‘Petrolprys gaan styg in Februarie’

ImageDie petrolprys gaan in Februarie styg, het Dawie Roodt, 'n ekonoom by die Efficient-groep Dinsdag gesê.

"As mens kyk na gister (Maandag) se syfers, gaan petrol se prys in Februarie styg met 46 sent per liter," het Roodt gesê.

"Maar dit was gister en dinge kan verander – ek dink mens kan die styging tussen 30 en 50 sent plaas," het hy bygevoeg.

Die prys van diesel sal na verwagting nie styg nie.

"Dit is omdat die aanvraag vir diesel skerp gedaal het, diesel is belangrik vir die nywerheid en die nywerheid het verlangsaam."

Die olieprys teen die einde van 2009 sal óf bly by 40 Amerikaanse dollar per vat, óf sal naby aan 80 Amerikaanse doller wees.

"Indien die wêreldekonomie tans in normale omstandighede verkeer het, sou die olieprys naby aan $80 per vat wees. Indien Amerika daarin slaag om hulle ekonomie weer op dreef te kry, sal die olieprys waarskynlik teen die einde van die jaar op $80 per vat wees."

Indien die ekonomie bly soos dit nou is, behoort oliepryse teen die einde van die jaar steeds nagenoeg $40 per vat te wees, het Roodt bygevoeg.

палатка купить киевалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae