Dié getuienis is deur professor Michael James Stewart, 'n mediese wetenskaplike en onlangs afgetrede direkteur van die nasionale gesondheidsdepartement gelewer.
Regter Motata se verdedigingspan is besig om die geldigheid van die proses te bevraagteken en hou vol dat die bloed wat ontleed is nie van die regter afkomstig was nie.
Hulle het daarteen beswaar gemaak dat die sertifikaat met die bloedalkoholuitslag as getuienis aanvaar word.
Advokaat Dorfling vir regter Motata het aangevoer dat die trauma en stres sy liggaamsfunksies en die bloedalkoholvlak kon beïnvloed het.
Die verhoor gaan vandag voort.
