Die Sjinese president, Hoe Sjintao het sy "kommer" uitgespreek oor die toenemendekonflik tussen Israel en die Palestyne, het die amptelike Xinhua-nuusagentskap Maandag berig.
In 'n telefoongesprek met president George W. Bush Sondag, het Hoe "kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen die Palestyne en die Israeli's en die toenemende turbulensie in die Midde-Ooste," het die ministerie van buitelandse sake in 'n verklaring gesê.
Hoe het aan Israel se belangrikste bondgenoot gesê dat hy baie bekommerd is oor die humanitêre krisis in die Gasastrook.
Sjina het 'n beroep gedoen op alle betrokke partye "om die militêre aksie en gewapende konflikte te staak, om die spanning te laat afneem in die streek en toestande te skep vir 'n oplossing van die konflik deur politieke metodes," is hy Hoe aangehaal.
Bush het Hoe ingelig dat Amerika se minister van buitelandse sake, Gondoleezza Rice, 'n besoek aan Sjina gaan kanselleer om te fokus op die Gasa-krisis.
Rice het 'n besoek beplan om die vieringe van 30 jaar se diplomatieke bande tussen die twee lande by te woon.
'n Woordvoerder vir die ministerie van buitelandse sake, Qin Gang, het aangedui dat hulle die besluit heeltemal verstaan, het Xinhua gesê.
