Johannesburgse metropolisie staak vir 2de dag

Johannesburgse metropolisie gaan nog 'n protesoptog hou op Dinsdag, die 2de dag van 'n staking wat werk by lisensiëring- en toetsstasies tot 'n stilstand gebring het, het 'n woordvoerder gesê.

Hoof superintendent Wayne Minnaar het gesê die opmars sal omtrent 10uur begin by die Brixton brandweerstasie en na die metropolisie se hoofkwartiere gaan in Martindale.

"Ons sal die situasie monitor soos die staking voortgaan. Vir vandag sal die toetsstasies en lisensiëringskantore weer gesluit wees," het Minnaar gesê.

Lede van die publiek wat afsprake gehad het by Roodepoort, Randburg, Sandton, Langlaagte en Midrand sal geskakel word om nuwe datums te reël teen geen ekstra koste nie, het Minnaar bygevoeg.

Die protesteerders wil hê dat drie metropolisielede geskors word na hulle beskuldig is dat hulle ingemeng het met ondersoeke.

Lede van die SA munisipale werkersunie het Maandag 'n memorandum oorhandig by die kantoor van Johannesburg se burgemeester, Amos Masondo, waarin hulle eise uitgespel word. рисунки укладки паркетаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae