Metropolisiestaking laat motorhandelaars bankrot speel

ImageDie protesoptog deur Johannesburgse metropolisielede en die daaropvolgende sluiting van lisensiekantore is besig om die motorhandelaars ernstig te affekteer, het die SA Motorhandel Industrie (SAMHI) Woensdag gesê.

SAMHI se hoofuitvoerende beampte het gesê motorhandelaars verloor besigheid omdat dit onmoontlik was om nuwe motors te registreer.

"Die sluiting van die lisensiekantore het erge reperkussies vir motorhandelaars wat reeds onder ekstreme finansiële druk verkeer. Baie kan sluiting in die gesig staar as 'n direkte gevolg van dié aksie," het Osborne gesê.

Die lisensiekantore is sedert Maandag gesluit met amptenare wat geaffilieer is by die SA munisipale werkersunie. Dié amptenare eis dat drie metropolisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle met sake ingemeng het, geskors moet word.

"Pleks daarvan om te help om druk op die ekonomie te verlig, het die staking dit erger gemaak. Die land se motorverkope is op hulle laagste vlak in 8 jaar … poste in die bydryf word by die duisende verminder," het Osborne gesê.

Hy het gesê die sluiting van die kantore het gelei tot 'n agterstand in nuwe registrasies, wat tyd sal neem vir die Johannesburge metropolisie om in te haal.

"Al die faktore maak dit baie moeilik vir sommige handelaars om in besigheid te bly. Hulle word reeds geraak deur die globale kredietkrisis. Nou word hulle gemarginaliseer deur foute wat hulle nie self gemaak het nie," het hy gesê.

металлическая мебельФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae