Choleradodetal styg steeds in Zimbabwe

Ten minste 1 732 mense is dood aan cholera in Zimbabwe en die hoeveelheid gediagnoseerde gevalle het gestyg tot 34 306, het die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag gesê.

Die organisasie het verlede Dinsdag berig dat 1 586 mense dood is en 31 656 mense besmet is met die siekte.

VN-hulporganisasies het weke lank al gewaarsku dat die hoeveelheid gevalle tot 60 000 en meer kan styg, met die reënseisoen wat help om die siekte te versprei.

Al 10 die provinsies in die land is deur cholera getref, volgens die VN-statistiek wat onvolledig is vanweë 'n tekort aan mediese personeel en kommunikasieprobleme.

Zimbabwiërs sukkel ook met hiperinflasie, erge voedseltekorte en chroniese politieke onstabiliteit. 

tiaraтопкарго отзывы

Hamas dreig met aanvalle op Israelse burgerlikes

Image

Hamasvegters

Gasa se Hamas-leier het Hamas-vegters aangespoor om die Israelse magte wat die gebied ingeval het, te "verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat daar groter pogings aangewend gaan word om Israelse burgers aan te val.

Die Hamas-leier, Mahmoud Zahar, het Maandag op Hamas se Al Aksa-TV gepraat. Dit was nie duidelik of dit 'n opname van 'n toespraak was nie. Hamas-leiers skuil sedert Israel se aanval op Hamas-militantes op 27 Desember begin het. Zahar word gesien as die meesterbrein agter Hamas se gewelddadige oorname van Gasa in Junie 2007.

Hy het die Hamas-vegters geloof en hulle aangespoor om "julle vyand te verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat die militante gaan probeer om meer Israelse burgerlikes en Israelse teikens elders aan te val. Hy sê Israeli’s "het die moord van hulle mense regoor die wêreld aanvaarbaar gemaak toe hulle ons mense doodgemaak het."

pro100casinoФильчаков прокурор

Afrika-immigrant word Rotterdam se burgemeester

Image

Rotterdam

'n Marokkaanse immigrant is ingehuldig as die burgemeester van Nederland se tweede grootste stad in 'n betekenisvolle stap vir die integrasie van minderhede in dié multikulturele land.

Ahmed Aboutaleb, wat dubbele Nederlands-Marokkaanse burgerskap het, is die eerste Marokkaans-gebore immigrant om as 'n Nederlandse burgemeester aangestel te word. Die 47-jarige voormalige verslaggewer het as adjunk-minister in die eerste minister, Jan Peter Balkenende, se regering bedank om die leisels in Rotterdam oor te neem. Die stad van 585 000 siele het die grootste persentasie immigrante van enige groot Nederlandse stad.

Voordat hy by die nasionale regering in 2007 aangesluit het, was Aboutaleb 'n raadsheer in Amsterdam waar hy immigrante aangepor het om te integreer of pad te gee.

оборудование для автосервисалобановский харьков

2009 is ons jaar

Die jaar 2009, lyk dit vir my, gaan aan die kant van die Afrikaner wees. Ons moet net nie gras onder ons voete laat groei nie.

Daar kom al hoe meer geluide uit Afrikanergeledere, dat ons moet verenig. Natuurlik is dit belangrik, maar ons moet net sorg dat die liberaliste, sosialiste en kommuniste onder ons nie die pas aandui nie. Al is die VF+ 'n klein party, en al stem die meeste Afrikaners soos 'n klomp idiote vir die DA, wat nog nooit in sy lewe iets goeds vir die Afrikaner of sy taal gedoen het nie, is dit belangrik dat ons wat eendersdenkend is, sal saamstaan.

Die Europese Unie staan nou onder nuwe voorsitterskap; die VF+ het daarin geslaag om die Afrikaner – vir die eerste keer in dekades – op die internasionale kaart te kry; en daar is groeiende geesdrif onder Afrikaners om te konsolideer.

Ek doen 'n beroep op Afrikaners om in alle "doen en late" die eenheidsgedagte – "Eendracht maakt macht" – in gedagte te hou. Ons land is nie meer tot die grense van die RSA beperk nie, ons volk is oor die hele aarde versprei, en ons bewoon nou die hele aarde.

Maar,… dit is nog steeds nodig dat ons 'n gedeelte van ons vaderland fisies sal beset. Pretoria, Orania, Lambertsbaai, Mosselbaai, Jeffreysbaai, Richardsbaai of waar ook al, laat ons mekaar ondersteun daar waar reeds sukses is, of waar die beloftes vir sukses groot is.

Onthou, demografie was nog altyd die Afrikaner se groot vyand! Laat ons saamstaan en konsolideer.

наборы детской косметикилобановский александр игоревич

Winde van verandering in Wes-Europa

Image

Jacob Mouw

Die aktuele nuusberig oor die geniale Nederlander Geert Wilders verwys.

David Horowitz is 'n invloedryke meningsvormer van die VSA, en met die direkte steun en beskerming van Israel, is dit vir my as gebore Nederlander wat die publieke opinie in my kultuurbodem intiem ken, 'n seker saak dat Geert Wilders bestem is om binnekort die premier van Nederland te word en as sulks ook uiteindelik die roterende EU-presidentpos te beklee.

 

Harold Macmillan het Verwoerd gewaarsku oor die winde van verandering wat oor Afrika en Apartheid-Suid-Afrika sou waai, maar nou waai die winde van verandering oor Wes-Europa.
 
Verwoerd het geglo dat die gety in die Weste sou draai, en met Geert Wilders is dit tans besig om siender oe te gebeur!
 
Nasionalistiese Afrikanerleiers mag nie hierdie gigantiese geleentheid laat verbygaan nie. Afrikaans is baie naby aan die Nederlandse taal en Afrikaners is deel van die Westerse kultuur. Trouens, Afrikaners kan met reg aanspraak maak op die personifikasie van die Christelike gedeelte in die benaming van ons "Joods-Christelike" Beskawing.
 
In die prakryk kan hul as Nederlands-Westerse Kultuurgroep by die 185-kommissie registreer, om sodoende tot Geert Wilders se boodskap by te dra. 
 
Geert Wilders se Party Voor Vryheid in Afrikaans staan ook vir Party Vir Vryheid.
 
'n Plaaslike Afrikaanse tak van die PVV in Suid-Afrika is finansieel moontlik met die strategiese oor van die Israel-ambassade in Pretoria en die simpatieke steun van mede-blanke Joodse Westerlinge in Suid-Afrika, noudat die volkstaat Israel as die Oosterse bakermat van die Westerse beskawing en volksdemokrasie, deur die ANC en ander liberales in die openbaar en die VN-Veiligheidsraad veroordeel word weens Israel se noodweeroptrede teen radikale Islamofasciste en anti-sekulêre Koranterroriste in Gasa. 
 
Is Geert Wilders die Nederlandssprekende De la Rey wat die Boere sal lei?
 
Google "Geert Wilders Wiki" en besluit self, maar een feit kan Afrikaners so lank in klip uitkap: Geert Wilders gaan glad nie vermoor word nie, maar pro-Afrikaner-premier van Nederland, en pro-Afrikaner-president van die Europese Unie word.
 
U het dit eerste op www.praag.co.za gelees.

купить школьный рюкзакФільчаков Олександр Васильович прокурор

Sjina ‘bekommerd’ oor Israelse eskalering in Gasa

Image

Hoe Sjintao

Die Sjinese president, Hoe Sjintao het sy "kommer" uitgespreek oor die toenemendekonflik tussen Israel en die Palestyne, het die amptelike Xinhua-nuusagentskap Maandag berig.

In 'n telefoongesprek met president George W. Bush Sondag, het Hoe "kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen die Palestyne en die Israeli's en die toenemende turbulensie in die Midde-Ooste," het die ministerie van buitelandse sake in 'n verklaring gesê.

Hoe het aan Israel se belangrikste bondgenoot gesê dat hy baie bekommerd is oor die humanitêre krisis in die Gasastrook.

Sjina het 'n beroep gedoen op alle betrokke partye "om die militêre aksie en gewapende konflikte te staak, om die spanning te laat afneem in die streek en toestande te skep vir 'n oplossing van die konflik deur politieke metodes," is hy Hoe aangehaal.

Bush het Hoe ingelig dat Amerika se minister van buitelandse sake, Gondoleezza Rice, 'n besoek aan Sjina gaan kanselleer om te fokus op die Gasa-krisis.

Rice het 'n besoek beplan om die vieringe van 30 jaar se diplomatieke bande tussen die twee lande by te woon.

'n Woordvoerder vir die ministerie van buitelandse sake, Qin Gang, het aangedui dat hulle die besluit heeltemal verstaan, het Xinhua gesê. 

игрушки на годикФильчаков прокурор харьков

Deflasie van SA eiendomspryse vererger

ImageHuisprysdeflasie op 'n jaargrondslag het in Desember vererger tot -1,7%, het Eerste Nasionale Bank Maandag gesê toe hulle die huisprysindeks vrygestel het.

Huisprysinflasie vir 2008 is gemiddeld 5,2% beter vanweë beter omstandighede vroeg in verlede jaar.

Vir 2008 as 'n geheel was die gemiddelde huisprys R748 591, wat 5,2% hoër was as die R711 591 vir 2007.

Die gemiddelde prysinflasievlak vir die jaar was heelwat laer as die 11,2%-gemiddeld vir 2007 en verteenwoordig die vierde jaar waartydens huisprystoename verswak het van die 29,5%-vlak wat in 2004 behaal is, "wat die topjaar was in die mees onlangse behuisingsbloeitydperk," het ENB gesê.

Dit wil voorkom asof die mark vir twee slaapkamerhuise en kleiner die swakplek verteenwoordig, het die bank gesê.

Vir die vierde kwartaal van 2008 het die gemiddelde tweeslaapkamerhuisprys (R332 000) met 9,6% afgeneem wat 'n jaar-tot-jaarvergelyking betref.

"Dit verteenwoordig 'n daling van 6,5% jaar-tot-jaardeflasie in die vorige kwartaal," het ENB gesê.

Die deeltitel "twee slaapkamer en kleiner"-mark het effens beter gevaar maar ook in die gemiddelde prysdeflasie inbeweeg in die finale kwartaal van 2008, het FNB gesê.

Die gemiddelde prys van deeltiteltweeslaapkamerhuise (R612 072) het met 0,4% gedaal op 'n jaar-tot-jaarbasis, terwyl die gemiddelde prys van deeltiteleenhede wat kleiner is as twee slaapkamers (R434 535) met 0,2% gedaal het.

ENB het gevind dat die drie slaapkamermark stewiger voorkom in vergelyking en steeds in die enkelsyferprysinflasie verkeer, hoewel dit ook 'n verstadigende neiging toon.

ландшафтное освещение фотоалександр лобановский харьков класс

Zuma trou vir 5de keer

Image

Bruidegom Zuma

ANC president Jacob Zuma beplan om met 'n vyfde vrou te trou, het die Natal Mercury Maandag berig.

Zuma het reeds die lobola betaal vir sy verloofde, Thobeka Mabhija, wat beskryf word as 'n Durbanse sosiale vlinder.

Presies 'n jaar nadat hy met sy vierde vrou getrou het, gaan sy toekomstige bruid Maandag geskenke aan sy familie oorhandig by sy huis in Nkandla.

Die bruidsgeskenke sal items soos kos en tradisionele alkohol insluit.

'n Zoeloe-kultuurkenner, Mpume Mbatha, het gesê dit is die finale stadium in die voorbereiding, met die bruid se familie wat simbolies dankie sê vir die bruidegom se familie vir die lobola wat betaal is.

Bronne naby die familie het gesê dat die funksie Maandag sal plaasvind.

Zuma se broer, Michael, wat bevestig het dat die Mabhijas geskenke sal gee, het gesê dat dit "een van die dae" sal gebeur.

Die ANC se Karl Niehaus het aan die koerant gesê dat daar geen waarheid in die gerug steek nie. Die ANC se KwaZulu-Natalse provinsiale sekretaris, Senzo Mchunu, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Presies 'n jaar gelede het Zuma met sy vierde vrou, Nompumelelo Ntuli by sy woning in Nkandla getrou.

ролики ценаЛобановский

20 weens betoging in Limpopo aangekeer

Die polisie in Limpopo het Sondagoggend 20 mense gearresteer in Jane Furse gedurende 'n betoging oor dienslewering.

Superintendent Mohale Ramatseba het gesê hulle is gearresteer vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging nadat Mamone-inwoners die Lebowakgomo-Nebo-pad met klippe en brandende bande afgesper het.

Een van hulle griewe wat hulle gehad het, was 'n teerpad wat nie gebou is in Mamone nie.

Hulle is gevra om uitmekaar te gaan en toe hulle nie daaraan gehoor gegee het nie, het die polisie rubberkoeëls gebruik.

Die pad is reeds skoongemaak en nog inhegtenisnames word verwag.

что такое аир флоуЛобановский

Zanu-PF praat met Mufamadi

Image

Sydney Mufamadi

'n Nuwe Zimbabwiese regering sal teen die einde van Februarie 2009 in plek wees, het die regerende party die naweek tydens 'n vergadering in Suid-Afrika gesê.

Die Harare-gebaseerde Herald Online het Maandag berig dat 'n senior Zanu-PF-beampte, Nicolas Goche, die Suid-Afrikaanse onderhandelaar Sydney Mufamadi Saterdag in Musina ontmoet het.

Goche, wat Zanu-PF se sekretaris vir nasionale veiligheid in die staatsdiensministerie is, het "Thabo Mbeki se Suid-Afrikaanse fasiliteringsspan ontmoet om die jongste ontwikkelinge te bespreek en ook hoe om voort te gaan," het die Herald Online berig.

Hy het gesê Zimbabwe se langdienende leier, Robert Mugabe, sal voortgaan met die vorming van 'n nuwe regering met die volle steun van die SAOG.

Die SAOG het verlede jaar voormalige president Mbeki aangewys om te fasiliteer in die samestelling van 'n regering van nasionale eenheid in die krisisgeteisterde Zimbabwe.

"Bronne na aan die ontwikkelinge het gesê dat 'n regering heel waarskynlik in plek sal wees teen die einde van Februarie," het die Herald Online berig.

"Goche het Saterdag die Suid-Afrikaners ontmoet as deel van die poging om seker te maak dat die hoofstuk nou vir eens en vir altyd afgesluit kan word, sodat alle Zimbabwiërs kan aanbeweeg," het 'n bron aan die koerant vertel.

Die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het aangedring dat hy net die pos as eerste minister in die nuwe regering sal aanvaar indien alle verskille met Zanu-PF uit die weg geruim is.

построить сауну ценаДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Wiskunde-apartheid?

ImageSoos 'n hoofartikel hier op die Praagwerf uitwys, moet mens die matriekuitslae met 'n groot sak sout opneem. Nie net word uitslae "aangepas" (lees "gekook") nie, maar ook is dit duidelik dat die standaard veral in 2008 heelwat laer was as in die onlangse verlede, om nie te praat van 20 jaar gelede s'n nie. Die aantal onderskeidings het "onverklaarbaar" die hoogte in geskiet (dis nou as mens so naïef wil wees om die blatante politieke inmengery wat lei tot verlaagde standaarde moedswillig te ignoreer.)

Dit is veral so met wiskunde. Die topleerlinge het skielik 'n hele aantal onderskeidings behaal, meer as voorheen, maar aan die ander kant van die prestasiekurwe het dinge maar beroerd gegaan. Dis 'n vreemde verskynsel, nie waar nie? Duidelik het die vak se vraestelle makliker geword, al het die vak verander, maar andersyds is daar sommiges wat skynbaar moeilik aanpas by verandering en hulle het heelwat swakker gevaar, ten spyte van die makliker vraestel. 

Laat ek eerder die versoeking weerstaan om hierdie aanpassingsprobleme in verband te wil bring met kultuur, algemene aanpasbaarheid, intelligensie en 'n gebrek aan toekomsvisie en vindingrykheid.

Bogenoemde onderskeidings beteken egter min in internasionale terme. Suid-Afrika se skoolleerlinge kom telkens heel laaste in internasionale toetse, veral in wiskunde. Lande soos Finland en Singapoer kraai dikwels koning.

Volgens Beeld is daar nou oproepe vir 'n aanvullende vraestel vir toppresteerders, omdat die topleerlinge waarskynlik in 2009 nóg beter gaan doen met wat slegs gesien kan word as 'n substandaard-moeilikhheidsgraad. Volgens die berig in Beeld is die huidige vraestel nie ‘n genoegsame uitdaging vir topleerlinge nie en berei dit hulle nie voor vir die uitdagings wat wiskunde op universiteit stel nie.

Só ‘n aanvullende vraestel is 'n interessante voorstel en dit moet immers ‘n doel hê. Een doel kan wees om die keuring vir studievelde soos medies, rekeningkunde en ingenieurswese te vergemaklik of om voornemende werkgewers ‘n beter idee te gee oor ‘n kandidaat se ware vermoëns. En dis net hier waar die politieke teenstand gaan inkom.

Soos gesien in die huidige uitslae, is die topleerlinge in matriek meestal Afrikaners en ander blankes, al verteenwoordig hulle ‘n klein minderheid. Dit kan met gróót sekerheid voorspel word dat ‘n buitensporige deel van diegene wat sou kwalifiseer vir so ‘n aanvullende vraestel, ook Afrikaners gaan wees.

Wat gaan Cosatu of die ANCYL se reaksie wees as 90% van diegene wat hierdie vraestel skryf, blankes en spesifiek Afrikaners gaan wees? Gaan ons weer krete van “rassisme” moet aanhoor wanneer 90% van diegene wat op grond van prestasie kwalifiseer vir mediese studie blankes is?

игрушка интернет магазинФильчаков Харьков

Bekendes by Suzman-begrafnis

Die bekende liberale politikus, Helen Suzman, wat op Nuwejaarsdag oorlede is, is Sondag in 'n privaat Joodse seremonie begrawe wat deur toppolitici en goeie vriende bygewoon is.

Onder die roubeklaers was 'n voormalige SA president, F.W. de Klerk, die huidige president Kgalema Motlanthe, Winnie Mandela en die leier van die opposisieparty, Helen Zille.

"Ek het met haar gepraat 'n paar weke voor haar dood en sy was baie bekommerd oor die huidige toestand van die politiek in die land," het F.W. de Klerk gesê.

"Sy was een van Suid-Afrika se grootste ikone," het hy bygevoeg.

Suzman, die dogter van wit Joodse immigrante, het in die Suid-Afrikaanse wetgewer gedien van 1953 tot 1989 – 'n eensame stem wat in die parlement teen minderheidsregering gestry het.

Sy is rustig oorlede by haar huis in Illovo in Johannesburg.

"Suzman was my mentor gewees, sy was gekant teen die vergrype deur die ou regering, sy was ook gekant teen die huidige magsvergrype deur die ANC-regering," het Helen Zille gesê.

Die prominente linkse advokaat, George Bizos, wat voormalige president Nelson Mandela verteenwoordig het by sy hoogverraadverhoor, het Suzman beskryf as 'n ikoon wat aanhoudend gestry het vir gelyke regte gedurende 'n moeilike tydperk.

"Sy het geweet dat sy nooit al die land se probleme kon oplos nie, maar sy het nooit moed opgegee nie," het Bizos gesê.

Die kleinerige Suzman is gebore in Germiston, oos van Johannesburg op 7 November 1917, die dogter van Samuel en Frieda Gavronsky, beide Joodse immigrante vanuit Litoue.

Sy het haar debatte benut om teen gedwonge verskuiwings te stry, asook rasseongelykhede, die erosie van die wet, die doodstraf, marteling, sensorskap, polisiewreedheid en ander kenmerke van "wit minderheidsregering".

Sy is twee keer genomineer vir die Nobelvredesprys en het in 1978 die VN-toekenning vir menseregte ontvang.

'n Openbare gedenkdiens ter ere van haar sal oor 'n paar weke gehou word, het haar familie gesê.

насосной станцииtopcargo отзывы

Renosters in Oos-Kaap geskiet

ImageTwee renosters is gevind waar hulle doodgeskiet is in privaat wildreservate in die Oos-Kaap sedert Desember, het polisie Sondag gesê.

In die mees onlangse geval het wildbewaarders Saterdagoggend by die Kwantu-wildreservaat die karkas van 'n renosterbul gevind, met die horing nog daaraan, het inspekteur Milanda Coetzer in 'n verklaring gesê.

Die Port Elizabeth-eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die saak.

Op 5 Desember verlede jaar is 'n renoster doodgeskiet in die Shamwari wildreservaat naby Grahamstown.

"Omtrent 8-uur die aand toe een van die veldwagters met toeriste op 'n wildrit was, het hy 10 skote gehoor wat deur 'n outomatiese geweer gevuur is."

Die karkas is gevind met die horing wat nog nie verwyder is nie. Geen arrestasies is tot dusver gemaak in een van die twee gevalle nie.

Coetzer het gesê die polisie gaan die grense van die wildreservate in die Grahamstadgebied patrolleer en padblokkades opstel om outomatiese of jaggewere te soek.

Enige iemand met inligting oor die twee insidente word versoek om inspekteur Hein Kumm te skakel by 072-060-8097.

мед справка 086 уДанильченко Харьков

Bravo Israel, welgedaan, gee die terroriste gas

ImageEk het met ‘n baie lekker lag vanoggend gelees oor die Suid-Afrikaanse regering wat skielik dink dat hulle vir Israel kan vertel hoe om sy eie buitelandse en militêre beleid te hanteer en om die aanvalle op die Gasastrook onmiddellik te staak.

In ‘n vorige verklaring oor Israel het die regering hulle stilswye en verdraagsaamheid teenoor Zimbabwe se geliefde leier, Robert Mugabe, se streke  verdedig en vir die Israeli ambassadeur vertel dat hulle, (die SA regering) baie besig is om die sake in Zimbabwe op te los.

Nog ‘n dosis humor rondom Israel was toe aartsbiskop Tutu te vertel had dat die aanvalle op die Gasastrook alle tekens van oorlogsmisdade bevat, ‘n “onbillike oormag van dodelike vegvliegtuie” wat genadeloos bomme op die arme weerlose Palestyne neerwerp met totale minagting vir die lewens van Hamas se “onskuldige” Islamitiese ekstremiste.

Toevallig is dit dieselfde mense wat in 2005 laas die Israeli’s ietwat omgekrap het met selfmoordbomaanvallers wat in baie gevalle onskuldige mense doodgemaak het net om seker te maak dat hulle kwota van 144 maagde of wat ook al vir hulle nadoods verseker word. Ek het nogal slegte nuus vir die Palestynse ekstremiste: as jy dood is, is jy dood, en geen hoeveelheid maagde gaan jou weer gelukkig of lewendig maak nie.

‘n Mens wonder ook hoekom so baie vroue in die hiernamaal? Is dit as beloning omdat jy so selfloos jou lewe weggegooi het om die vyand te dood, of eenvoudig omdat julle ekstremiste sulke gierige mense is? Ek is seker dalk te dom om die waarde van 144 maagde te kan insien, maar sover ek redeneer, is een vrou heeltemal genoeg, dankie, en ook volgens wet al waarop ek geregtig is.

Presies wat dink ons regering het hulle tot nou toe in Zimbabwe vermag waarop hulle hulself kan roem? Sover ek kan sien, net mooi niks nie.

Die magsdelingsooreenkoms wat ons geliefde Thabo Mbeki uitgewerk het, word nou ná meer as drie maande steeds nie toegepasnie. Die situasie in Zimbabwe het van sleg tot uiters sleg verval, wat betref mediese dienste, voedselvoorsiening en cholera wat uit beheer raak (daar word al hoe minder syfers bekend gemaak, het hulle dalk iets om weg te steek?).

Om alles te kroon wil die liewe ANC-mense nou vir die wêreld kom voorhou hoedat hulle, die ANC, die modelregering is wat alles vermag het om ‘n utopie te skep. Kom by, mense, en dink weer. Die ANC het nog nooit veel meer reggekry as om te vernietig nie.

Uit hulle eie het hulle nog nie met een opbouende stelsel vorendag gekom nie, terwyl Israel se wetenskaplikes nogal nie sleg gedoen het op ‘n hele paar gebiede nie en internasionale erkenning daarvoor geniet.

Die Israeli’s verdien net die hoogste respek. Hulle het in die middel van ‘n harde stuk droë, genadelose grond hulleself bewys en daar ‘n goeie lewe vir hulle burgers uitgekap. Hulle het ‘n weermag wat met die beste ter wêreld kan meeding en nywerherde opgebou wat van hul land ‘n gedugte teenstaander maak, ‘n volk wat in ‘n groot mate selfonderhoudend is wanneer dit nodig is.  

In die Sesdaagse oorlog jare terug het die omliggende Arabiese state tot hul spyt ontdek dat Israel geen sagte teiken is nie

En dan wil die klomp ANC-makkers vir hulle vertel hoe om hulle eie sake te bestuur?

Ek sê welgedaan Israel, en hou julle maar net doof vir mense wie se siening nie eintlik tel nie.

Indien die ANC wel wil hê dat Israel hulle ernstig moet opneem, sal daar heelwat verandering in Suid-Afrika moet geskied. Sover het die ANC wel aan Israel bewys dat hulle onbetroubaar is, dat hulle geldgierig is ten koste van hulle eie mense, dat hulle besig is met hulle eie vorm van terrorisme en stille oorlogvoering teen die blankes en Afrikaners in die land wat ongestoord voortgaan.

Hulle het getoon dat die wet nie van veel waarde is nie en dat dit oor die algemeen gemanipuleer word om sekere hooggeplaaste mense te kan pas of te beskerm. Met so prestasierekord sou ek nie verbaas wees as Israel hulle net afvee aan die ANC nie, want daar is niks om voor bang te wees nie.

Rondom biskop Tutu is mens amper stomgeslaan. Want die arme gek sit daar in sy gerieflike plekkie en het die vermetelheid om die een land wat dit tot dusver reggekry het om baie aanslae te weerstaan van oorlogsmisdade te beskuldig.

Wel mnr. Tutu, hoekom kyk jy nie nader aan die huis nie?

Of is die dood van meer mense ná sogenaamde “demokrasie” as in ‘n gewapende oorlog vir jou ‘n prestasie? Is die volgehoue aanslag teen boere, Afrikaners, vroue en kinders jou idee van ligte Vrydagaandvermaak?

Is volksmoord jou idee van ‘n naweek se pret?

Klaarblyklik so, want as jy jou oë sou oopmaak en bietjie meer sou dink, sou jy sien dat hier in SA ook oorlogsmisdade aan die gang is. Meer spesifiek deur die regering van die dag wat op stelselmatige wyse deur middel van die sinistere magte van misdadigers en korrupte polisie ongestoord kan voortgaan met hulle misdadige bewind, net soos in Zimbabwe, sonder vrees vir vervolging. As ek nie beter geweet het nie sou ek dink dat daar aan hulle soms kwotas gegee word om vol te maak: ons wil soveel vermoor hê dié naweek; ons wil soveel aanrandings en rooftogte hê.

Dit is natuurlik maklik om te kan sien hoedat die regering van die dag heel maklik agter baie onheil kan sit, want verkiesings kos geld en plase moet oorgeneem word. Want die regering het beloftes om na te kom, en as dit nie op ‘n eerlike manier gedoen kan word nie, sal dit op ‘n ander manier gedoen word.

Ek wonder of mnr. Tutu nie dalk eerder ‘n uitnodiging wil rig aan die vredeliewende Palestyne en vra dat hulle al die ekstremistiese selfmoordbomaanvallers eerder na SA wil stuur nie. Ek dink dan sal hy seker weer die een of ander bekvol te kla hê indien hulle skielik hier sou opgeblase voel.

Mens kan dit nie altyd hê net soos wat jy dit wil hê nie, mnr. Tutu.

So hou jou selfvoldane menings vir jouself asseblief, en hou op om te praat oor goed waarvan jy eintlik niks weet nie en weier om die waarheid in die oë te kyk. Of maak die waarheid dalk te seer vir woorde? Hou asseblieftog op om die splinters in die wêreld se oë met tange te verwyder, terwyl jy die balke in jou eie oë nie met ‘n vurkhyser wil laat uithaal nie.

Indien jy die waarheid wou praat, sou jy met die regering in gesprek tree oor die volksmoord wat eintlik reg onder jou neus aangaan, op ‘n minderheidsgroep wat by die dag minder word.

купить водопад для домаtopcargo