Suid-Afrikaanse vlie?nier in DRK dood

'n Suid-Afrikaanse vlieënier van 'n Beechcraft-vliegtuig het gister tydens 'n storm in die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort.

Die vliegtuig het 17 passasiers en bemanningslede vervoer toe dit in 'n koppie in die oostelike deel van die land vasgevlieg het.

Volgens die Amerikaans gebaseerde groep wat die vlug bedryf het, lyk dit asof daar geen oorlewendes was nie.

Rudi Knoetze, die 24-jarige vlieënier, is in Port Elizabeth gebore maar het in Johannesburg gewoon.

Die vliegtuig het laat Maandag in slegte weer vermis geraak.

Die vliegtuig was onderweg van Kisangani na Bukavu.

для банипрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae