Manuel gaan besteding opstoot

Suid-Afrika gaan na verwagting 'n hele klomp geld spandeer om sy ekonomie te versterk teen die globale afplatting, wanneer die minister van finansies, mnr. Trevor Manuel Woensdag die begroting bekendmaak, het ekonome gesê.

Met veldtogte sterk aan die gang vir die komende algemene verkiesing, sal Manuel waarskynlik ook die ANK se planne om armoede en werkloosheid teen te werk, bekendmaak, in 'n poging van die regering om die groot maatskaplike gaping te oorbrug.

Ekonome voorspel dat met inkomstes wat afgeneem het en beloftes van spandering wat toegeneem het, die begrotingsoorskryding kan toeneem van 1,6% van die bruto binnelandse produk – teen die laaste skatting in Oktober – tot soveel as 3,5%.

Manuel het lank reeds Suid-Afrika se ortodokse ekonomiese beleid verdedig teen versoeke vir groter maatskaplike besteding en redeneer dat die konserwatiewe beleid sover die land beskerm het teen die ergste van die globale krisis.

Maar in Oktober het hy Suid-Afrika se eerste begrotingstekort aangekondig sedert 2005, as 'n gevolg van verswakking in uitvoere en daling in kommoditeitspryse.

Vier maande gelede het Manuel gewaarsku dat groei in 2009 sal afneem na 3%, na vier jaar van groei teen 5% per jaar, maar ekonome het gesê dat daardie skatting weer verlaag sal moet word.

"Ons eie skatting is iets nader aan1%," het Sanlam se groepsekonoom, Jac Laubscher gesê.

Suid-Afrikaanse maatskappye het reeds begin om duisende poste te sny, met Anglo Platinum wat Maandag gesê het dat 10 000 kontrak- en mynwerkers die jaar hulle werk kan verloor.

free money slotsлобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae