Swart reeksmoordenaar voor

‘n Vermeende reeksmoordenaar verskyn na verwagting vandag in die Kestell-landdroshof nadat die polisie altesaam ses lyke uit vlak grafte op ’n plaas in die distrik gehaal het.

Lentsha Molefe (32), ’n seisoenwerker van Lesotho, is in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem nadat die lyke van twee vroue uit vlak grafte op die plaas Geduld gehaal is.

Volgens polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thandi Mbambo, is nog vier lyke later op die plaas gevind nadat Molefe die grafte aan die polisie uitgewys het. Een van die slagoffers is die ma van Molefe se vierjarige dogter. Al die slagoffers was vroue, behalwe ’n driejarige seun.

Molefe verskyn in die hof op ses aanklagte van moord.

2 thoughts on “Swart reeksmoordenaar voor”

  1. Onthou hoe die SAPS destyds tensterkste ontken het dat buitelanders ‘n sterk invloed op misdaad in NSA het ???Dit blyk of hulle vere regskud vir die volgende vlaag van zenofobie soos ‘ die tendens al bewys het .

Maak 'n opvolg-bydrae