ANC vra indringende ondersoek na mynongeluk

Die ANC het in 'n verklaring gesê die jongste tragedie by die Impala Platinummyn se Skag 14 waarin nege myners omgekom het, vra om 'n indringende ondersoek na die land se myne en veiligheidstandaarde.

Met die dodetal in Suid-Afrikaanse myne wat hierdie jaar reeds op 104 staan, aansienlik hoër as verlede jaar, het die ANC 'n beroep gedoen op mynhuise om ernstige introspeksie te hou oor die nakoming van veiligheidsriglyne.

In vergelyking met veiligheidstandaarde in die VSA, Kanada en Australië, is Suid-Afrika se koers van mynsterftes baie hoër. Die ANC het hulle medelye met die gesinne van die gestorwenes uitgespreek en gesê een dood is een te veel.

Soos enige ander beroep wil mynwerkers nie tuiskom in 'n kis nie, lui die verklaring.

Die ANC het gesê hulle sal die mynongelukondersoek met diepe belangstelling volg en hulle hoop dit is nie alleen 'n les vir Impala Platinum nie, maar die hele mynbedryf in Suid-Afrika.

конструкторы для детейАлександр Фильчаков