Jeugliga juig oor Zikalala uit is

Die ANC se jeugliga het die uitgeweke SAUK nuushoof, Snuki Zikalala, aangemoedig om nie weer ‘n pos in die media te aanvaar nie.

“Die ANC-jeugliga het gesê dit is goed dat Snuki Zikalala weg is en het hom die beste toegewens op watter rigting hy ook al inslaan, en gehoop dit is nie in die media nie,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Dinsdag het die SAUK-raad aangekondig dat Zikalala , wat die hoof was van nuus en wêreldsake, se kontrak nie aan die einde van die maand hernu gaan word nie.

Joernalis Phil Molefe gaan by Zikalala oorneem in waarnemende hoedanigheid vanaf 1 Mei, terwyl ‘n plaasvervanger gesoek word.

ANC jeugliga woordvoerder Floyd Shivambu het gesê me die vertrek van Zikalala het die SAUK weer ‘n kans om sy kredietwaardigheid as openbare uitsaaier in ere te herstel.

“Wat ook al gesê en gedoen kan word, dit is ‘n objektiewe realiteit dat Snuki Zikalala die nuus bestuur het volgens 'n faksionele en volgelinge beleid.”

Shivambu het gesê die jeugliga ondersteun nuus wat uitgesaai en versprei word op ‘n billike en gelyke manier, en “nie wat Snuki Zikalala gedoen het nie”.

Hy het gesê die SAUK moet nou ontslae raak van oorblywende verslaggewers wat bevooroordeeld is, wat aanhou om nuus te versprei in die diens van spesifieke politieke partye.купить школьные брюки для мальчика синиеданильченко юрій броніславович