Singapoer lughawe skandeer inkomende besoekers vir griepsimptome

ImageIn die lig van die uitbraak van varkgriep in Mexiko en Amerika, word alle inkomende besoekers by Singapoer se Changilughawe geskandeer vir griepsimptome.

Temperatuurskandeerders by die aankomssale meet die temperatuur van passasiers net voor hulle immigrasieondersoeke ondergaan, het die ministerie van gesondheid en die burgerlugvaartowerhede in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Passasiers met ‘n hoër as normaal temperatuur sal dan ‘n meer volledige mediese ondersoek ondergaan.

Woensdag sal liggaamstemperatuurskandeerders ook ontplooi word by ander terminale en Singapoer se Seletarlughawe.

Die voorsorgmaatreëls is nie intrusief nie en sal waarskynlik nie enige vertragings veroorsaak nie.

Alhoewel Singapoer sover geen insidente van die virus aangemeld het nie, het minister van gesondheid Khaw Boon Wan gesê dat dit beter is om voorsorg te tref. Berigte dat die virus na ander dele van Amerika versprei het is rede vir kommer.

“Dit beteken nie dat dit definitief ‘n pandemie sal word nie. Maar dit is beter om veilig te wees en die ergste te verwag, as om te hoop dat niks sal gebeur nie en wanneer dit wel doen is dit te laat om te reageer,” het die Straits Times koerant die minister aangehaal.

Singapoer het geleer uit die Sarsuitbraak in 2003, dat dit “beter is om pro-aktief te wees as om agter die kurwe te wees.”

Die landbou-voedsel en veeartseny-owerhede van Singapoer het gesê selfs al is daar geen gevaar om varkgriep te kry van varkvleis nie, sal varkinvoere van Amerika en ander bronne eers getoets word vir die griepvirus as voorsorgmaatreël.

Singapoer voer net varke in van ‘n plaas wat geleë is op Pulau Bulan, in Indonesië, het die owerhede gesê. Dit sal ook monitering opskerp van varke wat van daar af inkom.
і гри для дівчатпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae