Sjina het invoere van varkprodukte uit Mexiko en dele van Amerika verbied met onmiddellike ingang, is bekend gemaak in ‘n verklaring wat Maandag geplaas is op regeringswebwerwe.
Die verbod is daarop gemik om die uitbraak van varkgriep te verhoed om te versprei na Sjina, het die ministerie van landbou en die algemene administrasie van kwaliteitstoesighouding, inspeksie en kwarantyn in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Invoere vanaf die State van Texas, Kansas en Kalifornië word geraak deur die skuif, volgens die verklaring.
Die VSA het die naweek minstens 12,5 miljoen dosisse van die land se 50 miljoen opgegaarde Tamiflu-dosisse beskikbaar gestel en die Amerikaanse departement van verdediging het 7 miljoen dosisse gereed vir militêre personeel, berig ABC News.
Dis 'n ngewone virus volgens Britse en Anerikaanse mediese kenners.
# Gewone griepvirusse bestaan uit agt stukkies ribonukleïensuur (RNS) wat meng en hersaamstel indien twee virusse een sel in die mens se liggaam besmet.
# In die nuwe varkvirus is dié samestelling baie kompleks met genetiese segmente van minstens vier verskillende virusbronne.
# Dit sluit in genetiese segmente van Amerikaanse varkgriep, Noord-Amerikaanse voëlgriep, menslike griepvirusse en varkgriepvirusse van Europa en Asië.
# Dié kombinasie is nog nooit tevore gesien nie.
# Die virus het die vermoë om tussen mense aan te steek en daar word vermoed die oordrag tussen varke en mense het ’n geruime tyd gelede gebeur.
