Negejarige skiet by skool

‘n 9-jarige leerling het Dinsdag ‘n haelgeweer afgevuur buite ‘n skool in Noorweë, maar geen mense is beseer in die insident nie, het plaaslike media berig.

‘n Onderwyseres by die Kanebogen skool in Harstad, noordelike Noorweë, het daarin geslaag om die kind te ontwapen wat gesien is waar hy die geweer rondegewaai het buite die skool. Sommige verslae het gesê dat ten minste een skoot afgevuur is.

Aanvanklike verslae het gesê dat die kind die geweer skool toe geneem het na ‘n onderonsie met ‘n ouer leerling. ‘n Ondersoek is begin na die insident en ook van waar hy die wapen in die hande gekry het.

Die onderwyseres wat die kind ontwapen het word as ‘n heldin beskou, het die plaaslike polisiehoof, Elizabeth Kaas aan die openbare uitsaaier NKR gesê.

Plaaslike owerhede het gesê ‘n krisisspan is na die skool gestuur vir leerlinge en hulle familie, en polisie het ook met skoolwerknemers gesels.

Die skool het sowat 300 leerlinge van graad 1 tot 7, en 35 werknemers, het NRK gesê.

casino gamedданильченко юрій Харків

Onderhoud oor tokolosieverkragting goedgekeur

‘n Vrystaatse radiostasie wat ‘n onderhoud uitgesaai het met ‘n man wat glo elke nag deur ‘n tokolosie verkrag is, het nie die grense van vryheid van spraak oortree nie, het die uitsaaiklagtekommissie bevind.

In die uitspraak wat Dinsdag gemaak is, het die uitsaaiklagtekommissie een klagte van ‘n persoon van die hand gewys dat Radio OFM gespot het met ‘n persoon wat sielsiek is deur die onderhoud uit te saai.

Nog ‘n klaer, net bekend as R. Thirtle, het die onderhoudvoerder Rian van Heerden aangetree oor hy klaarblyklik ‘n grap wou maak van iets wat ‘n baie werklike fenomeen is.

“Dit is ‘n feit dat die gees Incubus mense saans verkrag,” het Thirtle gesê.

“En dit is veral algemeen onder die swart mense…wat die tradisionele geloof van aanbidding van voorvadergeeste volg. Maar meer algemeen onder swart vroue, wat deur die tokolosie verkrag word in die aande.”

“Dit is nie ‘n storie nie, dis ‘n feit, en daar is duisende getuies wat dit kan bevestig. Dit is ‘n baie traumatiese ervaring om in die donker verkrag te word deur ‘n swaar ding wat op jou bene sit, waaroor jy geen beheer het nie.”

“En om te weet dit is ‘n demoon wat dit doen maak dit soveel erger.”

Die kommissie het gesê hulle het ‘n totaal van vier klagtes ontvang oor die uitsending, wat net voor 5 uur die middag van 18 Maart uitgesaai is.

Die klaers het beweer die onderhoud was nie geskik vir kinders nie, en is uitgesaai op ‘n tyd wat baie kinders na verwagting kan luister.

Die kommissie het egter bevind dat die teikengehoor van die stasie nie kinders was nie, dat die kinders wat dit wel gehor het waarskynlik niks sou verstaan nie, en dat dit geen obsene offensiewe taal bevat het nie.

Die stasie het ook herhaaldelik waarskuwings uitgesaai vooraf dat luisteraars die onderhoud aanstootlik mag vind.

OFM het Van Heerden vir twee dae geskors na die uitsending.

светодиодный светильникОлександр Васильович Фільчаков

Jeugliga juig oor Zikalala uit is

Die ANC se jeugliga het die uitgeweke SAUK nuushoof, Snuki Zikalala, aangemoedig om nie weer ‘n pos in die media te aanvaar nie.

“Die ANC-jeugliga het gesê dit is goed dat Snuki Zikalala weg is en het hom die beste toegewens op watter rigting hy ook al inslaan, en gehoop dit is nie in die media nie,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Dinsdag het die SAUK-raad aangekondig dat Zikalala , wat die hoof was van nuus en wêreldsake, se kontrak nie aan die einde van die maand hernu gaan word nie.

Joernalis Phil Molefe gaan by Zikalala oorneem in waarnemende hoedanigheid vanaf 1 Mei, terwyl ‘n plaasvervanger gesoek word.

ANC jeugliga woordvoerder Floyd Shivambu het gesê me die vertrek van Zikalala het die SAUK weer ‘n kans om sy kredietwaardigheid as openbare uitsaaier in ere te herstel.

“Wat ook al gesê en gedoen kan word, dit is ‘n objektiewe realiteit dat Snuki Zikalala die nuus bestuur het volgens 'n faksionele en volgelinge beleid.”

Shivambu het gesê die jeugliga ondersteun nuus wat uitgesaai en versprei word op ‘n billike en gelyke manier, en “nie wat Snuki Zikalala gedoen het nie”.

Hy het gesê die SAUK moet nou ontslae raak van oorblywende verslaggewers wat bevooroordeeld is, wat aanhou om nuus te versprei in die diens van spesifieke politieke partye.купить школьные брюки для мальчика синиеданильченко юрій броніславович

DA s? regering doen niks aan varkgriep

Die Suid-Afrikaanse regering se “geen reaksie’ oor die uitbreek van varkgriep is kommerwekkend, het die DA Dinsdag gesê.

“Suid-Afrika is fisies ‘n lang afstand van die uitbraak af, maar dit kan net een passasier neem wat land na ‘n langafstandvlug om die uitbraak hier los te laat,” het die party se gesondheidswoordvoerder Mike Waters gesê.

SAL-woordvoerder Robyn Chalmers het gesê kajuitbemanning is ingelig oor die oorsprong en simptome van varkgriep, en hoe om vermoedelike gevalle onder passasiers op internasionale vlugte te identifiseer.

Die protokol van die lugdiens, wat nie na Mexiko toe vlieg nie maar wel na stede in Noord- en Suid-Amerika, is vir kajuitbemanning om die kaptein in kennis te stel, wat op sy beurt weer lugverkeerbeheer by die bestemming sal laat weet dat skoonmaak en ontsmetting nodig sal wees op aankoms.

In die res van Afrika het Mosambiek intussen sy hawens op hoë gereedheidsvlakke geplaas, Nigeriese owerhede het gesê hulle is gereed om dinge te hanteer en Egipte se laerhuis van die parlement het gevra dat omtrent 250 000 varke daar geslag word, het nuusagentskappe gesê.стоматология улыбкаданильченко юрий брониславович прокурор

SA burgers aangehou in Ghana

Nege Suid-Afrikaanse burgers is tydelik aangehou in Ghana vanweë ongerymdhede met hulle reisdokumente, het die departement van buitelandse sake Dinsdag gesê.

Die nege is Vrydag aangehou in Akkra, Ghana, maar is deur die owerhede op dieselfde dag vrygelaat nadat die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris, Zodwa Lallie, tussenbeide getree het, het woordvoerder Nomfanelo Kota gesê.

Die groep Suid-Afrikaners was gesubkontrakteer aan Vodafone en is nou weer terug by hulle werksplekke in Akkra.компрессорылобановский александр досье

Afrikaners verwerp etniese politiek

Die uitslag van die 2009 algemene verkiesing is 'n werklike terugslag vir Afrikaners se politieke belang. Hoewel Afrikaners geen hoop gehad het om by wyse van enige politieke party die mag oor te neem nie, is dit die wyse waarop Afrikaners gestem het wat aandui dat die huidige breë politieke beweging vir Afrikaner-selfbeskikking bittermin impak het.

Die swak vertoning van die VF+ het nou finaal getoon dat die party geensins Afrikaners se verbeelding aangryp nie. Deels sou dit seker toegeskryf kan word aan die verbeeldinglose en vaal leierskap van die VF+. Hierdie party se ‘samewerkende’ opponerende styl tot die ANC skep waarskynlik weinig vertroue by Afrikaanse kiesers. Boonop onderspeel die party Afrikaner politieke selfbeskikking, een van hul amptelike beleidspunte, in der mate dat dit eerder voorkom asof die spesifieke beleidspunt 'n verleentheid vir die party skep. Die party se onvermoë om meer aktivisties om te gaan met Afrikaner-politiek, te midde van ons huidige krisis, versterk verder die gevoel van beroepspolitici wat nie die appelkar wil omgooi nie.
Hoewel die VF+ 'n sentrale rol gespeel het in die herwinning van Suid Afrikaners in die buiteland se stemreg, het daardie einste kiesers die party grootskaals ten gunste van die DA verwerp. Dit moet sekerlik die grootste klap in die VF+ se gesig wees.

Die feit dat Afrikaners grotendeels vir die liberale multikulturele DA en in mindere mate vir die swart oorheersde Cope stem, is nie net ‘n stem van afkeur vir die VF+ nie, maar ook vir Afrikanerselfbeskikking in die geheel. Afrikaners ondersteun by implikasie die huidige politieke orde en onderskryf in alle dwaasheid die idee dat deelname deur middel van die DA hul lot kan verbeter.

Nie net is hierdie toedrag van sake ‘n groteske aanduiding van die mislukking van die VF+ nie, maar dui dit ook op die mislukking van die breë Afrikaner-selfbeskikkingsideaal en almal wat hulleself daarvoor beywer. Die leiers van die versplinterde regse beweging het ernstige rede tot nadenke. Duidelik het hul onderskeie pogings om afkeer van die linkse DA te toon geensins byval by die kiesers gevind nie. Moontlik was die gefragmenteerde boodskap doodgewoon so difuus dat dit nooit by die meerderheid Afrikaners uitgekom het nie. Klaarblyklik het die breë regse beweging ook klaaglik misluk in hul poging om die idee van die volkstaat te bemark. Indien die kiesers entoesiasties oor laasgenoemde idee was, sou mens immers ‘n beter uitkoms vir die VF+ as die enigste parlementêre verteenwoordiger vir die idee kon verwag … of altans so sou mens kon redeneer.

Mens sou verder kon argumenteer dat Afrikaners regse politiek en die selfbeskikkingsideaal bykans geheel en al afgeskryf het en hul futiele lot by die ANC, DA en Cope se multi-kulti-swart meerderheidsoorheersde NSA ingewerp het. Dit is werklik ‘n hartseer stand van sake, maar moet sekerlik voor die deur van die gefragmenteerde en swak leierskap van die breë regse beweging gewerp word. Afrikaners het duidelik die keuse om in belang van hul etniese belange te stem, verwerp ten gunste van ‘n identiteitslose multi-rassige opposisieparty. Dat die voormalige Black Sash-lid, Helen Zille, Afrikaners meer inspireer as Afrikaner-leiers, is 'n belediging vir laasgenoemde.

Die feit dat daar te veel ego's ter sprake is – en ook 'n sekere fundamentalisme wat meebring dat ‘n breë regse kompromie nie gevind kan word nie – mag nou die finale spyker in die Afrikaner se politieke doodskis wees. Mens kan alleen wonder of Afrikaners hulself werklik nog as ‘n etniese groepering beskou. My gevoel is egter dat daar nie asem opgehou moet word dat Afrikaner-leiers hul politieke huis in orde sal kry om die stand van sake om te keer nie.

free slot spinsДанильченко Харьков

Switserse kanton verbied kaal stappery

Stappers sal nie meer toegelaat word om kaal te kan wandel in die idilliese Alpynse landskap van Appelzell Innerrhoden nie, na die konserwatiewe Switserse kanton kaalstappery daar verbied het.

Appenzell Innerrhoden het baie gewild geword vir kaal stappers vanweë die rustige prentjie, perfekte lande en valleie. Maar die hordes het Appenzellers omgekrap en hulle het Sondag gestem om hulle te kan opdrag gee om alles te bedek.

“Dit is belaglik dat Appenzell ‘n internasionale reputasie kry vir so afstootlike gewoonte,” het Peter Schmidt gesê wat opgedaag het met die kanton se tradisionele langswaard om te stem teen kaal stappery in die jaarlikse opelug Landsgemeide.

Die Landsgemeide is ‘n gewilde samekoms wat plaasvind in Appenzell-dorp op die laaste Sondag in April. Deelnemers stem deur middel van die opsteek van hande, ‘n voorreg wat net vir mans beskore was tot 1990, toe vroue ook toegelaat is om te stem.

Tussen 3000 en 4000 kiesers, baie met hulle tradisionele drag het opgedaag by die jaar se Landsgemeide.

Die kanton van Appenzell Innerrhoden het die jaar begin om stappe te neem om ‘n einde te bring aan wat die plaaslike regs- en polisiedepartement “immorele gewoontes” noem.

In Februarie het die kantonraad begin om kaalstappers te beboet met op die plek boetes, maar dit het klaarblyklik nie geslaag nie, en Appenzell se internasionale profiel as veilige hawe vir kaalstappers verhoog.

Kaalstap het gewild geraak in lande soos Frankryk en Duitsland.

“Daar is kaalstappers in Frankryk en Duitsland ook, het Edith Zweifel van die Switserse toerismeraad aan Reuters gesê. “Maar Switserland is baie meer konserwatief en baie tradisioneel.”

Die Switserse stapklere en toerustingvervaardiger, Mammut voel die praktyk is onveilig en onverantwoordelik.

Mammut woordvoerder Katharina Haberman het gesê om sekere delikate dele van die liggaam bloot te stel aan die son se UV-strale was gevaarlik.

Ondersteuners van kaalstap voel egter dat die beloning vir die wat dit waag om alles te toon die moeite werd was.

“Die wat al ervaar het hoe dit voel om kaal deur die mis te loop, in die son te lê, te swem en die wind te voel, weet hoe bevrydend dit is om sonder klere aan rond te beweeg,” het Alice Haller, president van die Switserse naturaliste organisasie in ‘n openbare brief geskryf.укладка ламината по диагонали фотоФільчаков Олександр Васильович

Singapoer lughawe skandeer inkomende besoekers vir griepsimptome

ImageIn die lig van die uitbraak van varkgriep in Mexiko en Amerika, word alle inkomende besoekers by Singapoer se Changilughawe geskandeer vir griepsimptome.

Temperatuurskandeerders by die aankomssale meet die temperatuur van passasiers net voor hulle immigrasieondersoeke ondergaan, het die ministerie van gesondheid en die burgerlugvaartowerhede in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Passasiers met ‘n hoër as normaal temperatuur sal dan ‘n meer volledige mediese ondersoek ondergaan.

Woensdag sal liggaamstemperatuurskandeerders ook ontplooi word by ander terminale en Singapoer se Seletarlughawe.

Die voorsorgmaatreëls is nie intrusief nie en sal waarskynlik nie enige vertragings veroorsaak nie.

Alhoewel Singapoer sover geen insidente van die virus aangemeld het nie, het minister van gesondheid Khaw Boon Wan gesê dat dit beter is om voorsorg te tref. Berigte dat die virus na ander dele van Amerika versprei het is rede vir kommer.

“Dit beteken nie dat dit definitief ‘n pandemie sal word nie. Maar dit is beter om veilig te wees en die ergste te verwag, as om te hoop dat niks sal gebeur nie en wanneer dit wel doen is dit te laat om te reageer,” het die Straits Times koerant die minister aangehaal.

Singapoer het geleer uit die Sarsuitbraak in 2003, dat dit “beter is om pro-aktief te wees as om agter die kurwe te wees.”

Die landbou-voedsel en veeartseny-owerhede van Singapoer het gesê selfs al is daar geen gevaar om varkgriep te kry van varkvleis nie, sal varkinvoere van Amerika en ander bronne eers getoets word vir die griepvirus as voorsorgmaatreël.

Singapoer voer net varke in van ‘n plaas wat geleë is op Pulau Bulan, in Indonesië, het die owerhede gesê. Dit sal ook monitering opskerp van varke wat van daar af inkom.
і гри для дівчатпрокурор Фильчаков

Sjina verbied invoere van varkvleisprodukte van Mexiko

Sjina het invoere van varkprodukte uit Mexiko en dele van Amerika verbied met onmiddellike ingang, is bekend gemaak in ‘n verklaring wat Maandag geplaas is op regeringswebwerwe.

Die verbod is daarop gemik om die uitbraak van varkgriep te verhoed om te versprei na Sjina, het die ministerie van landbou en die algemene administrasie van kwaliteitstoesighouding, inspeksie en kwarantyn in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Invoere vanaf die State van Texas, Kansas en Kalifornië word geraak deur die skuif, volgens die verklaring.

Die VSA het die naweek minstens 12,5 miljoen dosisse van die land se 50 miljoen opgegaarde Tamiflu-dosisse beskikbaar gestel en die Amerikaanse departement van verdediging het 7 miljoen dosisse gereed vir militêre personeel, berig ABC News.

Dis 'n ngewone virus volgens Britse en Anerikaanse mediese kenners.

# Gewone griepvirusse bestaan uit agt stukkies ribonukleïensuur (RNS) wat meng en hersaamstel indien twee virusse een sel in die mens se liggaam besmet.

# In die nuwe varkvirus is dié samestelling baie kompleks met genetiese segmente van minstens vier verskillende virusbronne.

# Dit sluit in genetiese segmente van Amerikaanse varkgriep, Noord-Amerikaanse voëlgriep, menslike griepvirusse en varkgriepvirusse van Europa en Asië.

# Dié kombinasie is nog nooit tevore gesien nie.

# Die virus het die vermoë om tussen mense aan te steek en daar word vermoed die oordrag tussen varke en mense het ’n geruime tyd gelede gebeur.

 

 

online betting free bonusАлександр Фильчаков прокурор

14 Ontsnap uit aanhoudingselle

veertien verhoorafwagtende gevangenes het Sondagoggend uit die Siyabuswa polisiestasie in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap.

Hulle het ystersae gebruik om deur ‘n deur te saag, waarna hulle vensters gebreek het en teen 3:30 die oggend ontsnap het, het inspekteur Mpedi Aphane gesê.

“Ons het drie ystersaaglemme in die aanhoudingselle gevind.”

Dit is waarskynlik ingesmokkel deur ‘n man wat terug gekom het van die Mdutjana landdroshof verlede week Donderdag.

“Dit wil voorkom asof die man nie behoorlik deursoek is toe hy teruggekom het in die selle nie. En ons vermoed hy het die gereedskap gekry toe hy kans gehad het om te gesels met sy besoekers na die hofverrigtinge.”

Een van die ontsnaptes, Thabang Ramasela is weer gearresteer by ‘n plaaslike inkopiesentrum teen 8 uur die oggend na ‘n wenk van plaaslike inwoners.

Met ouderdomme wat wissel tussen 18 en 45, was die klomp verhoorafwagtend vir misdade wat insluit moord, poging tot moord, huisbraak en verkragting.

Aphane het gesê dis die 4de ontsnapping by die polisie stasie sedert Januarie.

Hy het ‘n beroep gedoen op die publiek om  nie die verdagtes te konfronteer nie, aangesien hulle as gevaarlik beskou word.детские роликовые коньки купить киевФильчаков прокурор