Ho?spoed- breebandinternet is hier

Die veseloptiese kabel van 13 700 km wat onder die see gelê is om hoëspoednternettoegang aan onder andere Suid-Afrikaanse verbruikers te bied, is in werking.

"Vandag is 'n historiese dag vir Afrika en dit is die begin van 'n nuwe tydvak in kommunikasie tussen die vasteland en die res van die wêreld," het  Brian Herlihy, uitvoerende beampte van Sea Cable System Donderdag gesê.

Die verwagting is dat die kabelkoste van hoëspoed- breëbandinternettoegang drasties gaan verminder.

Johannesburg, Nairobi en Kampala is reeds verbind en Kigali en Addis Abeba kom gou aan die beurt. 

тамбов ударныйОлександр Васильович Фільчаков

Willie Spies word AfriForum se regsman

Image

Willie Spies

Willie Spies – die Pretoriase prokureur wat onlangs sy bedanking as parlementslid aangekondig het – is as AfriForum se nuwe voltydse regsverteenwoordiger aangestel.  Spies sal ook in sy persoonlike hoedanigheid as een van AfriForum se woordvoerders optree.  ʼn Volledige onderhoud met Spies is vandag vanaf 13:00 beskikbaar op die internetradiostasie, Solidariteit Radio, by www.solidariteitradio.co.za.

AfriForum het Spies se prokureurspraktyk, Hurter Spies Ing., gekontrakteer om voortaan al dié burgerregte waghond se regsaksies te hanteer.  Spies se kantore en personeel sal na die Solidariteit-gebou in Pretoria verskuif, waar AfriForum se hoofkantoor gevestig is.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Spies se aanstelling ʼn reuse aanwins vir AfriForum.  Kriel het daarop gewys dat Spies as prokureur reeds groot sukses behaal het in hofsake soos onder meer dié om stemreg vir Suid-Afrikaners in die buiteland te verseker en ter behoud van Pretoria se naam.  “Willie se regsvernuf, entoesiasme, werksetiek en kundigheid oor burgerregte aangeleenthede gaan AfriForum in staat stel om sy veldtogte en regsaksies op ʼn nuwe vlak te plaas,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het herbevestig dat AfriForum sal voortgaan om buite die partypolitiek in die burgerlike samelewing vir burgerregte te stry.  Volgens hom handhaaf AfriForum ʼn gesonde werksverhouding met die meeste politieke partye, sonder dat AfriForum hom aan enige party verbind.  “Willie se aanstelling sal nie hierdie benadering beïnvloed nie,” het Kriel gesê.

Spies het gesê hy beskou sy nuwe rol as ʼn groot uitdaging en hy sien daarna uit om in die burgerlike samelewing ʼn bydrae te lewer.  Volgens hom sal van sy eerste prioriteite wees om saam met AfriForum veldtogte en regsaksies te voer oor onder meer die voortslepende misdaadkrisis in die land, die agteruitgang in munisipale dienslewering en die bevordering van veeltaligheid en Afrikaans.  “Ek verlaat my openbare rol in die partypolitiek in 'n goeie gees, maar wil my tyd en energie voortaan wy aan die noodsaaklike taak om ʼn sterk burgerlike instelling te vestig wat balans kan bring in ʼn samelewing waar veral minderheidsgemeenskappe se stem dikwels nie gehoor word nie,” het Spies bygevoeg.

грузовое шиномонтажное оборудованиелобановский александр

Nou gaan Spoorwe? ook staak

Image

Te midde van 'n revolusionêre gees wat in die land heers met massavergaderings wat landwyd in lokasies gehou word, het die United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en South African Transport and Allied Workers' Union (Satawu) albei kennis gegee dat Metrorail beplan om vanaf Maandag te begin staak.

Die twee vakunies verteenwoordig 10 000 werkers van die spoorwegmaatskappy. Volgens Utatu se algemene sekretaris, Chris de Vos, gaan twee miljoen pendelaars gestrand wees indien die staking sou voortgaan aangesien geen van die passasierstreine gaan loop nie.

In 'n gesamentlike verklaring Woensdag het die twee vakbonde gesê: "Hoewel ons oorspronklike eis om 'n loonverhoging 12,5 persent was, sal ons die sewe persent terugwerkend tot 1 April aanvaar, asook nog 'n twee persent vanaf 1 September.

"Metrorail is egter besig om die ooreenkoms te bederr deur ander kwessies wat ons nie bereid is om tydens hierdie loononderhandelings te bespreek nie," het Chris de Vos gesê. "Niemand behalwe die hardkoppige Metrorail-bestuur se onderhandelaars moet vier die komende krisis geblameer word nie."

'n Woordvoerder vir Metrorail, Sibusiso Ngomane, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

slots play fortopcargo отзыв

Duurder plastieksakke ontsier omgewing nog steeds

Die heffing op plastieksakke wat in 2004 ingestel is, het reeds vir sowat R350 miljoen se staatsinkomste gesorg.

Die artikel 21-maatskappy is gestig om herwinning te bevorder, maar het egter net R94 miljoen ontvang daarvoor. Die bedrag van R94 miljoen sluit R30 miljoen in wat in die lopende boekjaar aan die maatskappy Buyisa-e-Bag toegeken sou word.

Die plastieksakheffing, wat ingesluit is in die prys wat verbruikers by winkels vir die sakke betaal, is vanjaar van 3c per sak tot 4c per sak verhoog. Die tesourie sal in die lopende boekjaar R90 miljoen uit die heffing verdien.

Die onderneming het volgens omgewingskenners nog weinig gedoen om die herwinning van plastieksakke te ondersteun.

Maar Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het gesê meer as R7 miljoen is bestee aan die bou van agt sentrums vir die herwinning van plastieksakke. Skoonmaak- en jeugbemagtigingsveldtogte is ook geloods.

miomare yachtingлобановский харьков

Twee supermarkte geplunder

Twee voedselkettingwinkels is in Durban geplunder, oënskynlik uit protes teen hoë kospryse. Die woedende plunderaars het selfs die braaihoender en pasteie nie ontsien nie, berig Beeld.

Kaptein Khephu Ndlovu, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die SA Unemployed People’s Movement het “hulself aan verskeie kositems gehelp, blykbaar uit protes teen die hoë kospryse”.

Veiligheidswagte wat probeer keer het, is met wapens gedreig. Die winkeldeure is daarna toegemaak en klante en plunderaars is in die winkel toegesluit.

Die polisie was egter binne enkele minute op die toneel en 'n 100 mense is by ’n Shoprite Checkers-winkel en ’n Pick n Pay in hegtenis geneem.

Ndlovu het gesê 15 mans en 35 vroue is in hegtenis geneem in die Shoprite Checkers en 50 mense by die Pick n Pay in die Workshop-winkelsentrum.

Die Shoprite-groep het gesê hulle gaan die betrokkenes beslis vervolg.

Betogers het later buite Durban se sentrale polisiekantoor bymekaargekom om te eis dat die plunderaars vrygelaat word, maar is verjaag.

мульт машинкитопкарго

Britse firmas aan DRK se onwettige mineraalhandel verbind

ImageDie aanhoudende geweld in die DRK word deur Westerse maatskappye aangevuur wat die land se minerale opkoop sonder om behoorlik na die oorsprong te kyk, beweer 'n nuwe verslag wat Woensdag vrygestel word.

Die Global Witness het gesê die Kongolese weermag en ander gewapende groepe in die ooste van die land beheer 'n groot deel van die mynbou en handel in tinerts, koltan, wolfram wat dikwels met dwangarbeid geproduseer word.

Die verslag beweer dat dié handel die 12-jaar oue konflik in daardie land verleng, wat gekenmerk word deur massamoorde en -verkragtings. Ongeveer 100 000 mense is net oor die afgelope paar maande uit hul huise verdryf.

"Solank die vegtende partye hulself deur internasionale handel kan finansier, sal hulle vermoë om grootskaalse geweld teen die bevolking te pleeg, voortduur," sê Patrick Alley, die direkteur van Global Witness.

Die verslag vra vir VN-sanksies teen buitelandse firmas wat die minerale van tussengangers koop sonder om vas te stel wie by die transaksie baat. Vele van die ondernemings wat deur Global Witness beskuldig word, is Belgies maar vra ook vir sanksies teen 'n Britse firma, Amalgamated Metal Corporation (AMC) in Londen, waarvan die filiaal, Thaisarco, tin in die ooste van die DRK aankoop.

Global Witness erken dat Thaisarco minerale van wettige, regeringsgemagtige makelaars aankoop, maar argumenteer dat die maatskappy meer kon gedoen het om uit te vind wie die makelaars se verskaffers is. Dit verwys na 'n VN-resolusie wat om sanksies vra, waaronder die bevriesing van bates van individue of maatskappye wat Kongolese gewapende groepe bystaan om handel in natuurlike hulpbronne te dryf.

Die verslag beweer Thaisarco se hoofverskaffer in die Suid-Kivu-streek, die sentrum van die konflik, ontvang sy tinerts van myne wat deur die Demokratiese Front vir die Bevryding van Rwanda (FDLR), een van die hooffaksies in die oorlog. Leiers van dié groep sluit Hoetoes wat aan die volksmoord in 1994 deelgeneem het, in.

AMC het enige vuilspel ontken en geantwoord dat dit altyd by VN-voorskrifte hou waar minerale vanuit die DRK ter sprake is. In ooreenstemming hiermee, koop Thaisarco DRK-minerale onderworpe aan 'n onlangs bygewerkte magtigingsproses wat deursigtigheid deur die hele verskaffingsketting verseker.

Die nuwe maatreëls, wat as die Tinverskaffingskettinginisiatief bekendstaan, is op 1 Julie geloods nadat die Global Witness-verslag voltooi is.

"Die verskaffingskettingooreenkoms stel die opspoorbaarheid van minerale as 'n sleuteldoelwit ten einde te verseker dat die handel nie renegaat- of rebellegroepe laat baat nie," het AMC in 'n verklaring gesê.

Die Britse departement van buitelandse sake het gister 'n verlaring uitgereik waarin erken word dat "die handel in onwettige minerale een van die faktore is wat stabiliteit in die oostelike DRK belemmer".

подвесной светильник стеклоФильчаков

Oor middelmatigheid en keuses

Loop mens deesdae deur ‘n goeie boekwinkel en jy stop by die rak waar populêre sielkunde (persoonlik of vir organisasies) verkoop word, let jy op dat die grootste verkopers nog steeds daardie publikasies is wat jou wil vertel hoe om die "beste jy", of 'n suksesvolle organisasie wat miljarde werd is, op die been te bring. Dus, die oorlog teen enige vorm van middelmatigheid is aan! Of so lyk dit. Die realiteit is egter anders; nasionaal en ook internasionaal het uitskieters ‘n probleem, of dalk meer as een. Die samelewing verduur nie sulke mense nie, of dan vir ‘n baie kort rukkie. Dit werp dalk refleksie op die algemene stand van IK, maar dit is ‘n ander debat.

Neem nou maar die SA van vandag. Ek gaan nie voorbeelde noem nie, want ek is seker die spasie op hierdie webwerf vir bydraes is ook beperk. Mens hoef nie eers te selektief te lees aan koerante en tydskrifte om hierdeur oordonder te word nie. Miskien net dít: ek sien dat sommige vakbonde kla oor die Engels in KZN-skole. Ek dog Afrikaans was die probleem in 1976, of is ‘n hele samelewing verlore omrede daar dalk nog die heel tyd nie die volle waarheid vertel is nie en ons gekies het om dit te glo? Ek het hierdie voorbeeld met opset gekies – terwyl ons nou by die onderwys is: wanneer laas het iemand gevra wat in die formele sektor van die skoolwese gedoen word vir diegene wat besonder begaaf is? Nou dáár is ‘n onderwerp vir ‘n insiggewende nasionale debat, sommer ook as middel om ‘n paar ander dinge op te klaar!

Kortom: middelmatigheid is volgens selfdoen-boeke (en akademiese advertensies) uit, al is dit die toestand van die meerderheid. Jy moet jouself as persoon en burger onderskei, om nie te praat van in al jou ander samelewingsrolle en verantwoordelikhede nie. Die hemele behoed jou net as jy dit regkry! Maar, wat nou gemaak as jy leef in ‘n plek waar ons nie eers regtig besig is met middelmatigheid nie, maar met goed wat effens ondertoe op die hiërargie lê? In ‘n opset waar die laagste gemene deler elke keer bepalend vir alles is en blote luiheid dikwels die botoon voer onder diegene wat dit die minste kan bekostig? En waar die afgekykte gedrag van die meerderheid alles bepaal sonder dat dit oënskynlik gesien word vir wat dit is – ‘n groot leuen gevoed ter wille van hierdie luiheid en die handhawing van ‘n vorm van "orde"? Ek het iewers verwys na fundamentele keuses wat gemaak moet word (Afrikaanse voetspore en bestemming). Daarom: óf jy kies om voort te ploeter, óf jy veredel en aspireer na dít wat iewers vêr daarbo lê, desnieteenstaande die prys wat jy hiervoor mag betaal. Dit beteken dat jy nie onnosel moet wees en ander vir jou laat dink in die proses nie, maar wel dat dit ‘n ingeligte, bewustelike keuse moet wees. Verskeie sulke keuses is uitgeoefen deur burgers en hulle leiers in hierdie land se verre en nie te verre verlede nie. Of die mees onlangse keuses nou gemaak is uit werklike oortuiging of om ander redes (sic!) is ‘n ander argument, maar as diegene wat gedink het dat hulle keuse hulle merkbaar sou onderskei en dat dit sou lei tot groot respek vir en ekonomiese voordeel uit hulle optrede, soos beloof is, is hulle wreed ontnugter. Waar eer en heldeontvangs verwag is, is ten beste nog groter minagting opgelewer, in ooreenstemming met die doodsnikke van die beskawing waarvan hierdie eer verwag is. Waar ons ons deur gedrag wou onderskei, het die afwysing bly volg. Van ons Wes-Europese stamlande kan niks meer verwag word nie. Gaan kyk eerder mooi na wat in hierdie konteks gebeur het in bv. Bosnië en omstreke, en wat die dinamiek en resultate van die historiese konflik daar vir vandag is. Vir Afrikaans en die Afrikaner is dáár veel te leer, soos ook uit die vergelykende beskawingsgeskiedenis. Soms is die waarheid en die werklikheid só voor die hand liggend dat dit gevaarlik word en daarom bestuur moet word.

Dit word steeds meer duidelik – Suid Afrika sal (dalk kan, as ons eerlik wil wees) nooit wees wat dit moontlik kon wees nie. Brute realiteite, gebore uit die geskiedenis, die antropologie, die geografie en dalk selfs die biologie (en die wisselwerking hiertussen) sorg hiervoor. Ten spyte van die soms skreiende resultate van ons gemaakte keuses: of ons onsself besig hou met middelmatigheid of met iets wat daarbo of daaronder lê? Die keuse is en bly elke individu en gemeenskap s’n. Ons telkaart lyk nie te goed in dié verband nie, ook nie die Afrikaanse een nie. Jy kan egter nie middelmatigheid reg praat nie. Jy kan slegs (in sommige gevalle) iets daaraan probeer doen. Selfrespek is steeds ‘n faktor. Die geskiedenis en die toekoms sal bly oordeel of ons sinvol gedink en gekies het.

ручной пневмоинструментДанильченко Юрий прокурор

ANC vra indringende ondersoek na mynongeluk

Die ANC het in 'n verklaring gesê die jongste tragedie by die Impala Platinummyn se Skag 14 waarin nege myners omgekom het, vra om 'n indringende ondersoek na die land se myne en veiligheidstandaarde.

Met die dodetal in Suid-Afrikaanse myne wat hierdie jaar reeds op 104 staan, aansienlik hoër as verlede jaar, het die ANC 'n beroep gedoen op mynhuise om ernstige introspeksie te hou oor die nakoming van veiligheidsriglyne.

In vergelyking met veiligheidstandaarde in die VSA, Kanada en Australië, is Suid-Afrika se koers van mynsterftes baie hoër. Die ANC het hulle medelye met die gesinne van die gestorwenes uitgespreek en gesê een dood is een te veel.

Soos enige ander beroep wil mynwerkers nie tuiskom in 'n kis nie, lui die verklaring.

Die ANC het gesê hulle sal die mynongelukondersoek met diepe belangstelling volg en hulle hoop dit is nie alleen 'n les vir Impala Platinum nie, maar die hele mynbedryf in Suid-Afrika.

конструкторы для детейАлександр Фильчаков

Swart Harvard-professor ‘weens sy ras’ aangekeer

Image

Prof. Henry Louis Gates jnr., op sy pollisiefoto wat amptelik uitgereik is

'n Swart professor aan die Harvard-universiteit is in sy eie huis gearresteer toe die polisie 'n wenk van 'n buurvrou ontvang het dat "twee swart mans" besig was om daar in te breek. Henry Louis Gates jnr. word beskryf as "die mees vooraanstaande swart akademikus in die VSA".

Gates moes sy voordeur oop forseer omdat dit vasgehaak het, het sy prokureur laat weet. Sy kollegas meen die arrestasie was 'n duidelike geval van "rasprofilering".

Die polisie in Cambridge, Massachusetts, waar Harvard geleë is, het gereageer op 'n noodoproep van 'n vrou wat gesien het "hoe twee swartes met rugsakke op die stoep" staan, terwyl een "die deur met sy skouer gestamp het asof hy besig was om in te breek".

Teen die tyd dat die polisie daar aangekom het, was Gates reeds binne. Volgens die polisie het hy geweier om uit te kom om met 'n polisiebeampte te praat, wat vir hom gesê het dat hy daar was om 'n beweerde inbraak te ondersoek.

"Waarom, omdat ek 'n swartman in Amerika is?" het Gates geantwoord, volgens 'n polisieverslag wat deur sersant James Crowley geskryf is. Die polisie van Cambridge wou Maandag nie hierop kommentaar lewer nie.

Gates is die direkteur van Harvard se W.E.B. Du Bois-instituut vir Afrika- en Afro-Amerikaanse studies. Du Bois was 'n legendariese halfswart intellektueel wat onder andere in 1904 die gedagte van 'n Afrika-renaissance geopper het. Oudpresident Thabo Mbeki en vele Afrikaleiers het hul eie swart nasionalisme op Du Bois se idees geskoei.

Gates het aanvanklik geweier om homself teenoor die polisiebeampte te identifiseer, maar het agterna blykbaar sy Harvard-ID oorhandig, volgens die polisie.

Die polisiebeampte skryf verder in sy verklaring: "Gates het aagehou om op my te skree en my van rassevooroordeel beskuldig. Hy het ook gesê dat dit nie die laaste sal wees wat ek hiervan hoor nie."

Volgens Gates het hy sowel sy bestuurslisensie as sy Harvard-ID – beide met foto's – oorhandig en het herhaaldelik om die naam en kentekennommer van die polisieman gevra, wat geweier het. Hy het gesê dat hy toe die polisieman gevolg het waar dié sy huis verlaat het. Op die stoep is hy voor die ander polisiebeamptes geboei, volgens 'n verklaring wat deur Gates se prokureur, 'n mede-Harvard-akademikus, Charles Ogletree, uitgereik is en tans op een van Gates se webwerwe, TheRoot.com, te siene is.

Hy is weens oproerige gedrag in hegtenis geneem nadat die polisie gesê het hy "tekens van luidrugtige en opruiende gedrag getoon het". Hy is later die dag op eie verantwoordelikheid vrygelaat. 'n Eerste hofverskyning is vir 26 Augustus geskeduleer.

Die 58-jarige Gates het Maandag geweier om hom oor die saak uit te laat en het navrae na Ogletree verwys.

"Hy was geskok om steeds ondervra te word nadat hy sy identifikasie getoon het," het Ogletree gesê.

Ogletree wou hom nie daaroor uitlaat of die insident 'n rassekonnotasie gehad het nie en het gesê: "Ek dink die voorval spreek vir sigself."

Sekere van Gates se Afro-Amerikaanse kollegas sê die arrestasie is deel van 'n patroon van rasprofilering in Cambridge.

Allen Counter, wat reeds 25 jaar lank neurowetenskap aan Harvard doseer, het gesê hy is op die kampus deur twee Harvard-polisiemanne voorgekeer in 2004 nadat hy vir 'n roofverdagte aangesien is. Hulle het gedreig om hom in hegtenis te neem toe hy nie identifikasie kon lewer nie.

"Ons glo nie dat dié inhegtenisname sou plaasgevind het indien professor Gates blank was nie," het Counter gesê. "Dis werklik baie ontsenuend vir Afro-Amerikaners dwarsdeur Harvard en Cambridge dat so iets kon gebeur."

Die uitgesproke swart aktivis, eerwaarde Al Sharpton, het gesweer dat hy Gates se hofverskyning sou bywoon.

"Dié inhegtenisname dui op sy beste aan dat daar magsmisbruik deur die polisie was en ten slegste verteenwoordig dit die ergste voorbeeld van rasprofilering wat ek nog gesien het," het Sharpton gesê. "Ek het al gehoor van motor bestuur as jy swart is en selfs inkopies doen as jy swart is maar nou as jy selfs na jou eie huis toe gaan as jy swart is (word jy geteister). Dit is 'n nuwe laagtepunt in die verhouding tussen die polisie en die swart gemeenskap."

Ogletree het gesê dat Gates Donderdag van 'n reis na China teruggekeer het met 'n bestuurder, toe hy gevind het dat sy voordeur vassit. Hy het toe deur die agterdeur in die huis ingekom. Hy huur die huis by die universiteit van Harvard. Daarna het hy 'n alarm afgesit en saam met die motorbestuurder gewerk om die voordeur oop te kry. Die bestuurder het vertrek en Gates was op die foon met die eiendomsbestuursmaatskappy toe die polisie opgedaag het.

Ogletree weerspreek ook die weergawe dat Gates, wat 'n langbroek en 'n polohemp aangehad het en 'n kierie gedra het, op die beampte geskree het.

"Hy het 'n infeksie wat sedert sy tog na China sy asemhaling beïnvloed, dus is hy tans in 'n baie delikate fisieke toestand," het Ogletree gesê.

Lawrence D. Bobo, die W.E.B. Du Bois-professor van geesteswetenskappe by Harvard, het gesê het hy het Gates by die polisiestasie gaan ontmoet en het sy kollega as vernederd en "emosioneel afgetakel" beskryf.

Bobo het gesê dat hy hoop dat die Cambridge-polisie die klagtes sal laat vaar en het 'n beroep op die departement gedoen om die voorval as rede vir 'n hersiening van opleidings- en aanstellingsprosedures te gebruik.

Die aanklaer vir die Middlesex-distrik het gesê dat die klag nie laat vaar kon word totdat Gates in die hof verskyn het nie. Die vrou wat die inbraak gerapporteer het, het Maandag nie op boodskappe gereageer nie.

Gates is in 1991 aan die Harvard-universiteit aangestel en beklee een van die 20 professorale posisies met groot aansien aan die universiteit. Hy was ook die aanbieder van "Afro-American lives", 'n PBS-televisieprogram oor die familiegeskiedenisse van prominente Amerikaanse swartes. Hy is ook deur die tydskrif Time in 1997 as een van die 25 mees invloedryke Amerikaners aangewys.

Die rektor van Harvard, Drew Gilpin Faust, het gesê dat hy "natuurlik baie bekommerd was toe ek Donderdag van die voorval verneem het. Gates en ek het direk met mekaar gepraat en ek het hom gevra om my op hoogte te hou."

купить липецк маски сварщикаДанильченко

Premier veroordeel geweld

Mpumalanga premier David Mabuza het diegene in sy provinsie wat gegrief voel oor die stadige pas van dienslewering dringend versoek om liewer die saak met hulle owerhede op te neem as om geweld te gebruik.
   
Hy het Dinsdag 'n verklaring uitgereik nadat die provinsie die afgelope paar weke gebuk gaan onder geweld en onrus.

Ontevrede inwoners kan die provinsiale owerhede nader indien plaaslike owerhede nie gehoor gee nie, het hy gesê.

Mabuza se verklaring kom slegs 'n dag nadat inwoners van die Siyathemba lokasie in die Dipalesengmunisipaliteit die strate ingevaar het en polisievoertuie onder klippe gesteek het.

Hulle het ook winkels wat aan Somaliërs behoort, geplunder en 'n laerskool gevandaliseer.

"Ons gemeenskappe moet altyd hulle eiendomme soos skole, klinieke respekteer… en nie geweld gebruik en eiendomme beskadig as hulle ontevrede is met dienslewering nie," het Mabuza gesê.

Maandag se geweld in Siyabuswa volg op soortgelyke oproer in die plaaslike munisipaliteite van Thaba Chweu, Mkhondo en Emalahleni.

In Thaba Chweu, in die Mashishinglokasie in Lydenburg is dit reeds die derde keer sedert die begin van die jaar dat inwoners die strate invaar.

Hulle eis dat munisipale bestuurder Isaac Moshoadiba en burgemeester Clara Ndlovu afgedank word vir finansiële wanbestuur.

Die twee kan nie verantwoording doen vir R3,2 miljoen wat uit die munisipaliteit se bankrekening verdwyn het nie.

Die inwoners het verlede week 'n kliniek, biblioteek en hostel afgebrand.

Mabuza se segsman Mabutho Sithole het Dinsdag 'n taakspan saamgestel om die probleme in Mashishing aan te spreek.

free no deposittopcargo развод

Onrus brei uit na Meyerton en Balfour

Inwoners van Meyerton, suid van Johannesburg, het Woensdagoggend in opstand gekom volgens die polisie van Vereeniging.

Kaptein Shado Mashobane sê die oproer vind plaas op die pad tussen Meyerton en Kliprivier.

Hy kon nie verdere besonderhede verskaf oor gebeure daar nie.

Die SAUK berig dat die onrus as gevolg van swak dienslewering uitgebreek het en dat dit verkeer na Johannesburg belemmer.

Betogende inwoners van Balfour in Mpumalanga het Dinsdag ook versperrings in die strate van dié dorp opgerig en brande gestig oor 'n klaarblyklike gebrek aan dienslewering.

липецк прессыОлександр Фільчаков прокурор

Skoolbywoning ‘n saak van erns vir departement

Beeld berig dat die departement van basiese onderwys ernstig is oor gereelde skoolbywoning. 'n Konsepwet rakende skoolbywoning is verlede week in die Staatskoerant gepubliseer.

Die beleid is daarop gemik om die verantwoordelikhede van leerders, ouers, skole, beheerliggame, hoofde, klasonderwysers en provinsiale onderwysdepartemente beter te omskryf.

Van ouers sal verwag om, ongeag kinders se ouderdomme, gewoontes van stiptelikheid en gereelde skoolbywoning aan te moedig.

Geldige redes vir afwesigheid sal voortaan verlang word.

Van skole gaan verwag word om registers akkuraat en kragtens wet te voltooi. 'n Teenwoordige leerder is die skool se verantwoordelikheid.

Bestuurspanne van skole moet ’n skoolbywoningsbeleid onderskryf wat met dié van die provinsiale departement ooreenstem. Dit behels dat daar van alle leerders behalwe gr. 12’s verwag word om alle skooldae, insluitend eksamendae, skool by te woon.

Gr. 12’s mag af kry om vir die matriekeksamen voor te berei.

Onderwysers sal voortaan die ouers van leerders moet kontak indien daar 'n vermoede bestaan dat die leerder is sonder 'n geldige rede afwesig is.

Leerders wat deurlopend sonder geldige redes afwesig is, sal van ’n verbreking van die skool se gedragskode aangekla word. Rekord moet ook gehou word van alle kommunikasie met die ouer en dit moet op lêer gehou word.

Die skool sal ’n leerder van die register mag afhaal as hy ná tien aaneenlopende dae sonder ’n geldige rede afwesig isкупить ролики украинапрокурор харьковской области

Openbare geweld dreig aan Oosrand

ImagePolisie het Dinsdag rubberkoeëls gevuur om 200 hostelbewoners in Thokoza op die Oosrand wat oor dienslewering betoog het. uitmekaar te jaag.

Die inwoners het by nog voor die son opgekom het teen 4:30vm in Khumalostraat byeengekom, volgens Kaptein Mega Ndobe van die SAPD.

Die groep is ontstoke oor die toestand van die hostel en dienslewering oor die algemeen, maar hulle is deur die polisie gekeer omdat hulle nie die nodige toestemminmg vir die opmars gehad het nie.

Betogers het vroeër klippe gegooi en verskeie voertuie, ook dié van die polisie, is beskadig in die geweld. 'n Fotograaf van Sapa het die toestand as "uiters gespanne" beskryf en polisie moes die skare met rubberkoeëls onder bedwang hou.

Ndobe het gesê daar is tot dusver 17 mense in hegetenis geneem op aanklagte van openbare geweldpleging en nog arrestasies word spoedig verwag.

Betogers bevind hulleself tans in die hostel terwyl 'n swaar polisieteenwoordigheid die situasie buite die gebou monitor.

Polisielede is op hierdie stadium steeds in samesprekinge met hostelleiers en munisipale verteenwoordigers gewikkel.

Khumalostraat is afgesper en Ndobe het lede van die publiek gevra om die gebied te vermy.

"Hulle moet deur Madondo, by Mazibukostraat aansluit en by Skhosanastraat uit na Thokoza se polisiestasie gaan," het hy gevra.

дренажный насос дляФильчаков прокурор отзывы

Ruimtemanne moet knyp

Die Internasionale Ruimtestasie, IRS,  se toilet het gebreek – en dít terwyl daar tans ’n rekordgetal van 13 ruimtevaarders aan boord is.

Hulle word nou genoodsaak om almal die “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS of die ruimtetoilet op Nasa se Endeavour-pendeltuig te gebruik.

Die pendeltuig is tans aan die stasie geanker.

“Plak maar ’n ‘buite werking’-nota daarop,” het dr. Hal Getselman, sendingbevelvoerder van Nasa, vandeesweek ná verskeie onsuksesvolle herstelpogings aan ’n IRS-bemanningslid gesê.

Die toiletkompartement, wat aan die IRS se watersuiwering- en herwinningstelsel gekoppel is, dien as die bemanning se hoofbadkamer.

Nasa het die bemanning beveel om die toilet op Endeavour so min as moontlik te gebruik omdat die toiletwater nie oorboord gegooi kan word terwyl die pendeltuig aan die IRS geanker is nie.

Dít laat die bemanning met ’n enkele, werkende “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS.

Om toiletwater uit die geankerde pendeltuig oorboord te gooi, kan ’n nuwe platform besmet.

Dit is Saterdag aan die buitekant van die IRS geïnstalleer om wetenskaplike eksperimente uit te voer.

Die Endeavour-bemanning het dié “staanplatform” Saterdag aan die voorkant van die IRS se Kibo-laboratorium geïnstalleer.

Dit sal vir eksperimente gebruik word waarin dit nodig is dat stowwe onbeskermd aan die buitenste ruimte blootgestel moet word.

Volgens dr. Brian Smith, die IRS se vlugdirekteur, sal die stukkende toilet net ’n groot probleem word as dit nie binne die volgende ses dae herstel word nie.
автомобильныйОлександр Фільчаков прокурор