit waaroor die maatskappy in Suid-Afrika beskik.

Volgens Motsepe kyk ARM reeds jare lank na Zimbabwe en sou die maatskappy aanhou kyk.

Hy hoop dat stabiliteit na Zimbabwe sou terugkeer aangesien die land weer sou opbloei indien stabiliteit sou terugkeer.

игры dla devochekлобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae