Zuma trou vir 5de keer

Image

Bruidegom Zuma

ANC president Jacob Zuma beplan om met 'n vyfde vrou te trou, het die Natal Mercury Maandag berig.

Zuma het reeds die lobola betaal vir sy verloofde, Thobeka Mabhija, wat beskryf word as 'n Durbanse sosiale vlinder.

Presies 'n jaar nadat hy met sy vierde vrou getrou het, gaan sy toekomstige bruid Maandag geskenke aan sy familie oorhandig by sy huis in Nkandla.

Die bruidsgeskenke sal items soos kos en tradisionele alkohol insluit.

'n Zoeloe-kultuurkenner, Mpume Mbatha, het gesê dit is die finale stadium in die voorbereiding, met die bruid se familie wat simbolies dankie sê vir die bruidegom se familie vir die lobola wat betaal is.

Bronne naby die familie het gesê dat die funksie Maandag sal plaasvind.

Zuma se broer, Michael, wat bevestig het dat die Mabhijas geskenke sal gee, het gesê dat dit "een van die dae" sal gebeur.

Die ANC se Karl Niehaus het aan die koerant gesê dat daar geen waarheid in die gerug steek nie. Die ANC se KwaZulu-Natalse provinsiale sekretaris, Senzo Mchunu, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Presies 'n jaar gelede het Zuma met sy vierde vrou, Nompumelelo Ntuli by sy woning in Nkandla getrou.

ролики ценаЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae