Mugabe woon sy kritikus se begrafnis by

Image

Robert Mugabe

President Levy Mwanawasa, die ontslape leier van Zambië, is gister in 'n koperbeslaande kis begrawe.

Hy het Zambië sedert 2001 gelei en is in 2006 herkies.

Duisende Zambiërs het in tente bymekaargekom wat by die parlementêre kompleks in Lusaka opgerig en nasionale vlae het halfmas gehang.

Die Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki, die leier van Botswana Seretse Khama Ian Khama en die presidente van Namibië, Mosambiek en Malawi het die begrafnis bygewoon.

Mwanawasa was die enigste streeksleier wat hom oor die politieke en ekonomiese krisis in Zimbabwe en teen Mugabe uitgespreek het.

Mugabe het egter die begrafnis bygewoon en het hulde aan die oorlede Zambiese president gebring deur hom 'n uitgesproke en kloekmoedige leier te noem.

сварочный инвертор устройствоФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae