Mboweni ontvang groot salarisverhoging

Die goewerneur van die sentrale bank Tito Mboweni het vanjaar 'n 27,5% salarisverhoging ontvang. Sy jaarlikse salaris was verlede jaar heelwat meer as R3 miljoen.

Die bank se twee adjunkgoewerneurs het verhogings van onderskeidelik 66% en 72% ontvang.

Die Reserwebank is besig om 'n stryd teen inflasie te stry deur die heraankoopkoers in 2006 met 5 persentasiepunte te verhoog.

Die bank het ook sy kommer uitgespreek oor stygende loonkostes.

Die salarisverhogings vir die goewerneur en sy adjunkte oorskry egter grootliks die land se inflasieteiken van tussen 3% en 6%.

лосины для девочки с описаниемЛобановский