Angolese verkiesings gaan nie vry en regverdig wees nie, s? Human Rights Watch

Intimidasie van opposisiepartye en die media in die aanloop tot die parlementêre verkiesings in Angola bedreig die moontlikheid van 'n vrye en regverdige verkiesing, het Human Rights Watch vandeesweek gesê.

Georgette Gagnon, Afrika se direkteur van die organisasie, het gesê dit was duidelik dat Angolese nie in staat was om vrylik verkiesing te voer sonder intimidasie of druk nie.

Human Rights Watch het ook gesê dat die regering misluk het om die basiese pligte na te kom soos hulle uiteengesit word in die Beginsels en riglyne vir verkiesings van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap.

Sy het byvoeg dat Angolese nie in staat gaan wees om hul stemme vrylik uit te bring nie.

Angolese gaan vandag vir 'n nuwe Nasionale Vergadering stem.

Die heersende Volksbevrydingsbeweging van Angola, MPLA, regeer sedert 1975.

         

детские палатки домикиЛобановский Харьков