Die pos was die laaste "groot" pos wat Obama moes vul. Obama het die agentskap se ondervragingsmetodes voorheen as marteling bestempel. Demokratiese amptenare het gesê dat Obama Panetta op grond van sy bestuursvaardighede, sy besluite wat oor partygrense gestrek het asook buitelandse beleidsverklarings en begrotingsvaardighede wat hy onder Bill Clinton se bewind opgedoen het, gekies het vir die pos.
Die keuse van Panetta kom amper twee weke nadat Obama sy groot personeelskuiwe gemaak het. Dit kom voor asof dit die probleme reflekteer wat Obama gehad het om 'n kandidaat te vind wat beheer kan oorneem van die agentskap, maar nie verbind kan word aan die ondervragingsmetodes en aanhoudingsprogram wat deur die CIA bedryf is onder die bewind van president Bush nie.
Met die bekendmaking van die keuse, het Demokratiese amptenare gesê dat Panetta se bande met Obama die CIA 'n sterk stem binne die administrasie sal gee, veral in die burokratiese skuiwery van posisies in die Pentagon, wat 'n baie groter begroting en meer burokratiese sê het.
Dit is deur die senaat bevestig dat Panetta, 70, beheer sal oorneem van die agentskap wat direk verantwoordelik is om senior Al Kaida leiers regoor die wêreld te soek. Hy sal ook die oudste direkteur in die geskiedenis van die agentskap wees.

Leon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.