Oliepryse het Dinsdag in Asië onder $40 per vat rondgespeel selfs na beleggers bewus geraak het van die massiewe Amerikaanse stimulushulppakket as 'n moontlike versterking vir die dalende ru-olie aanvraag.
Ligte ru-olie vir Maartlewering het met 35 sent gestyg tot $39,91 per vat in Singapoer op die New York Merchatile Exchange. Die kontrak het oornag met 61 sent gedaal tot op $39,56.
Die senaat het Maandag 'n $838 miljard ekonomiese stimulus wet in 'n toetsstemming goedgekeur, en die finale goedkeuring vir Dinsdag gelaat. Die plan sal dan gerekonsilieer moet word met 'n $819 miljard pakket deur die huis van verteenwoordigers.
Die maatreël wat nader beweeg aan goedkeuring in die senaat vra vir meer belastingverligting en minder spandering as die wetgewing wat tans voor die huis van verteenwoordigers dien.
