Choleradodetal styg steeds in Zimbabwe

Ten minste 1 732 mense is dood aan cholera in Zimbabwe en die hoeveelheid gediagnoseerde gevalle het gestyg tot 34 306, het die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag gesê.

Die organisasie het verlede Dinsdag berig dat 1 586 mense dood is en 31 656 mense besmet is met die siekte.

VN-hulporganisasies het weke lank al gewaarsku dat die hoeveelheid gevalle tot 60 000 en meer kan styg, met die reënseisoen wat help om die siekte te versprei.

Al 10 die provinsies in die land is deur cholera getref, volgens die VN-statistiek wat onvolledig is vanweë 'n tekort aan mediese personeel en kommunikasieprobleme.

Zimbabwiërs sukkel ook met hiperinflasie, erge voedseltekorte en chroniese politieke onstabiliteit. 

tiaraтопкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae