Kwaadwillige gerugte oor Parys-plaasaanval versprei

ANC-handlangers is skynbaar besig met ‘n onverbloemde heksejag teen wit mans wat hulself wou beskerm teen swart plaasaanvallers.

Elf wit mans, waaronder ‘n 17-jarige seun en ‘n polisiebeampte, verskyn vandag in die Parys-landdroshof in verband met die moord op twee vermeende swart plaasaanvallers.

Die mans, meestal boere, het na bewering vir Samuel Tjixa en Simon Jubeba op 6 Januarie vermoor nadat hulle glo ‘n bejaarde boer op sy plaas buite Parysaangeval het.

Loedie van der Westhuizen (73) is verwant aan vyf van die beskuldigdes.

Kwaadwillige gerugte word nou as “harde nuus” versprei deur amptelike nuuskanale dat die boer nie aangeval is nie, maar dat hy homself beseer het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het dit intussen as spekulasie afgemaak.

Vier nuwe verdagtes, insluitend die minderjarige seun, is Dinsdag in verband met die moorde in hegtenis geneem en het gister in die hof verskyn.

Miela Jansen van Vuuren, Cor Loggenberg en Loedie van der Westhuizen is borgtog van R10 000 toegestaan terwyl die minderjarige in die sorg van sy ouers vrygelaat is.

Aanklagte teen nóg twee mans, ‘n pa en seun, is vroeër laat vaar weens ‘n gebrek aan bewyse.

Die ander verdagtes wat vandag verskyn is die bejaarde Van der Westhuizen se seun, Boeta, Anton Loggenberg, polisiekaptein Henk Prinsloo, Fanie Oosthuizen, en Wian, Müller en Lodewikus van der Westhuizen.

Swart reeksmoordenaar voor

‘n Vermeende reeksmoordenaar verskyn na verwagting vandag in die Kestell-landdroshof nadat die polisie altesaam ses lyke uit vlak grafte op ’n plaas in die distrik gehaal het.

Lentsha Molefe (32), ’n seisoenwerker van Lesotho, is in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem nadat die lyke van twee vroue uit vlak grafte op die plaas Geduld gehaal is.

Volgens polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thandi Mbambo, is nog vier lyke later op die plaas gevind nadat Molefe die grafte aan die polisie uitgewys het. Een van die slagoffers is die ma van Molefe se vierjarige dogter. Al die slagoffers was vroue, behalwe ’n driejarige seun.

Molefe verskyn in die hof op ses aanklagte van moord.

Twee Moslems in Ficksburg oorval

‘n Moslempa en sy seun wat ernstig beseer is tydens ‘n huisroof in Ficksburg is steeds in ‘n kritieke toestand in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem.

Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, sê Yunus Suleman en sy 21-jarige seun Ayaaz het beide skietwonde aan die maag opgedoen toe hulle in hul huis in Ficksburg aangeval is.

Hy sê Yunus het wakker geword nadat hy vreemde geluide in die huis gehoor het.

Hy het gaan ondersoek instel en het glo ‘n verdagte in die gang van sy huis opgemerk.

Die rower het ‘n vuurwapen uitgehaal en Yunus geskiet.

Dhlamini sê in dié stadium is dit nie duidelik wanneer Ayaaz geskiet is nie. Volgens hom was beide pa en seun by hul bewussyn ná die aanval en het daarin geslaag om die polisie te waarsku. Juwele word uit die huis vermis.

Daar word beweer dat die verdagte deur ‘n kombuisvenster toegang verkry het.

Geen arrestasies is nog gemaak nie. Dhlamini sê enigiemand met inligting kan hul naaste polisiekantoor te bel.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en huisroof. Die ondersoek duur voort.

Winnie Rust is doodgewurg deur haar moordenaar

Winnie Rust (77), vermoorde skryfster van Wellington, is doodgewurg deur haar moordenaar.

Luidens die klagstaat in die saak teen die twee bruin mans, Nigel Plaatjies (18) en Johannes Plaatjies (34), is dit die oorsaak van haar dood.

Die polisie het verskeie items wat aan Rust behoort het in die jonger man se besit gevind toe hy aangekeer is. Nigel is die seun van ‘n voormalige bediende van die Rusts en Johannes is sy oom.

Rust is verlede Woensdag vermoor in haar kombuis aangetref. Haar arms en voete was vasgebind en haar gesig was vol bloed.

Nigel het Maandag in die landdroshof op Wellington op aanklag van moord verskyn nadat hy Vrydag 13 Mei, twee dae ná die moord op Rust, in New Rest, Wellington, by sy ouerhuis in hegtenis geneem is.

Die saak teen hom is tot 24 Mei vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel en hy sal tot dan in aanhouding bly.

Johannes het Dinsdag in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die saak teen hom is ook tot 24 Mei uitgestel.

Tiener vas vir moord op Winnie Rust

‘n Agtienjarige “belowende atleet” wat aan die Hoërskool Hugenote gematrikuleer het, sal Maandag in die landdroshof in Wellington verskyn in verband met die moord op die skrywer Winnie Rust.

Die skryfster wat verhale oor rassekwessies gepen het, is verlede Woensdag doodgemartel, vermoedelik deur die tiener wat sy gehelp het.

Volgens Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, is die vermeende moordenaar die naweek in hegtenis geneem deur die Wellingtonse speurtak nadat verskeie artikels wat by Rust gesteel is, in sy besit gevind is.

Die verdagte is die seun van die kleurlinghuishulp.

“Vir ons is dit nie ‘n prioriteit of haar moordenaar vasgetrek word nie,” het Rust se jonger broer, Chris van der Merwe (72), gesê nadat hy gehoor het die tiener is gevang.

Intussen is ‘n tweede verdagte ook vasgetrek vir die moord. Hy sal glo Dinsdag verskyn.

“Die polisie kan bevestig dat ’n 34-jarige verdagte ook vir Winnie se moord in hegtenis geneem is en in die hof sal verskyn sodra hy formeel aangekla word,” sê Rwexana.

Bure het Woensdagmiddag harde geluide uit die woonhuis van die egpaar hoor opklink. “Ons het harde geluide gehoor wat uit die huis gekom het,” het ‘n buurvrou aan Nuus24 gesê.

Maar die egpaar se kwaai Duitse herdershond, Max, het nooit geblaf nie.

Inwoners het gesê Rust het nie haar gru-dood verdien nie, omdat sy so uitermatig barmhartig was.

“Sy is die laaste mens met wie so iets moes gebeur en dit maak ’n mens nogal kwaad. Haar sagte manier van omgee het ‘n invloed op almal in die dorp gehad, of jy nou wit, swart of bruin is,” het ‘n vriendin van 30 jaar aan Nuus24 gesê.

Rust se vrygewigheid het van haar ‘n “rolmodel” gemaak, het sy gesê. Sy het glo dikwels kinders van alle rasse gehelp.

Nog ‘n kennis het haar beskryf as iemand met ‘n “fyn oog vir onreg”.

Verskeie bure het by navraag gesê hulle voel uiters onveilig op Wellington.

Een wit inwoner is ‘n paar maande gelede deur booswigte oorval wat voorheen in sy tuin gewerk het.

“Ons het drie jaar gelede van Johannesburg af hierheen getrek. My man het juis Woensdag nog gesê dat dit soveel veiliger hier as daar is, maar ek dink nie so nie. ’n Mens is nêrens veilig nie, nie eens in jou eie huis nie.”

Rust se drie kinders woon in die buiteland.

Wit polisiebeamptes vang swart OTM-aanvallers

Twee wit polisiebeamptes, lt-kol. Amanda Viljoen en adj-off. Vollie van Vollenhoven het drie swart OTM-aanvallers wat Heidelberg die afgelope paar weke geteister het, vasgetrek.

Die swart boewe het veral bejaardes wat geld by OTM-masjiene onttrek het, geteiken.

Die inwoners se aandag is afgetrek terwyl hulle geld onttrek, die rowers het dan hul bankkaarte en kontant gegryp en in ‘n peperduur rooi Volswagen Golf weggejaag.

Bron: Heidelberg Nigel Heraut

Bejaardes op Herzogville-plaas aangeval

Die polisie in die Vrystaat soek na twee mans in verband met ‘n aanval op ‘n boer en sy vrou op hul plaas by Hertzogville.

Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê ‘n 78-jarige boer en sy vrou is Woensdagmiddag in hul plaashuis oorval.

Hulle is vasgebind en aangerand. Volgens Gaobepe het die swart aanvallers geld gesoek. Die booswigte het geld in die egpaar se kluis en ‘n 9mm pistool gebuit en op die vlug geslaan.

Die geskokte egpaar het mediese behandeling ontvang. Gaobepe vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Booswigte slaan op Bethal toe

Booswigte het op Bethal toegeslaan wat tot skietgevegte tussen hulle en die polisie gelei het.

Konst. Thomas Mogadime van die plaaslike polisiestasie het bevestig dat rowers weer eens die dorp geteister het.

Die Delicatessen in Chris Hanistraat is die week beroof.

North City Wholesalers is ook op 4 Mei beroof.

Na wat verneem word, was daar ‘n hewige skietery tussen die polisie en die rowers.

Inwoners het hul kommer uitgespreek oor misdaad wat op Bethal hand uitruk.

OFM ‘plaasmoord’: Met ysterpyp en houtpaal

‘n Swarte wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde moord op sy vriendin op ‘n plaas naby Smithfield, sal na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Petrus Lempetjhe (28) het glo sy vriendin op die plaas Haasfontein naby Smithfield met ‘n ysterpyp en houtpaal aangerand. Hy is enkele minute ná die voorval verlede naweek in hegtenis geneem.

Die 32-jarige slagoffer se tweejarige seuntjie was by haar toe haar liggaam gevind is.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana het vroeër aan OFM-nuus gesê die saak is vroeër vir verdere ondersoek uitgestel.

OFM het in hul opskrif na die moord as ‘n “plaasmoord” verwys, ‘n opsetlike poging om gewone swart misdaad met etniese uitwissing van wit plaaseienaars te verwar.

Die waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, sê hulle het misdaad en geweld op plase en kleinhoewes as ‘n opkomende prioriteit vir die 2016/17 finansiële jaar geïdentifiseer.

Hy het met Afriforum vergader oor die prioritisering van plaasmoorde, nadat die Suid-Afrikaanse polisie het aangedui dat plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad beskou sal word.

Phalane sê dit is deel van die geïntegreerde benadering om misdaad en misdadigheid in die land uit te roei.

Hy sê die landelike veiligheidstrategie is reeds ver gevorder, maar dat dié misdade slegs bestry kan word met die hulp van plaasgemeenskappe wat in forums soos gemeenskapspolisiëringsforums betrokke raak.

Duitsland is beter: Repliek op Dan Roodt se ‘Hokaai, moenie emigreer nie’

Ek is in Duitsland gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword. Tien jaar gelede het ek egter Duitsland toe geëmigreer. Hoewel nie ideaal nie, is dit vir my beter hier. Ek antwoord punt vir punt op dr. Roodt se stellings in sy rubriek Hokaai, mense! Moenie emigreer nie.

Nou die dag gesels ek met ‘n studente van Tukkies. Feitlik al die “kinders” – sy praat nog steeds soos op skool, van “kinders” – in haar klas wil ná hul studies uit Suid-Afrika vort. Hulle sien vir hul geen toekoms hier nie. Die gras is groener aan die ander kant van die draad, ens. Sekerlik word hulle dit ook deur hul ouers wysgemaak, want wat weet ‘n jongmens van 19 of 20 jaar oud ook nou?

My neef het so pas by Tukkies begin swot. Daarso waar hulle nou opstande maak en afbrand. Ek is onrustig – is hy veilig? Ondenkbaar hierso. Hy wou rekenaarwetenskap swot. Sy wiskunde- en wetenskappunte uit Suid-Afrika moes bo 60% wees, dan kry hy ook hierso (in Duitsland) universiteitstoelating. Maar hy was lui. Nou moet hy daarso swot. Of hy was bang om in Duits te swot, want hy was by die Hoërskool Menlopark. Sy ma het hom uit die Duitse skool gehaal, en gesê hy is Afrikaans, hy bly hier. Sy ma is geskei.

Ek het daar en dan verduidelik waarom Suid-Afrika steeds die land van melk en heuning is. In weerwil van ons mensgemaakte (as FW ‘n mens is) probleme, bied ons land steeds die hoogste lewensgehalte ter wêreld.
Kom ons begin by die klimaat en die natuur: ‘n Halfuur se ry uit die stad uit, kan jy iewers in ‘n ongerepte omgewing ontspan, na die voëls luister, gaan stap, fietsry of wat ook al. Heel jaar deur.

Het in Pretoria gewoon, en in Durbanville. Alles is afgesper, met ‘n bordjie: „privaateiendom“.  Jare gelede kon ek in Gordonsbaai by die kus inkom, daar was ‘n hotel waar ek met my verloofde geëet het, dit was mooi. Vandag: Gesper: privaat! Jy kan nie eers meer herinneringe navolg nie – gesper, privaat, verbode. Dit is nie meer my land nie – dit is iemand se privaateiendom. Vir wat het ek op die grens geveg?

Oral moet jy betaal om in te kom. Op afgeleë plekke word jy beroof en oor die kop geslaan.

Hierso is ek binne vyf minute binne die natuur, woude, oral met afgemerkte fiets- en wandelpaadjies, met bordjies. Dit kos niks nie. Dit is veilig. Orals in Duitsland lyk dit so.

In ‘n plek soos Kanada is dit 9 maande van die jaar so koud dat jy in jou huis of kantoor vasgekluister is. As jou motor in Kanada op die pad gaan staan, kan dit lewensgevaarlik wees, want jy kan binne enkele ure verkluim. Ons het geen aardbewings, orkane, oorstromings, sneeustortings, vulkane of ander natuurrampe nie. In San Francisco, Kalifornië of Auckland, Nieu-Seeland, loop jy gevaar dat jy in ‘n aardbewing sterf.

Duitsland het vloede. Duitsland lê in Middeleuropa, dit kan vrekwarm in die somer word. So warm, dat die teerlaag op die snelweë bars. Die winters is nie so lank nie. Dit rek en krimp. Ons is nou in ‘n lang krimpperiode.

‘n Mens moet elke dag eet. In die meeste ander lande is voedsel duur of sleg of albei. Die Franse moet hul vleis met allerlei souse doodgooi, anders kan jy dit nie in jou liggaam kry nie. In Amerika is ‘n hamburger omtrent ‘n gourmet-dis, want die res is oneetbaar. In die meeste supermarkte sien jy geen vars kos nie en as jy dit daar vind, is dit omtrent vyf of tien keer die prys wat jy hier sal betaal.

In Duitsland is inflasie prakties nul. Kospryse styg stadig. Die winkel „Aldi“ se kos is relatief goedkoop. Ook in ander winkels kan mens basiese benodigdhede goedkoop koop. As mens hierso lewe, leer mens die winskopies ken.
Ongelukkig is die rentekoerse ook prakties nul, en dit beteken groot probleme vorentoe vir die pensioenstelsel.

Jy moet ook aantrek. Een van die voordele van die massas swartes in ons land – miskien die enigste – is dat klere betreklik goedkoop is. As jy oordeelkundig in sekere winkels koop, kan jy eintlik vir ‘n appel en ‘n ei soos ‘n Europese aristokraat aantrek. Vanweë ons klimaat, hoef jy ook nie duur wintersklere en stewels te koop nie. Wat voedsel en kleding betref, leef ons in die paradys.

Hierso bestaan genoeg goedkoop winkels – KIK, AWG, ens. Hierso bestaan ‘n groter spektrum winkels en keuse.

Daar is die een-euroshops. Somer en winterklere word geruil tussen die seisoene, dan kry mens winskopies, as mens nie op die beste klere gesteld is nie. Jy koop eenkeer as grootmens, dit hou dan lank. Vir kinders bestaan daar baie staatshulp. Mens kry kindergeld van €190 per maand (ongeveer R3100 – red.), onafhanklik van die inkomstevlak.

Suid-Afrika se pryse begin aan te pas by Europese pryse, maar sonder Europa se salarisse.

In die onlangse verlede as ek op die kampus van Tukkies gekom het, het dit my opgeval hoe modieus al die studente aantrek. Laggend en sorgvry sit hulle in die kafees of op die grasperk rond. Wat ‘n idilliese studentelewe. Geen kommer oor verhitting, waar die volgende bord kos vandaan gaan kom of waar hulle uiteindelik werk gaan kry nie. In die meeste Europese lande is die werkloosheidskoers onder jongmense 30% of meer. Vele van hulle studeer jare lank sonder dat hulle ooit kan hoop om ‘n behoorlike werk te kry.

Werkloosheid is laag in Wes-Duitsland. Oos-Duitsland het ‘n probleem. Vanaf die ouderdom 50 het jy ‘n probleem om weer werk te kry, en vanaf 55 is dit amper onmoontlik. As jy vanaf „Afrika“ kom het jy ‘n probleem, want niemand weet wat Suid-Afrika is nie. Dit verskyn nie hierso op die radar nie. As dit verskyn, word dit as die reënboogparadys verkoop.

Maar daardie sorgvrye studente wat lyk my almal geld het om mooi aan te trek, in redelik nuwe karretjies rond te rits en R20 of meer vir ‘n capuccino te betaal, is dié wat steen en been oor ons land kla en wil emigreer!

Daar bestaan klaarblyklik nog ‘n laag blankes met wie dit baie goed gaan, as hulle so kan lewe. Waar kom hulle geld vandaan? Duisende ouers sit sonder werk. Hoekom het hulle geld? Hoekom het hulle nog werk? Geld BEE nie vir hulle nie? 8% van die blankes mag nog werk, demografiese verteenwoordiging! Ek ken kollegas wat nog werk het. Van hulle het net matriek, werk as kontrakteurs by die staatsdiens en banke. As matrikulante is hulle nie kompetisie vir die swartes nie, dis meer aanvaarbaar. Probleem is as jy verstand en kwalifikasies het, dan is jy ‘n bedreiging.

Dit bring my by nog ‘n punt: Hoe goedkoop dit is om in Suid-Afrika te studeer. Goed en wel, in sommmige Europese lande soos Duitsland is universiteitstudie gratis, maar verblyf, kos, vervoer en die res is nie.

Verblyf is baie duur in Duitsland. Maar diegene wat hierso grootgeword het, het ouers wat hierso grootgeword het en ‘n loopbaan gemaak het. Ek sien dit tog by my eie neefs. Hulle ouers maak voorsiening vir verblyf. As mens hierso plaaslik werk, kry mens ‘n plaaslike inkomste wat goed genoeg is om al daardie items te dek. Reiskostes – jy kry maandkaartjies vir studente en skoliere vir die oorvloed van openbare vervoer – dit is glad nie duur nie.

Vergelyk jy egter ons kampusse met dié in die VSA, is klasgeld in Suid-Afrika gemiddeld tien tot vyftien keer goedkoper by ons. As ek ‘n jong Amerikaner was, het ek in Suid-Afrika kom studeer! Die gemiddelde jong Amerikaner begin sy lewe met studieskuld van honderde duisende dollar, miljoene rande in ons geld. Hy kon ‘n huis daarmee gekoop het of sy eie onderneming begin het, maar nou het hy net ‘n stuk papier en nog geen werk nie. Miljoene der miljoene blanke Amerikaners is ook arm, werkloos of kan net by McDonalds of agter die kasregister by Wal-Mart ‘n laag besoldigde betrekking verkry.

Dankie tog dat ek nie in Amerika beland het nie. Die Amerika wat ons sien, is hoofsaaklik Hollywood-Amerika. Amerika word nie deur die etniese Amerikaners regeer nie. En Suid-Afrika se tersiêre onderwys was nog nooit goedkoop nie, al is dit blykbaar 15 keer goedkoper. As so baie Amerikaners graad kan vang, dan is dit ‘n ryker land, want die banke soek sekuriteit en gee nie geld verniet weg nie. Dan is ons eenvoudig armer, dit kanselleer die 15 keer goedkoper uit. My pa was immigrant in Suid-Afrika met ‘n PhD in organiese skeikunde, topwetenskaplike by Sastech (Sasol se navorsingsdept.) wat van die begin af dit opgebou het. Hy kon net een jaar vir my broer se Wits BSc Meganiese Ingenieurswese betaal. Ek is ouer as my broer. Toe ek wou swot, was daar nie geld nie, nie eers vir ‘n kursus nie. Ek moes in die staatsdiens begin, sodat hulle my kursusgelde kon betaal. My pa sou baie beter oorsee gedoen het met sy soort kwalifikasies. Hy was ‘n doktorsvader vir voornemede doktorandi. Hy het ‘n Nobelpryserkenningsmedalje gekry van sy professor (ene prof. Grob), wat as Nobelpryskandidaat genomineer was, en gedeeltes van my pa se proefskrif gebruik het. Maar my pa kon nie ons studies betaal nie! Die mense wat geld verdien het by Sasol, was in die administrasie en produksielyne, nie die wetenskaplikes en navorsers nie. Hy het ‘n klomp patente geregistreer, maar dit moes Sasol toekom (want Sasol het geredeneer dat hulle die gereedskap beskikbaar gestel het). Hy is ook deur Afrikaner bedrieg (eers na jare is agtergekom sy bevorderings is teruggehou, ander onreëlmatig bevorder. Dit is ongedaan gemaak, my pa is bevorder, maar toe was hy al oud en kort voor pensioen).

Afrikaanse bestuur jaag aan. Statistiekdiens toendertyd. Broederbond Sloet se Saambou. Rentmeester. Dept. Grondsake. Alles Afrikaanse werkgewers. Ek het daarso gewerk – ek het gesien. Swak bestuur. Jy het niks daarvan gelees in die pers nie. Mense het bedank as hulle kon. Hoekom? Swak mensebestuur.

Vandag sit ek arm, oud, grys en sonder pensioen. Deels weens die politiek, maar ook weens wanbestuur deur Afrikaners. Ek kan dit bewys. Ek het die dokumentasie. Ek ken nog mense wat saam met my gewerk het wat saam met my tydgetuies daarvan is, almal nou ook oud en verloorders van die stelsel. Die tegnikons – dit was noodmaatreëlkwalifikasie tydens die sanksiejare – in die vorm wat dit onstaan het sou dit nie hierso denkbaar gewees het nie. Daar is vir ons vertel dis op dieselfde vlak as ‘n graad – dit was ‘n leuen, ons is mislei. Daar is op ander maniere gekroek met tegnikons. Alles nog onder die blanke bewindsjare. Ek het sewe vakke op skool gehad, volle universiteitsvrystelling. Alles in Suid-Afrika onstaan uit die nood uit, dit groei nie op ‘n natuurlike wyse nie.

So pas het die ANC R41 miljard gestem om nog beurse en lenings aan studente beskikbaar te stel. Ek sê: terwyl Tukkies, Stellenbosch, die PUK en ander nog redelik goed funksioneer, laat ons jongmense almal gaan studeer en goeie kwalifikasies bekom!

Kry blankes ook hierdie geld, en is die geldvloei volhoubaar? Hierdie geld gaan nie lank hou nie, iets moet ingee as die lenings nie op gesonde eknomiese beginsels toegeken word nie. Selfs privaatsektor-IT-kursusse so duur, geen normale mens kan dit meer betaal nie, want dit is dollarpryse wat gevra word, en die wisselkoers is swak. Die (dikwels oorsese) kursusaanbieders is daar om geld te maak, nie om teen ‘n verlies kursusse aan te bied nie. So die enigste manier hoe die geld volhoubaar kan word, is om standaarde te verlaag en personeel af te dank, of elders by noodsaaklike dienste te bespaar.

Daar is maatskappye van regoor die wêreld in Suid-Afrika wat geld moet maak. Daarvoor het hulle opgeleide mense nodig. Al stem die ANC nou hoeveel wette om blankes in die werkplek te benadeel, gaan maatskappye iewers die oë toeknyp en mense aanstel wat die werk kan doen. In die Sowjetunie het Stalin mense doodgemaak wat sy vyfjaar- ekonomiese planne oortree het, nogtans het baie hulle nie daaraan gesteur nie. Daar gaan ‘n tyd kom dat regstellende aksie net in die staatsdiens sal geld, want die privaat sektor gaan dit toenemend verwerp.

Watter maatskapye van regoor die wereld gee die blankes werk? Hulle outomatiseer, en hulle volg BEE-wette. Hulle stel hulle eie mense in beheerposte aan. Die wins vloei oorsee.

Dus, my boodskap aan Afrikanerjongmense is: Daar wag ‘n blink toekoms in Suid-Afrika, mits jy hardwerkend of goed gekwalifiseer of albei is.

Hoe werk jy hard, as jy nie werk kry nie, en ook geen geld het om te kwalifiseer nie? Universiteite word afgebrand. Ons word vermoor. Vat die elektriese heinings en afgesperde woongebiede weg, en die blankes hol noord, soos eens die Portugese in Angola suid.

Maar selfs al kan jy nie sonder meer ‘n werk kry wat jou geval nie: Ons land is een van die maklikstes ter wêreld om ‘n eie onderneming te begin. In Europa is daar veel meer rompslomp en kostes as hier. As jy iemand in diens neem, moet jy benewens sy salaris, nog 60% salarisaftrekkings bytel wat aan verskeie staatsagentskappe verskuldig is. Dis nou nog afgesien van gewone belasting en BTW. Deesdae kan jy in Suid-Afrika binne ‘n maand tot ses weke ‘n maatskappy registreer, ‘n bankrekening open en daar gaan jy! Jy kan uitvoer, invoer, goedere of dienste verkoop, en die ANC beskik nóg oor die mannekrag nóg oor die vermoë om ons werklik almal te kan beheer.

As dit so maklik was, hoekom vou so baie besighede? Hoekom sit so baie mense in plakkerskampe? Jy moet ‘n produk he, en ‘n mark daarvoor, maak nie saak of dit op die web of per hand is nie. Sakebeginsels tel orals. Ek het probeer – jy is basies aan jouself oorgelaat, plekke soos die kleinsakeontwikkelingskorporasie help jou nie, hulle is agter swart geld aan, of steun BEE-projekte. Ek het aan Louis Luyt geskryf om my te help – hy antwoord nie eens nie. Die hele stelsel is gerat om net swartes te help. Ek kan uitbrei daarop, ek het ondersoek. Ek moes, ek was desperaat. Ek ken iemand wat van die staanspoor af ‘n swart vennoot moes as bestuurder aan boord moes neem, sonder dat een sent wins gemaak is. Die man soek sy motorvoordele en die geld, sonder dat hy werk. Ek het ‘n Duitse sakeman (familievriend) en fabriekstigter geken, baie hoë IK, doktorsgraad in chemiese ingenieurswese, eens topbestuur by AECI, wat spyt was dat hy ooit Suid-Afrika toe gekom het. Heel dag sit hy in die hof en beveg vakbonde en diefstal, in plaas daarvan om dit te doen waarvoor hy lus was, naamlik sy besigheid. Ek het GNLD verkoop, daardeur baie sakemanne ontmoet. Dit is nie so maklik nie.

Die meeste entrepreneurs waarvan ek weet, betaal die absolute minimum aan belasting. Hulle het slim rekenmeesters en sorg dat hulle nie groot salarisse uit hul besighede onttrek nie. Met die globale geleenthede wat die internet en aanlynverkope bied, kan enige jongmens binne tien jaar lag-lag ‘n miljoenêr word – in dollar of euro.

Deur die internet en aanlynverlope lag-lag ‘n miljoenêr raak – ek wil dit eers sien. Ek kon nie eers ‘n ordentlike internetverbinding in Suid-Afrika kry nie – daarso heers geen flatrate nie. Ek kry gedurig verkeerde rekeninge, en niemand help my nie, sodat ek net armer en armer raak. Jy seil ‘n dag lank, dan is jou pakket klaar en jy moet nuwe grepe aankoop, en met watter geld? Niks werk ordentlik nie, dis net ‘n gesukkel. Toe ek hierso kom, gaan my oë oop.

Wat die gehalte van ons behuising betref, troon Suid-Afrika kop en skouers bo alle ander lande uit. Jy kan deesdae in ‘n veiligheidsbuurt woon waar jy teen die meeste misdaadgevare beskut word, teen ‘n breukdeel van die prys van ‘n piepklein woonstelletjie in die meeste wêreldstede. In Londen of New York sal jy nie eens ‘n toilet kan koop met die prys van ‘n groot huis in Suid-Afrika nie. Nou onlangs het ‘n vriend sy luukse huis in ‘n Johannesburgse veiligheidsbuurt vir iets meer as R5 miljoen verkoop en Australië toe geëmigreer. In sy eie woorde, het hy nou huisvesting in ‘n “kleinerige, stokou huisie soos in Benoni”. Dis nou in Perth. As jy regtig Benoni toe wil trek, doen dit, maar sonder om jou en jou gesin se werlvaart aan die Australiese droom op te offer.

Tog het mense huise in die VSA en in die VK, en in Duitsland en Holland. As jy hierso of daarso grootgeword het in die sestigerjare. Ordentlike huise. Ek sien dit mos. Selfs vandag bou mense huise. Mense wat minder as ek gekwalifiseer is. Jong mense. Dit maak my boos. Ek sit met niks, kon niks opbou in Suid-Afrika nie. Dis net politiek, slapgat blankes en swart korrupsie.

Jy betaal vir gehaltebehuising in Suid-Afrika. Geen normale mens kan bv. in Die Wilgers in Pretoria bly nie. Die gehalte van die behuising is glad nie so goed nie, die wind waai deur die splete en krake, maar die pryse gaan mal. Gedurig breek iets. Minderwaardige materiaal word gebruik. Die erwe en huise raak al kleiner, maar nie goedkoper nie. Ou eiendom is net te groot om instand te kan hou, dit raak te duur. Die bure het nie maniere nie, die honde blaf dag en nag, die hifis raas.

Toe ek jonk was, was dit normaal om in woonstelle in bv. Sunnyside te bly, en dan spaar om in die middelklasbehuisingsmark in te kom. Sunnyside is swart en vol dwelmhandelaars deesdae – waar bly jy dan as jong mens? In duur meenthuise saam met ander jong mense in een kamer?

Afgesien nog van al die materiële voordele wat Suid-Afrika bied: fantastiese voedsel, groente en vrugte, klere, huisvesting, ens., beskik ons Afrikaners oor ‘n kultuur wat met dié van enige Europese staat vergelyk kan word.

Dít kan ek nie sien nie. Die middestede is dood en swart. Dis daar waar in Europa jy die kultuur en teaters kry. Baie van Suid-Afrika se middestede was nog altyd sonder naglewe: Pretoria. Bloemfontein.

Toe ek jonk was, het my ouers saam met my ‘n klomp uitvoerings bygewoon, van Shakespeare se opelugtoneelstukke im Mowbray (Kaapstad), en toe ek begin werk kon ek nog staatsteater toe gaan in Pretoria. Deesdae is dit ‘n misdaadnes en kaartjies is onbekostigbaar. Freiburg is vol kultuur en klassieke konserte, Pretoria is agterlik, die ontwikkeling het op ‘n punt eenvoudig net stilgestaan. Toe die Voortrekkers deur die Karoo akker, toe is groot musiek en kultuurgeskiedenis in Europa gemaak.

Ons het ons eie taal, letterkunde, musiek, rolprente, kookkuns, styl, argitektuur, tradisies, geskiedenis, noem maar op. Die meeste “nuwe lande” soos die VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland droom daarvan. Hulle voel minderwaardig teenoor Europeërs, veral die Britte en die Franse, en doen hul bes om hulle na te aap. Voel ons minderwaardig teenoor Britte? Miskien bestaan daar ‘n paar gedekultureerde Naspersjoernaliste wat so voel, maar die deursnee-Afrikaner is trots op wie en wat hy is. In weerwil van ‘n stortvloed propaganda, asook die ANC se meedoënlose verengelsingsbeleid, eet ons nog steeds boerewors en melktert, praat, skryf en sing Afrikaans, en onderhou die vernaamste aspekte van ons tradisie.

Die Afrikaners waarmee ek in aanraking gekom het, kyk net Rugbykultuur, werk en bid. Verder niks nie. Deksels oppervlakkig. Ek kan boeke skryf van wit Afrikaanse „tappets“ wat my lewe swaar gemaak het. Nie dat dit hierso beter is nie. Brood en spele is ook hierso aan die daaglikse orde. Die mense verdom. Afrikaners het minderwaardig teenoor die Engelse gevoel – seker die oomblik toe hulle vergeet het hulle was eens trotse Franse, Hollanders en Duitsers wat ‘n groot geskiedenis agter hulle gehad het.

Hoe kan ‘n mens so iets kosbaars wat oor eeue tot stand gekom het, verruil vir ‘n ersatz, nagebootste lewe in ‘n ander land? Ek sou kon verstaan indien mense sou wou emigreer na Frankryk, Italië of Oostenryk, selfs Nederland, waar jy elke week opera toe kan gaan of museums kan besoek en sodoende ‘n eeue oue, ryk kultuur kan inadem, maar baie min Afrikaners emigreer soontoe. Die meeste vertrek juis na daardie kultuurarm, oppervlakkige, Engelssprekende lande waar jy maar net nog ‘n stuk papier is wat deur die wind aangewaai kom. Jy is niks beter as ‘n Chinees, ‘n Indiër, ‘n Somaliër, ‘n Nigeriër of armoedige Oos-Europeër wat op soek na ‘n beter lewensgehalte na die VSA, Kanada of Australië emigreer nie.

Selfs as gebore Duitser voel ek soos ‘n Oos-Europeër hierso. Mens moet hierso grootgeword het. Maar die Russlandduitsers het dit hierso gemaak, nadat hulle vir jare aaneen harde bene gekou het. Ek kan nie met die Engelse lande identifiseer nie. Maar dié wat daarheen gaan, het dalk nie ‘n ander keuse nie. Niemand anders vat Suid-Afrikaners nie (ek ken uitsonderings). En daar is ook die taalprobleem.

Die enigste verskil vir die Afrikaner-emigrant is egter: Hy aanvaar ‘n verlaging in lewenstandaard en -gehalte! Hy gee iets kosbaars prys vir die illusie van “veiligheid en welvaart”.

Dit is hope veiliger hierso. Dit vergelyk nie met Suid-Afrika nie. Nog is die blankes in die meerderheid. Welvaart? Dit is vir die mense wat hierso hulle lewe begin het. Dit gaan goed met die mense hierso. Geen rooi tapyt word oopgegooi vir buitestaanders en Johny-come-lately’s nie. Die vlugtelingeverskynsel is ‘n kunsmatige produk, dit sal eendag duik. Ek het niks van die lewenstandaard en gehalte in Suid-Afrika gehad nie. My ouers het, in die sestigerjare toe dinge nog goed gegaan het. Ek het die arbeidsmark in 1981 betree met sanksies, inflasiekoerse van tot 18% (voedsel 27%), oorloë, diensplig en kampe, maatskappye wat vou, geen vakansies, die NP wat in die KP verdeel, rewolusies sonder einde. Ek weet niks van gehaltelewe nie.

Daarmee wil ek nie sê dat Suid-Afrika nie groot probleme het nie. Maar dis probleme wat ons goed verstaan en wat sekere “leiers” doelbewus geskep het. Die oomblik wat ons begin om hulle regtig aan te pak, sal hulle soos mis voor die son verdwyn. Ons word egter verlam deur die Naspersmedia, die ANC se propaganda, die soeke na kitsoplossings (soos emigrasie), sonder dat ons doelgerig en planmatig optree. Aan ‘n groep mense, en veral ‘n volk, wat optree, is daar geen keer nie. Toe Afrikaners dit in die dertiger- veertigerjare van die vorige eeu begin doen het, het ons die land verower. In die vroeë sewentigerjare het Ken Owen van die Sunday Times gevrees dat Engels in Suid-Afrika sou uitsterf want dit word nêrens in die staatsdiens of die parlement gebruik nie. Van daar af het ons tot hier geval waar ons tans so dikwels aan onsself en aan hierdie mooi land wat ons voorouers opgebou het, begin twyfel.

Dit is die groot knakpunt. Die blanke volk staan nie as een magsblok saam nie. Hulle getalle is te laag, en die blanke elite verkoop hulle uit. Dit gaan nou al jare so aan, stadigaan begin die aantal jare ANC-bewind die NP-bewindsjare verby te steek. Die blanke bevolking krimp met elke generasie wat afsterwe – ons ouers, dan ons, dan ons kinders, en daarna is daar niks meer oor nie. Daar bestaan geen aanduiding dat die tendens omkeer nie.

Europa sit met ‘n Moslemprobleem, en gepaardgaande bomme in hul stede. Amerika en Kanada se blanke getalle neem skerp af en binnekort gaan hulle dieselfde soort regering hê as ons in Suid-Afrika, met dié verskil dat hulle doeltreffend verdruk gaan word.

Die hele blanke ras veg om sy oorlewing. Die res van die wêreld begin nou stadig daarso te kom waar blank Suid-Afrika reeds is. Geneties is daar geen verskil tussen die blankes wêreldwyd nie, dus geen bewys dat Europa beter sal vaar as blank Suid-Afrika nie.

Die ANC is te hopeloos om ons doeltreffend te verdruk. Daarom word daar bloot misdadigers of “vryheidsvegters” ingestuur om ons lukraak te vermoor, te verkrag of te beroof. Dis egter ‘n baie primitiewe vorm van verdrukking wat gou-gou opgelos kan word deur tegnologie en beter veiligheidstelsels. Byvoorbeeld bestaan daar reeds stelsels waarmee jy vir ‘n paar rand enigiemand se misdaadrekord aanlyn met behulp van sy ID-nommer kan opkyk. As niemand meer misdadigers in diens neem of naby ons toelaat nie, sal hulle naderhand moet terugkeer na die tuislande toe. Of Zimbabwe toe emigreer.

Ons beveg nie die bobbejaan wat uit die hok gelaat is nie. Hy doen maar net wat ‘n bobbejaan doen. Die werklik gevaarlike een is hy wat hulle uit die hok gelaat het. En hulle is nie dom nie, en het tyd aan hulle kant. Hulle ageer wêreldwyd. Hulle is slimmer, of beter gestel, sluwer en gewetenloser as die meeste blankes.

Swart demografie in ons land het ook myns insiens gestabiliseer, veral weens die Vigsprobleem. Voorheen het die swart bevolking in ons land elke twintig jaar verdubbel, maar tans sukkel dit om verby veertig mijoen te kom. Weliswaar stroom daar steeds onwettige immigrante oor ons grense, maar die plaaslike swartes maak hulle dood en diskrimineer teen hulle. As ek ‘n Nigeriër was, het ek eerder Kanada toe as Suid-Afrika toe gegaan.

Mag wees – maar ons mense kry ook vigs, en ons hou aan krimp. Die dom en kortsigtige gemors van wetenskaplikes werk dag en nag vir ‘n vigsoplossing. Hulle is op pad om die malariaprobleem op te los. Vir ‘n Nobelprys en gepaardgaande eer sal hulle alles doen, selfs teen die natuur werk.

As ons genoeg werk vir ons eie mense kan skep, kan ons selfs weer Europese immigrante – daardie werklose jongmense – hierheen lok en sodoende ‘n beter demografiese balans in die land tussen blank en nie-blank skep, soos dit in die sestigerjare was.

Portugese trek weer Angola toe, noudat hulle nie in Portugal werk kry nie. Maar dis soos die Weskaap-volkstaatprobleem – as dit daarso goed gaan, trek die swartes soos die vlieë agterna. Dit gebeur reeds. Die Karoo as natuurlike hindernis is nie ‘n probleem nie. My bejaarde moeder bly daarso, sy sien dit gebeur. ‘n Afrikaanse polisiekolonel en sy vrou wat tydelik by haar gehuur het, bevestig dit. En oppas om enige blanke uit Europa te vat. Alles is nie goud wat blink nie.

Daar het ‘n aansienlike wanseleksie in die natuur tussen die blankes plaasgevind. Andersom geld ook – ek sal nie elke Afrikaner en Engelsman in Europa wou sien nie. Ek kan verhale skryf van wit Afrikaanse kroeks. Vra vir kolonel Wille l. R – hy wou nie meer deel van die SAW-weermag wees nie, so oud soos ek. Sy Afrikaanse sakevenoot het sy pensioen gesteel, ‘n volgende een, nogal een met ‘n doktorsgraad (sit nou in die tronk), die res, en Willie sit nou en leef op sy seun se genade. Vat die tolhekke en die platinumsnelweg en die Wonderboomlughawe-uitbreidings – ek het siek geword van die klomp slapgat Afrikaners in die noord-ooste. ‘n Klein handjie vol mense het die werk gedoen – die res het geprofiteer. Ook die plaaslike buurtwag wat opgepak het. Die mense was te slapgat. Woon in groot huise teen die berg, ry groot motors. Jy kan nie ‘n oorlog met sulke mense wen nie.

Weerstand lyk anders. Ek lees nou iets oor die Freikorps met verwysing na die boekie “Brennende Ruhr“, deur Karl M. Buschbecker. Dit gaan om die PWV-gebied van Duitsland, die Ruhrgebied, wat na die eerste wêreldoorlog deur die Franse beset is. Duitsland moes sy staal en steenkool aan Frankryk gee as reparasie, terwyl hulle self gesukkel het. Die Duitse arbeider het sy graaf neergelê, geweier om te werk, die bedrywe en myne lamgelê met sitstakings. Bomme geplant, spoorweë opgeblaas. Van die topbestuur tot die eenvoudige werker. Want nie te lank gelede het beide van hulle in WO1 se loopgrawe gele en geveg. Uit hierdie range het persone soos Schlageter gekom. Uit die Swartwoud, waar ek nou bly. Geskiedkundige persone van die Freikorps, wat teen die kommunisme geveg het (Rosa Luxemburg, Karl Liebknecht) wat amper Duitsland oorgevat het. My mense. Ek is ook in die Swartwoud gebore. Vandag se Duitser – nes die Suid-Afrikaner. ‘n Verskil soos die dag van die nag. Hulle voorgeslagte – jy sou nie met hulle gesukkel het nie. Die slapgatte en verraaiers – hulle is geskiet of verwyder.

‘n Luitenant (later generaal geraak) wie se troepe in gevaar is weens T-34 tenks. Die tenks is met sement besmeer, so die kleefmyne (shaped charges) kan nie kleef nie. Hy hardloop langs die tenk, en hou die myn vas, sodat dit nie afgly nie. Die myn ontplof, die tenk is daarmee heen, en so ook die luitenant. Hy doen dit om sy troepe te red, leierskap van heel voor, nie om ‘n held te word nie. Daarvan was daar al te veel. Geen bang haar op die kop nie, mens kan bang raak vir sulke mense. Hy was nie ‘n uitsondering nie, maar een van duisende wat hulle lewens jonk vir hoër ideale gegee het. Die mense se gesindheid was net anders. Gustav Venter – geskiedkundige – hy sou hierdie boekies geniet het.

Ons moenie dié land prysgee nie. Hy is geologies stabiel, strategies uitstekend geleë, met hope sonskyn, natuurskoon, goeie infrastruktuur en steeds met ‘n skatkis van minerale onder die grond.

Dit is waar. Maar die land is mos prysgegee deur die dom en kortsigtige blanke elite. Nou veg die internasionale aasvoëls rondom dít wat oorgebly het. Van die destyds strategiese minerale tydens die koue oorlog kan mens vandag elders kry. Rusland het baie daarvan. Ons goudmyne loop leeg.

Zuma en ‘n paar Zoeloes, of Malema en enkele Pedi’s, kan ons mos nie so bang maak dat ons stert-tussen-die-bene elders heen wil vlug nie? As ons voorouers by Vegkop en Bloedrivier ewe skrikkerig was, was ons mos nie vandag hier nie? En die ou liberale Engelse in Johannesburg en Kaapstad wat aanmekaar “rassisme” skree… is hulle nie eintlik skadeloos nie? Hul polities korrekte gesanik neem vir my so ‘n histeriese huiltoon aan, soos hulpkrete. As enigiemand deur swart geweld verdryf gaan word, gaan dit juis die liberale element wees wat gedink het “demokrasie” gaan vrede en voorspoed bring, maar nou uitvind dat dinge in Afrika glad nie so eenvoudig is nie. Weet dat die wanorde, stakings en betogings wat plek-plek losbars, ons hinder, maar ons vyande nog meer. Mens kan amper praat van: hulle kry hul verdiende loon.

As daar grootskalse geweld soos in Rwanda (of destyds Bromberg in Pole met die Duitsers) uitbreek, sal almal deurloop, nie net die linkses nie. Ons velkleur is ons uniform.

Selfs Telkom begin plek-plek optiese vesel beskikbaar stel. (Ongelukkig het die swernote ons voorstad oorgeslaan, maar nogtans kan ek 40 Megagrepe per sekonde kry, as ek sou wou.) Een van die dae het ons dieselfde internetspoed as enigiemand in Stockholm of München, om en by 100 Megagrepe per sekonde.

Teen watter prys, as jy nie werk het nie, of swak betaalde werk? Ek was by @lantic en Telkom, hulle het my die mure opgedryf. Ek kon maar ‘n uur lank seil per dag, so stadig soos slakkepos, en ‘n week later was my grepe opgebruik. Ek moes vir oproepe betaal wat swartes gedoen het wat ek nie ken nie, dit is op my rekening, Telkom beskuldig my dis ek, ek sê ek het dit nie gebel nie. Die probleem swaai tussen Telkom en @lantic en my, maande lank. En ek moet betaal, ek was half bankrot en werkloos. Ons praat van R600 se rekeninge, en ek was werkloos. Mens was te bang om te seil. Selfs om te bel, want ander mense se nommers verskyn daarop, van swartes wat ek nie geken het nie. Dit was net te duur, en dan die swak diens van Telkom en hulle foutiewe rekeninge.

‘n Meenthuis in ‘n Suid-Afrikaanse veiligheidsbuurt, met ‘n hoëspoedverbinding.  Wat meer het jy nodig? Kom ons bóú daardie meenthuise, met Afrikaanse name, veiligheid, optiese vesel en al! Dalk iewers in die Suid-Kaap. Dis baie mooi en Afrikaans daar, en ‘n bietjie weg van die Afrosentriese gedrang in die groot stede.

Wie gaan dit bou? Die bouers is gierig. Die mense is ongedissiplineer, bly in die klein meenthuise soos in groot huise, hulle raas en die hoëtroustelle gaan tekere. In Duitsland slaan mense op mekaar ag. Dít wat in meenthuise intrek, is primitief. Dié wat in duur areas intrek, is ryk. Dis die minderheid blankes.

R. Dressler

Bloemfontein-verkragter vasgetrek

Die polisie in Bloemfontein het mense bedank vir hul behulpsaamheid en die verskaffing van inligting wat daartoe gelei het dat ‘n gesoekte vermeende verkragter en rower aangekeer is.

Die 32-jarige verdagte is Woensdagmiddag by Bochabela in die stad by ‘n vriend se huis deur lede van die Parkweg-polisiekantoor in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming is onlangs uitgereik. Inligting wat deur mense verskaf is het ‘n groot bydrae gelewer tot die polisie se sukses.

Volgens Marope is die verdagte die afgelope vier maande vir verskeie misdrywe in Bloemfontein gesoek. Hy was vermoedelik betrokke by ‘n voorval waarin ‘n bejaarde vrou in Februarie in die Uitsig-woonbuurt in haar huis aangeval, verkrag en van verskeie waardevolle items beroof is.

Marope sê hy word ook met ander voorvalle van verkragting verlede jaar verbind. Die man verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof.

Welkom-aanvallers nog op vrye voet

Die swart aanvallers wat ‘n vrou van Welkom verras het terwyl sy gebid het, is nog nie vasgetrek nie.

Die 41-jarige vrou was voorverlede Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Bedelia langs haar bed in ‘n knielende posisie toe sy bewus geword het van iemand wat naby haar is.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê twee mans met klapmusse en handskoene het agter die vrou gestaan en na haar gestaar.

Volgens hom het die booswigte vermoedelik toegang tot die vrou, wat alleen tuis was, se huis verkry deur ‘n venster in die studeerkamer. Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, het ná 12:00 reggemaak om te gaan slaap.

Die mans het haar daarna beveel om stil te bly en op ‘n rusbank in ‘n ander vertrek te sit, sê Thakeng. Hulle het haar kop met ‘n laken toegegooi en haar hande met ‘n handdoek agter haar rug vasgebind.

Die mans het haar met ‘n moersleutel aangeval. Volgens hom het die mans aan die vrou gesê hulle is hier om ‘n plasmaskerm-televisiestel te vat en haar dood te maak.

Thakeng sê die rowers het ‘n televisiestel, ‘n selfoon, huissleutels en drie trouringe gevat. Terwyl hulle op pad uit was, het een van die mans aan die ander man gesê hulle moet doen wat hulle beplan het om te doen.

In reaksie daarop het die ander man gesê hulle moet die vrou alleen laat. Die geskokte vrou kon daarin slaag om haarself te bevry.

Thakeng vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Polisie glo betrokke by Bothaville-plaasaanval

Vrystaat Landbou (VL) het hom sterk uitgespreek oor die beweerde betrokkenheid van polisiebeamptes by ‘n aanval op drie vroue en twee jong kinders op ‘n plaas by Bothaville.

Voorsitter van dié organisasie se komitee vir wet en orde, Tommie Esterhuyse, sê dit is onmoontlik vir boere om hulself te beskerm teen aanvalle van dié aard.

Dit kom nadat vier mans, wat hulself voorgedoen het as polisiebeamptes, verlede Vrydag kort na 19:00 op die plaas, Oorwin, aangekom het. Hulle het glo aan die plaaseienaar,‘n ouerige vrou, en haar familielede, gesê hulle wil die huis vir dwelms deursoek.

Volgens die polisie se Stephen Thakeng het die plaaseienaar haar honde elders gaan toemaak sodat die mans toegang tot die huis kon verkry. Daarna het die aanvallers aangedring op geld en die vroue met ‘n vuurwapen gedreig. Hulle het ook gedreig om een van die jong kinders op ‘n warm stoofplaat te brand as daar nie aan hul eise voldoen word nie. Esterhuyse sê die voorval is ‘n groot bron van kommer.

Die feit dat drie weerlose vroue en kinders onder valse voorwendsels met onaanvaarbare driegemente aangehou is, laat opnuut die vraag ontstaan, hoe weerlose gemeenskappe hulself kan beskerm.

Een van die vier rowers is dieselfde aand by Orkney, ná plaaslike boere onraad vermoed het, deur die polisie in hegtenis geneem. Thakeng het bevestig dat ‘n vyfde man sedert gister vir ondervraging aangehou word. Volgens VL is dié man glo werksaam op die plaas. Thakeng sê die polisieondersoek is in ‘n sensitiewe stadium. Hy wou nie bevestig of polisiebeamptes betrokke was by die rooftog nie.

‘n Vuurwapen, ‘n onbekende bedrag geld en drie selfone is in die rooftog gebuit. Die 26-jarige Paballo Molaudi van Klerksdorp het gister in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van gewapende roof en dat hy hom as ‘n polisiebeampte voorgedoen het, verskyn. ‘n Polisie-glimbaadjie, R2 800 en twee selfone, wat vermoedelik gesteel is, is in Molaudi se besit gevind. Hy sal na verwagting eerskomende Maandag aansoek om borgtog doen.

OFM-nuus verkies om weens veiligheidsredes nie die slagoffers se name bekend te maak nie. Die slagoffers het nie ernstige beserings opgedoen nie, maar is steeds erg getraumatiseerd.

Twee red tiener van swart aanvallers

Twee jong Moot-mans het Maandagoggend op hulle voete gedink toe hulle ‘n tiener in Booysens te hulp gesnel ná ‘n noodoproep.

Jaco Green (20) het Maandagoggend by sy vriend Emile Rheeder (20) in Villieria gekuier to Green ‘n oproep van sy 14-jarige broer ontvang het.

“My boetie het my gebel en gesê dat daar swart aanvallers in die huis is,” vertel Green.

Die twee vriende het dadelik in die motor gespring en na Green se huis in Booysens gery.

Rheeder, ‘n lid van van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê alles het teen hul getel.

“My GPF radio se battery was pap, Jaco se lugtyd was op en ons kon nie deurkom na die polisie toe ons 10111 skakel nie,” sê Rheeder.

Die twee het so vining as moontlik gery om by die huis uit te kom nadat hulle ‘n tweede noodoproep van die jonger broer ontvang het.

“Hy het weer gebel en gesê dat hy in ‘n kas geklim het om weg te kruip. Die swart aanvallers was toe al amper in dieselfde kamer waarin hy weggekruip het,” vertel Rheeder.

Op pad na die huis het Rheeder en Green die Wonderboompoort-polisie in Flowersstraat, Capital Park gewaar.

“Die polisie was besig met ‘n arrestasie in Flowersstraat. Ons het net vir hulle geskree Jaco se broer kruip in ‘n kas weg en die aanvallers trek al in die kamer waar hy is,” sê Rheeder.

Die polisie het die twee jong mans na die huis gevolg en intussen ander polisielede in kennis gestel van die inbraak.

“Toe ons daar kom was daar klaar ander polisie op die toneel en selfs ‘n polisie helikopter in die lug. Die swart verdagtes het ongelukkig met ‘n split-sekonde ontsnap,” vertel Rheeder.

Green sê die inbrekers het met ‘n plasma-televisie en ‘n paar stukke juwele weggekom.

“Die inbrekers het van ons ander elektroniese ware reeds by die muur uitgeprop, ek dink hulle was van plan om dit ook te steel.”

Hy sê sy broer is hospitaal toe geneem vir traumaberading.

“My broer is beter, maar is steeds skrikkerig om alleen by die huis te wees. Hy praat nou gelukkig oor wat gebeur het, so dit lyk of dit beter met hom gaan.”

Rheeder sê hulle is dankbaar vir die polisie se hulp.

“As ons nie Sersant Laas en die Wonderboompoort-polisie langs die pad gekry het nie sou dit dalk ‘n ander storie gewees het.”

Die Hercules-polisieskantoor het bevestig dat ‘n saak van huisbraak geopen is.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” sê hy.

Bron: Moot Rekord