Kastrasiedebat raak warm in Europa

ImageOf kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie die gemeenskap lei op ‘n gevaarlike pad na eugenetika.

Die Tsjeggiese Republiek het toegelaat dat 94 gevangenes sjirurgies gekastreer word oor die laaste dekade. Dit is die enigste land in Europa wat die prosedure gebruik op seksmisdadigers. Tsjeggiese psigiaters wat toesig gehou het oor die behandeling – ‘n uurlange operasie wat die verwydering van die weefsel wat testosteroon vervaardig behels – hou vol dat dit die beste metode is om die seksdrange onder beheer te hou in gevaarlike misdadigers.

Sjirurgiese kastrasie is reeds eeue lank ’n metode om maatskaplike beheer uit te oefen. In antieke Sjina is eunugs vertrou om die imperiale familie te dien in die paleisgronde; in Italië is jeugdige koorlede eeue gelede gekastreer om hulle hoë sangstemme te behou.

In moderne tyd word dit ook gebruik om testikulêrekanker en sommige gevorderde gevalle van prostaatkanker te behandel.

Meer lande in Europa oorweeg nou die chemiese kastrasie van gewelddadige seksoortreders. Daar is intense debat oor wie se regte nou voorkeur geniet: die van gewelddadige seksoortreders of die van die gemeenskap, wat beskerming verwag teen sulke oortreders.

Pole gaan na verwagting die eerste land wees wat aan regters die reg sal gee om chemiese kastrasie toe te pas op ten minste sommige veroordeelde pedofiele, deur die gebruik van hormoonmiddels wat die seksaptyt sal laat afneem; die beweegrede is die onlangse arrestasie van ‘n 45-jarige Poolse man, wat twee kinders gehad het by sy jong dogter.

Spanje oorweeg chemiese kastrasie nadat ‘n veroordeelde pedofiel ‘n kind vermoor het.

Ales Butala, ‘n Sloweense menseregteprokureur wat die Raad van Europa se delegasie na die Tsjeggiese Republiek gelei het, het geargumenteer dat sjirurgiese kastrasie oneties is, omdat dit medies nie nodig is nie en ook omdat dit indruis teen die man se reg om voort te plant. Hy het ook die effektiwiteit daarvan uitgedaag, en gesê die raad se komitee het drie gevalle van die Tsjeggiese Republiek se gekastreerde seksoortreders gevind wat voortgegaan het om geweldsmisdaad te pleeg, insluitend pedofilie en poging tot moord.

ниблер силиконовый купитьдепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae