Anglo Plats gaan 10 000 afdank

Anglo Plats, die wêreld se grootste verskaffers van platinum het Maandag gesê dat soveel as 10 000 poste afgeskaf kan word vanjaar om die laer pryse en dalende aanvraag van motorvervaardigers te hanteer.

Hoof uitvoerende beampte, Neville Nicolau, het gesê dat 8 000 poste in die eerste helfte van die jaar verlore kan gaan, met omtrent driekwart daarvan wat die kontrakwerkers sal tref en die res die mynwerkers.

Nog 2 000 mynwerkers kan in die 2de helfte van die jaar hulle poste verloor, het hy gesê. Sulke poste wat verlore gaan vir mynwerkers behoort te kom uit die jaarlikse arbeidsomset van omtrent 5% in die mynvelde.

"Die globale ekonomiese krisis het toegeslaan en ons middeltermynstrategie beïnvloed," het Nicolau gesê.

Die maatskappy se verdienste het toegeneem na R13,3 miljard, van R12,32 miljard verlede jaar.

Anglo Platinum, wat sowat twee vyfdes van die wêreld se platinum produseer, het gesê vanjaar se produksie sal redelik konstant bly op ongeveer 2,3 miljoen onse.

Nicolau het gesê die maatskappy verwag dat pryse die jaar sal stabiliseer op omtrent $1000 per ons, na verlede jaar se groot daling toe pryse geval het van meer as $2000 per ons na ongeveer $800 per ons.

Pryse het herstel na net onder $1000 per ons teen die einde van die jaar.

видео укладка ламината своими рукамитопкарго развод