Sommige mense praat van ‘n revolusie begin oor die besluit van AIG om bonusse van $156 miljoen te betaal aan werknemers wat deels verantwoordelik was vir die versekeringsreus se ineenstorting – maar min gaan so ver as senator Charles Grassley, ‘n Republikein van Iowa, wat voorgestel het dat die maatskappy se uitvoerende beamptes behoort te “bedank of selfmoord moet gaan pleeg.”
Terwyl politici en meningsvormers die afgelope paar dae hulle woede helder laat opklink het oor die bonusbetaling, is die mees passievolle stemme – nie verbasend nie – op die internet. Op “blogs” en gespreksforums teken die ontstoke publiek in ongewoon groot getalle hulle weersin aan.
Van Saterdag tot Dinsdagoggend is meer as 7 000 AIG-verwante kommentare op nytimes.com gepos. Die opmerkings dui daarop dat van Republikeine tot Demokrate, Wallstraat, Mainstraat, kapitalistiese gemeenskap in die algemeen of al die bostaande verantwoordelikgehou word vir die krisis.
Die internetboodskappe verteenwoordig ‘n algemene konsensus onder lesers dat die bonusse nooit toegeken moes gewees het nie en beslis nie uitbetaal moet word nie.

Michelle Obama, Amerika se eerste dame, het gesê gemeenskapsdiens het president Barack Obama gehelp om te kom waar hy vandag is. Mev. Obama het met jong Amerikaners gepraat wat in Washington is om ‘n huis te bou vir ‘n gesin van Texas wat hulle huis in ‘n orkaan verloor het.
Of kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie die gemeenskap lei op ‘n gevaarlike pad na eugenetika.