Afrika gaan knak onder die globale kredietkrisis

Afrika kan binnekort ernstig swaarkry as gevolg van die globale kredietkrisis terwyl Westerse lande groot bedrae skuld ophoop in 'n poging om 'n internasionale resessie af te weer.

Afrikaministers is bekommerd dat die Weste so gefokus gaan raak op hul eie probleme dat hulle die beloftes van ontwikkelingshulp aan Afrika gaan ignoreer.

Die ernstige bedreiging vir Afrika se ekonomieë vanweë die globale finansiële krisis was 'n gewilde tema by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos van 27 tot 31 Januarie.

Politici en ekonome het beklemtoon dat 'n era van relatiewe optimisme omtrent Afrika se ekonomiese vooruitsigte na 'n einde se kant toe staan.

'n Paar belangrike redes kom nou na vore oor hoekom die finansiële krisis Afrika se ekonomie, wat redelik geïsoleer was teen die toenemende krediet probleme, kan bedreig.

Handels- en finansiële proteksionisme veroorsaak dat Westerse ministers onder direkte druk sal wees om eerder lenings aan hulle eie markte toe te wys ten koste van ander.

Dan is daar kommer oor pryse van kommoditeite.

Landbou trek ook swaar as gevolg van die hoë pryse van kunsmisstowwe, wat beleggings kniehalter.

Laastens gaan Afrika se ekonomieë swaarkry as gevolg van 'n daling in betalings vanuit hulle eie diaspora, wat self ook getref is deur die kredietkrisis in die Weste.

Trevor Manuel, die Suid-Afrikaanse minister van finansies, wat gepraat het by die openingsessie in Davos het gesê Afrika se ekonomieë "loop die risiko om te ontkoppel, ontspoor en agtergelaat te word."

Mnr. Manuel glo ook dat die groot volumes skuld wat toegestaan word deur lande soos Brittanje en Amerika ander soewereine leners kan uitwerk.

Die Suid-Afrikaanse minister se kommer word gedeel deur Kofi Annan, die voormalige sekretarisgeneraal van die VN, wat aan die Britse Financial Times gesê het dat "Afrika niks te doen het met die sub-prima krisis nie, maar dat hulle geraak sal word daardeur."

Mnr. Annan glo dat die verlies aan inkomste wat gestuur word deur Afrikane wat oorsee werk die grootste slag sal wees.

"Afrika kry miljarde uit die diaspora," het hy gesê.

Sy kommer word gedeel deur Rachid Mohammed Rachid, Egipte se minister van handel, wat aan die forum gesê het: "Werkers in die Golfgebied en elders word huistoe gestuur dus sal inkomstes uiteindelik afneem."

Ngozi Okonjo-Iweala, 'n besturende direkteur van die Wêreldbank het voorgestel dat 0,7% van die stimuluspakkette wat aanvaar word deur ontwikkelde lande aan die ontwikkelende wêreld afgestaan word.

Hoewel hy nie optimisties is dat dit sal gebeur nie. 

интернет магазинАлександр Фильчаков Васильевич

Manuel gaan besteding opstoot

Suid-Afrika gaan na verwagting 'n hele klomp geld spandeer om sy ekonomie te versterk teen die globale afplatting, wanneer die minister van finansies, mnr. Trevor Manuel Woensdag die begroting bekendmaak, het ekonome gesê.

Met veldtogte sterk aan die gang vir die komende algemene verkiesing, sal Manuel waarskynlik ook die ANK se planne om armoede en werkloosheid teen te werk, bekendmaak, in 'n poging van die regering om die groot maatskaplike gaping te oorbrug.

Ekonome voorspel dat met inkomstes wat afgeneem het en beloftes van spandering wat toegeneem het, die begrotingsoorskryding kan toeneem van 1,6% van die bruto binnelandse produk – teen die laaste skatting in Oktober – tot soveel as 3,5%.

Manuel het lank reeds Suid-Afrika se ortodokse ekonomiese beleid verdedig teen versoeke vir groter maatskaplike besteding en redeneer dat die konserwatiewe beleid sover die land beskerm het teen die ergste van die globale krisis.

Maar in Oktober het hy Suid-Afrika se eerste begrotingstekort aangekondig sedert 2005, as 'n gevolg van verswakking in uitvoere en daling in kommoditeitspryse.

Vier maande gelede het Manuel gewaarsku dat groei in 2009 sal afneem na 3%, na vier jaar van groei teen 5% per jaar, maar ekonome het gesê dat daardie skatting weer verlaag sal moet word.

"Ons eie skatting is iets nader aan1%," het Sanlam se groepsekonoom, Jac Laubscher gesê.

Suid-Afrikaanse maatskappye het reeds begin om duisende poste te sny, met Anglo Platinum wat Maandag gesê het dat 10 000 kontrak- en mynwerkers die jaar hulle werk kan verloor.

free money slotsлобановский александр биография

Olieprys verhandel onder $40 per vat

Oliepryse het Dinsdag in Asië onder $40 per vat rondgespeel selfs na beleggers bewus geraak het van die massiewe Amerikaanse stimulushulppakket as 'n moontlike versterking vir die dalende ru-olie aanvraag.

Ligte ru-olie vir Maartlewering het met 35 sent gestyg tot $39,91 per vat in Singapoer op die New York Merchatile Exchange. Die kontrak het oornag met 61 sent gedaal tot op $39,56.

Die senaat het Maandag 'n $838 miljard ekonomiese stimulus wet in 'n toetsstemming goedgekeur, en die finale goedkeuring vir Dinsdag gelaat. Die plan sal dan gerekonsilieer moet word met 'n $819 miljard pakket deur die huis van verteenwoordigers.

Die maatreël wat nader beweeg aan goedkeuring in die senaat vra vir meer belastingverligting en minder spandering as die wetgewing wat tans voor die huis van verteenwoordigers dien.

летний комбинезон для девочкиОлександр Фільчаков прокурор

Anglo Plats gaan 10 000 afdank

Anglo Plats, die wêreld se grootste verskaffers van platinum het Maandag gesê dat soveel as 10 000 poste afgeskaf kan word vanjaar om die laer pryse en dalende aanvraag van motorvervaardigers te hanteer.

Hoof uitvoerende beampte, Neville Nicolau, het gesê dat 8 000 poste in die eerste helfte van die jaar verlore kan gaan, met omtrent driekwart daarvan wat die kontrakwerkers sal tref en die res die mynwerkers.

Nog 2 000 mynwerkers kan in die 2de helfte van die jaar hulle poste verloor, het hy gesê. Sulke poste wat verlore gaan vir mynwerkers behoort te kom uit die jaarlikse arbeidsomset van omtrent 5% in die mynvelde.

"Die globale ekonomiese krisis het toegeslaan en ons middeltermynstrategie beïnvloed," het Nicolau gesê.

Die maatskappy se verdienste het toegeneem na R13,3 miljard, van R12,32 miljard verlede jaar.

Anglo Platinum, wat sowat twee vyfdes van die wêreld se platinum produseer, het gesê vanjaar se produksie sal redelik konstant bly op ongeveer 2,3 miljoen onse.

Nicolau het gesê die maatskappy verwag dat pryse die jaar sal stabiliseer op omtrent $1000 per ons, na verlede jaar se groot daling toe pryse geval het van meer as $2000 per ons na ongeveer $800 per ons.

Pryse het herstel na net onder $1000 per ons teen die einde van die jaar.

видео укладка ламината своими рукамитопкарго развод

Metropolisiestaking laat motorhandelaars bankrot speel

ImageDie protesoptog deur Johannesburgse metropolisielede en die daaropvolgende sluiting van lisensiekantore is besig om die motorhandelaars ernstig te affekteer, het die SA Motorhandel Industrie (SAMHI) Woensdag gesê.

SAMHI se hoofuitvoerende beampte het gesê motorhandelaars verloor besigheid omdat dit onmoontlik was om nuwe motors te registreer.

"Die sluiting van die lisensiekantore het erge reperkussies vir motorhandelaars wat reeds onder ekstreme finansiële druk verkeer. Baie kan sluiting in die gesig staar as 'n direkte gevolg van dié aksie," het Osborne gesê.

Die lisensiekantore is sedert Maandag gesluit met amptenare wat geaffilieer is by die SA munisipale werkersunie. Dié amptenare eis dat drie metropolisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle met sake ingemeng het, geskors moet word.

"Pleks daarvan om te help om druk op die ekonomie te verlig, het die staking dit erger gemaak. Die land se motorverkope is op hulle laagste vlak in 8 jaar … poste in die bydryf word by die duisende verminder," het Osborne gesê.

Hy het gesê die sluiting van die kantore het gelei tot 'n agterstand in nuwe registrasies, wat tyd sal neem vir die Johannesburge metropolisie om in te haal.

"Al die faktore maak dit baie moeilik vir sommige handelaars om in besigheid te bly. Hulle word reeds geraak deur die globale kredietkrisis. Nou word hulle gemarginaliseer deur foute wat hulle nie self gemaak het nie," het hy gesê.

металлическая мебельФильчаков прокурор харькова

Olie bly steeds bo $40 in Ooste

Oliepryse het Dinsdag in Asië steeds bo $40 per vat gebly na dit oornag afgetrek is deur nog slegte Amerikaanse ekonomiese nuus, wat dui op 'n ergerwordende resessie in die wêreld se grootste ekonomie.

Ligte, soet ru-olie vir lewering in Maart het met 35 sent gestyg tot $40,43 per vat teen middagtyd in Singapoer in elektroniese handel op die New York Handelsbeurs. Die kontrak het oornag met $1,60 gedaal om op $40,08 te stabiliseer.

Oliepryse het met amper 72% gedaal sedert dit in Julie op 'n rekordvlak van $147,27 per vat gedraai het, terwyl 'n Amerikaanse sub-prima verbandsektor hand uit geruk het in die ergste wêreldwye ekonomiese vertraging in dekades.

"Ek dink die wêreld onderskat die krag van die resessie," het Christofer Moltke-Leth, hoof van verkope vir Saxo Capital in Singapoer gesê. "Dit ontvou steeds. Dit kan werklik baie lelik word," het hy gesê.

Moltke-Leth verwag dat oliepryse so laag as $28 per vat kan daal teen die einde van Maart. блузка для девочки 4 летДанильченко Юрий Брониславович

Vryheidsfront Plus hou van Potchefstroomskikking

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat dieselfde tipe politeke oplossing wat in Potchefstroom gevind is om die naamkwessie op te los, ook tussen inwoners van Pretoria en die Tshwane metroraad gevind moet word.

Volgens berigte is ‘n ooreenkoms tussen alle belanghebbendes in Potchefstroom bereik wat behels dat die stadsraad se naam Tlokwe sal heet, maar die geografiese naam Potchefstroom steeds behoue sal bly.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-stadsraadslid, behoort die oplossing wat in Potchefstroom gevind is vir Pretoria asook die groter Tshwane metroraadsgebied as voorbeeld te dien van hoe die naamkwessie ontlont kan word.

“Die Vryheidsfront Plus is bereid om te aanvaar dat die munisipale gebied as Tshwane bekendstaan, terwyl die hoofstad as geografiese gebied die naam Pretoria behou.  Daar moet konsekwent opgetree word – Pretoria se naam behoort nie anders as Potchefstroom behandel te word nie”, het Beyers gesê.

Die Vryheidsfront Plus het ‘n beroep op belanghebbendes in Pretoria gedoen om die geveg vir die behoud van Pretoria se naam te verskerp.  “Dit blyk asof die Potcheftroom / Tlokwe-geskil opgelos is nadat gesprekke met  mnr. Jacob Zuma en ander ampsdraers van die ANC gevoer is terwyl hulle Potchefstroom besoek het.  Pretorianers sal dieselfde tipe gesprekke moet voer om die naam van die hoofstad te red.”

купить машину на радиоуправлениилобановский класс харьков

Skokkende daling in lugvervoer

ImageDie lugdiensnywerheid het Dinsdag ‘n ongekende en skokkende daling in globale lugvrag aangekondig.

Lugvrag is verantwoordelik vir 35% van die goedere wat internasionaal verhandel word en die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) het gesê dat vervoervolumes jaar tot jaar met 22,6% in Desember gedaal het.

Goivanni Bisignati, direkteur van IATA, het gesê “daar is geen duideliker beskrywing van die verlangsaming in wêreldhandel nie. Selfs in September 2001 (ná die 9/11-terroristeaanvalle in Amerika) toe 'n groot deel van die globale vloot nie gevlieg het nie, was die afname slegs 13,9%.”

Internasionale passasiersvervoer het in Desember met 4,6% gedaal.

IATA het gesê dié daling was minder dramaties as in vragvervoer, omdat volumes ondersteun is deur die einde-van-die-jaar-vakansiereise wat vooruit bespreek is.

Lugdienste sukkel nog om die kapasiteit aan te pas by die dalende aanvraag en vlieg gevolglik met meer leë sitplekke. Kapasiteit is in Desember met 1,5% verlaag jaar tot jaar, wat tot gevolg gehad het dat lugdienste net 73,8% van beskikbare sitplekke gevul het, wat ‘n daling is teenoor die 76,2% ‘n jaar gelede. “Tot dit in balans kom, kan selfs die vinnig dalende brandstofpryse nie die industrie daarvan red om in rooi ink te verdrink nie,” het mnr. Bisignani gesê.

British Airways het vroeër vandeesweek gewaarsku dat dit verwag om ‘n bedryfsverlies van omtrent 150 miljoen pond te maak in die huidige finansiële jaar wat in Maart eindig, kort ná Air France-KLM, die grootste lugdiens in Europa, ‘n verlies van omtrent 200 miljoen Euro aangekondig het vir sy laaste kwartaal van Oktober tot Desember.   

slots game onlineОлександр Фільчаков прокурор

Volkswagen SA l? 400 werkers af

ImageVolkswagen SA gaan tot 400 poste verloor, het die motorvervaardiger Vrydag gesê.

"Werknemers is deur die maatskappy uitgenooi om aansoek te doen vir die vrywillige skeidingspakket," het woordvoerder Bill Stephens in 'n verklaring gesê.

VWSA beplan ook om alle produksieafdelings in die laaste week van Februarie toe te maak, sowel as die weke voor en ná Paasnaweek.

Die maatskappy het gesê hulle is gedwing om die stappe te neem om die binnelandse en globale ekonomiese krisis aan te spreek.

"Die voortslepende wêreldwye finansiële krisis het 'n dramatiese uitwerking op die vraag na voertuie, met omtrent alle globale markte wat 'n substansiële verlaging toon."

Die maatskappy het gesê 'n groot deel van Volkswagen SA se produksie is uitvoerverwant.

медсправка 086 уАлександр Фильчаков Васильевич

‘Petrolprys gaan styg in Februarie’

ImageDie petrolprys gaan in Februarie styg, het Dawie Roodt, 'n ekonoom by die Efficient-groep Dinsdag gesê.

"As mens kyk na gister (Maandag) se syfers, gaan petrol se prys in Februarie styg met 46 sent per liter," het Roodt gesê.

"Maar dit was gister en dinge kan verander – ek dink mens kan die styging tussen 30 en 50 sent plaas," het hy bygevoeg.

Die prys van diesel sal na verwagting nie styg nie.

"Dit is omdat die aanvraag vir diesel skerp gedaal het, diesel is belangrik vir die nywerheid en die nywerheid het verlangsaam."

Die olieprys teen die einde van 2009 sal óf bly by 40 Amerikaanse dollar per vat, óf sal naby aan 80 Amerikaanse doller wees.

"Indien die wêreldekonomie tans in normale omstandighede verkeer het, sou die olieprys naby aan $80 per vat wees. Indien Amerika daarin slaag om hulle ekonomie weer op dreef te kry, sal die olieprys waarskynlik teen die einde van die jaar op $80 per vat wees."

Indien die ekonomie bly soos dit nou is, behoort oliepryse teen die einde van die jaar steeds nagenoeg $40 per vat te wees, het Roodt bygevoeg.

палатка купить киевалександр лобановский класс

Aantal likwidasies neem toe in 2008

Die totale hoeveelheid likwidasies wat vir 2008 aangeteken is, het toegeneem met 4,7% teenoor 2007, het Statistiek SA Dinsdag gesê. Die totale hoeveelheid likwidasies vir Desember 2008 het toegeneem met 68,4% vergeleke met Desember 2007.

Die 4,7%-toename in likwidasies vir 2008 is hoofsaaklik die gevolg van 'n 7%-toename in vrywillige likwidasies, het die Pretoria-gebaseerde agentskap gesê. Likwidasies ten opsigte van beslote korporasies het toegeneem met 37,7% terwyl maatskappy-likwidasies met 17,1% afgeneem het wanneer 2008 vergelyk word met 2007. Die grootste hoeveelheid likwidasies vir 2008 was verbonde aan finansiering, versekering, eiendomsagente en besigheidsdienste, 43,3%.

Dit is gevolg deur groothandel en kleinhandel, voedseldienste en akkommodasie teen 29,9% het Statistiek SA gesê. Ten opsigte van insolvensiedata vir November 2008, het Statistiek SA gesê dat die totale hoeveelheid insolvensies steeds toeneem.

"Die totale hoeveelheid insolvensies vir die 11 maande wat geëindig het in November 2008 het toegeneem met 51,5%, vergeleke met die 11 maande wat geëindig het in November 2007." Daar was wel 'n afname van 2,2% tussen November 2007 en November 2008.

водяной самовсасывающийФільчаков Олександр Васильович прокурор

Toyota val vas

ImageToyota se binnelandse produksie sal in 2009 na alle verwagtinge met 25 persent daal, teruggerem deur 'n kwynende vraag te midde van 'n verhewigende wêreldwye afplatting.

Japan se voorste voertuigvervaardiger verwag om 3-miljoen voertuie uit te stoot op die houermaatskappyvlak – wat filiale en verwante maatskappy uitsluit. Verlede jaar het die maatskappy 4-miljoen voertuie verkoop.

Die uitset in Japan verteenwoordig 50 persent van Toyota se algehele produksie.

'n Anonieme senior amptenaar van Toyota sê dit is noodsaaklik vir die maatskappy om ten minste 3-miljoen voertuie gedurende die jaar te vervaardig vir die maatskappy om sy voltydse werkers te behou.

'n Segsman vir Toyota, Keisuke Kirimoto, het geweier om die verslag te bevestig. Hy sê die laaste keer wat Toyota se binnelandse produksie tot minder as 3-miljoen eenhede gedaal het, was in 1979 toe 2,99-miljoen eenhede vervaardig is.

Hiroshi Watanabe, 'n ekonoom by Daiwa Navorsingsinstituut, sê Toyota se wêreldwye uitset sal in 2009 na alle waarskynlikheid drasties kwyn weens die hewige insinking in die Amerikaanse en Europese voertuigmarkte.

Die maatskappy het verlede jaar erkenning aan die wortels van die voertuigvervaardiger gegee toe Akio Toyoda, die kleinseun van die oprigter van Toyota, as die maatskappy se nuwe president aangewys is.

Hy het belowe om die maatskappy se kernwaardes te herbevestig, soos om idees uit die werkerskorps hoog te ag – 'n bestuursbenadering wat bekend staan as "kaizen." Dit het Toyota se produksiemetodes wêreldwyd beroemd gemaak.

насосные станции ценыФільчаков Олександр Васильович прокурор

Probleme tref die boonste sport terwyl Bentley fabriek toemaak

ImageBentley gaan hul aanleg in sentraal-Engeland vir sewe weke sluit in 'n tydelike sluiting van Maart tot April.

'n Globale daling in die vraag na motors het die skuif nodig gemaak en 'n woordvoerder het gesê: "Ons is in dieselfde situasie as 'n hoeveelheid ander motorvervaardigers wat soortgelyke uitdagings moet weerstaan, produksie is 23% laer".

Tot nou toe het die mark gereken dat die klein, super-luukse mark teen die huidige kredietkrisis bestand was.

Die woordvoerder het nie gesê hoeveel Volkswagen hoop om te bespaar nie, maar die Crewe-aanleg het in 2008 net 7 600 voertuie gebou, wat 'n verlaging is van 24% teenoor 2007.

Syfers van die Vereniging van Motorvervaardigers en Handelaars het getoon dat voertuigproduksie in Brittanje met byna die helfte in Desember teenoor dieselfde maand in 2007 gedaal het.

Britse handelsyfers was die swakste sedert Julie 1980, toe Brittanje in 'n diep resessie was.

zishao детская одеждаtopcargo

Reserwebank ‘behoort rentekoerse af te bring’, s? eiendomsmaatskappy

ImageDie Suid-Afrikaanse reserwebank behoort die uitleenkoers met 'n volle 100 basispunte te verlaag wanneer die monetêre beleidskomitee in Februarie vergader, het die JAB-genoteerde Colliers Internasionaal Woensdag gesê.

"Indien die reserwebank die rentekoers net 100 basispunte verlaag wanneer hulle op 11 Februarie vergader, sal dit die uitwerking hê om die mark vir huiskopers te stimuleer. Dit sal die beste nuus in jare wees vir huiskopers," het Brian Falconer, die uitvoerende direkteur van die maatskappy se residensiële afdeling gesê.

Indien die reserwebank die rentekoers in Februarie met 100 basispunte verlaag sal dit 'n daling van amper R1 000 per maand in verbandbetalings wees op 'n verband van 'n miljoen rand, het Falconer gesê.

Die uitleenkoers, dit is die rentekoers waarteen die reserwebank geld aan kommersiële banke leen, het op 'n hoogtepunt van 12% gedraai in Augustus voordat dit met 50 basispunte in Desember verlaag is.

Dit is nou op 11,5% met die primakoers op 15%.

"Die verlaging met amper 50% van die petrolprys en 'n skerp daling in inflasie, behalwe vir voedselinflasie het aan die bank al die nodige redes gegee om 'n merkbare verskil te maak aan die rentekoers," het Falconer gesê.

"Ander lande in ontwikkelende markte, soos Australië en Thailand, het rentekoerse aggressief verminder, en nou is dit die beste moontlike skuif vir die plaaslike ekonomie."

интернет магазины детских игрушекtopcargo отзыв