Olie bly steeds bo $40 in Ooste

Oliepryse het Dinsdag in Asië steeds bo $40 per vat gebly na dit oornag afgetrek is deur nog slegte Amerikaanse ekonomiese nuus, wat dui op 'n ergerwordende resessie in die wêreld se grootste ekonomie.

Ligte, soet ru-olie vir lewering in Maart het met 35 sent gestyg tot $40,43 per vat teen middagtyd in Singapoer in elektroniese handel op die New York Handelsbeurs. Die kontrak het oornag met $1,60 gedaal om op $40,08 te stabiliseer.

Oliepryse het met amper 72% gedaal sedert dit in Julie op 'n rekordvlak van $147,27 per vat gedraai het, terwyl 'n Amerikaanse sub-prima verbandsektor hand uit geruk het in die ergste wêreldwye ekonomiese vertraging in dekades.

"Ek dink die wêreld onderskat die krag van die resessie," het Christofer Moltke-Leth, hoof van verkope vir Saxo Capital in Singapoer gesê. "Dit ontvou steeds. Dit kan werklik baie lelik word," het hy gesê.

Moltke-Leth verwag dat oliepryse so laag as $28 per vat kan daal teen die einde van Maart. блузка для девочки 4 летДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae