Duurder plastieksakke ontsier omgewing nog steeds

Die heffing op plastieksakke wat in 2004 ingestel is, het reeds vir sowat R350 miljoen se staatsinkomste gesorg.

Die artikel 21-maatskappy is gestig om herwinning te bevorder, maar het egter net R94 miljoen ontvang daarvoor. Die bedrag van R94 miljoen sluit R30 miljoen in wat in die lopende boekjaar aan die maatskappy Buyisa-e-Bag toegeken sou word.

Die plastieksakheffing, wat ingesluit is in die prys wat verbruikers by winkels vir die sakke betaal, is vanjaar van 3c per sak tot 4c per sak verhoog. Die tesourie sal in die lopende boekjaar R90 miljoen uit die heffing verdien.

Die onderneming het volgens omgewingskenners nog weinig gedoen om die herwinning van plastieksakke te ondersteun.

Maar Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het gesê meer as R7 miljoen is bestee aan die bou van agt sentrums vir die herwinning van plastieksakke. Skoonmaak- en jeugbemagtigingsveldtogte is ook geloods.

miomare yachtingлобановский харьков