Daar kom al hoe meer geluide uit Afrikanergeledere, dat ons moet verenig. Natuurlik is dit belangrik, maar ons moet net sorg dat die liberaliste, sosialiste en kommuniste onder ons nie die pas aandui nie. Al is die VF+ 'n klein party, en al stem die meeste Afrikaners soos 'n klomp idiote vir die DA, wat nog nooit in sy lewe iets goeds vir die Afrikaner of sy taal gedoen het nie, is dit belangrik dat ons wat eendersdenkend is, sal saamstaan.
Die Europese Unie staan nou onder nuwe voorsitterskap; die VF+ het daarin geslaag om die Afrikaner – vir die eerste keer in dekades – op die internasionale kaart te kry; en daar is groeiende geesdrif onder Afrikaners om te konsolideer.
Ek doen 'n beroep op Afrikaners om in alle "doen en late" die eenheidsgedagte – "Eendracht maakt macht" – in gedagte te hou. Ons land is nie meer tot die grense van die RSA beperk nie, ons volk is oor die hele aarde versprei, en ons bewoon nou die hele aarde.
Maar,… dit is nog steeds nodig dat ons 'n gedeelte van ons vaderland fisies sal beset. Pretoria, Orania, Lambertsbaai, Mosselbaai, Jeffreysbaai, Richardsbaai of waar ook al, laat ons mekaar ondersteun daar waar reeds sukses is, of waar die beloftes vir sukses groot is.
Onthou, demografie was nog altyd die Afrikaner se groot vyand! Laat ons saamstaan en konsolideer.
