Zanu-PF praat met Mufamadi

Image

Sydney Mufamadi

'n Nuwe Zimbabwiese regering sal teen die einde van Februarie 2009 in plek wees, het die regerende party die naweek tydens 'n vergadering in Suid-Afrika gesê.

Die Harare-gebaseerde Herald Online het Maandag berig dat 'n senior Zanu-PF-beampte, Nicolas Goche, die Suid-Afrikaanse onderhandelaar Sydney Mufamadi Saterdag in Musina ontmoet het.

Goche, wat Zanu-PF se sekretaris vir nasionale veiligheid in die staatsdiensministerie is, het "Thabo Mbeki se Suid-Afrikaanse fasiliteringsspan ontmoet om die jongste ontwikkelinge te bespreek en ook hoe om voort te gaan," het die Herald Online berig.

Hy het gesê Zimbabwe se langdienende leier, Robert Mugabe, sal voortgaan met die vorming van 'n nuwe regering met die volle steun van die SAOG.

Die SAOG het verlede jaar voormalige president Mbeki aangewys om te fasiliteer in die samestelling van 'n regering van nasionale eenheid in die krisisgeteisterde Zimbabwe.

"Bronne na aan die ontwikkelinge het gesê dat 'n regering heel waarskynlik in plek sal wees teen die einde van Februarie," het die Herald Online berig.

"Goche het Saterdag die Suid-Afrikaners ontmoet as deel van die poging om seker te maak dat die hoofstuk nou vir eens en vir altyd afgesluit kan word, sodat alle Zimbabwiërs kan aanbeweeg," het 'n bron aan die koerant vertel.

Die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het aangedring dat hy net die pos as eerste minister in die nuwe regering sal aanvaar indien alle verskille met Zanu-PF uit die weg geruim is.

построить сауну ценаДанильченко Юрий Брониславович Харьков