SA het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig

ImageSuid-Afrika het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig teen 2020, het Eskom Woensdag gesê.

Dit sal ‘n belegging van tot R110 miljard insluit in die steenkoolmynbedryf tussen nou en 2020 – en ‘n groot aantal mynregte sal moet toegestaan word in ‘n kort tydsbestek, het Eskom se steenkoolspesialis Johan Dempers tydens ‘n steenkoolkonferensie in Johannesburg gesê.

Volgens Dempers se aanbieding, behoort die land sowat 374 miljoen ton steenkool te produseer teen 2018 om aan die groeiende aanvraag te kan voldoen. Teen daardie tyd sou Suid-Afrika na verwagting 385 miljoen ton moes produseer, wat die voorsieningsbuffer tussen nasionale steenkoolaanvraag en produksie baie dun sal laat op net 3%, het Dempers in sy aanbieding gesê.

Totale Suid-Afrikaanse steenkoolaanvraag was verwag om toe te neem met meer as 40% in die volgende 10 jaar as gevolg van ‘n verhoring in uitvoer om globale aanvraag te kan voorsien, en ook die behoefte van Sasol vir sy steenkool tot brandstofaanlegte.

Dempers het gesê dat 7 nuwe mynregte toegeken is teen die einde van 2008, met nog 8 geskatte regte wat toegeken kan word in 2009.

‘n Totaal van 600 addisionele ingenieurs sal benodig word om die nuwe myne oop te maak.

“Addisionele geskoolde arbeidstekorte word voorspel oor die volgende 5 jaar,” het hy gesê.

Steenkoolvervoer infrastruktuur moet ookontwikkel word, met ‘n teiken om net 2% van die steenkool per pad te vervoer.

Dit, het Dempers gesê sal groot beleggings en samewerking vereis om ‘n sterker vervoernetwerk te skep, sterker en uitgebreide spoornetwerk en voldoende laai en aflaai fasiliteite.

“Indien ons nie gaan optree nie, of te stadig gaan optree, gaan daar verreikende gevolge wees vir die voorraad van steenkool en diekoste van elektrisiteit – die versekering van ‘n steenkool voorraad in die toekoms is ‘n nasionale probleem wat ‘n nasionale oplossing verg.”

free bonus slotsДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae