Volkswagen SA l? 400 werkers af

ImageVolkswagen SA gaan tot 400 poste verloor, het die motorvervaardiger Vrydag gesê.

"Werknemers is deur die maatskappy uitgenooi om aansoek te doen vir die vrywillige skeidingspakket," het woordvoerder Bill Stephens in 'n verklaring gesê.

VWSA beplan ook om alle produksieafdelings in die laaste week van Februarie toe te maak, sowel as die weke voor en ná Paasnaweek.

Die maatskappy het gesê hulle is gedwing om die stappe te neem om die binnelandse en globale ekonomiese krisis aan te spreek.

"Die voortslepende wêreldwye finansiële krisis het 'n dramatiese uitwerking op die vraag na voertuie, met omtrent alle globale markte wat 'n substansiële verlaging toon."

Die maatskappy het gesê 'n groot deel van Volkswagen SA se produksie is uitvoerverwant.

медсправка 086 уАлександр Фильчаков Васильевич