NTU raadslid Jaap Kelder het gesê dorpe is siek en sat van slaggate, wateronderbrekings, onvoldoende rommelverwydering en oorgroeide bosse langs die pad, en het daarom besluit om hulle munisipale belastings “terug te hou” tot die dienste verbeter is.
“Dit is nie ‘n belastingboikot nie…ons hou die geld terug. Dit is baie belangrik om die onderskeid te maak.”
Die inwoners betaal die geld in ‘n trustrekening en die geld sal oorbetaal word aan die munisipaliteite wanneer die griewe uitgesorteer is,” het hy gesê.
Kelder het gesê die inisiatief, wat onderneem is deur lede van die belastingbetalersverenigings in verskeie dorpe het in 2005 begin, met inwoners wat formele dispute verklaar het met hulle munisipaliteite oor swak dienslewering.
Die munisipale belastings word in ‘n fonds in betaal wat deur die belastingbetalers vereniging bestuur word of in ‘n trustfondsrekening.
“Dit sal aangaan vir solank as wat die dienste nie gelewer word nie,” het Kelder gesê.
In sommige dorpe het inwoners begin om verskeie munisipale funksies self te verrig.
“Indien hulle nie diens lewer nie, doen die inwoners dit self,” het hy gesê.
Op ‘n vraag van hoe die munisipaliteite kan diens lewer as hulle nie betaal word nie, het Kelder gesê: “Hulle het die geld gehad om dit te doen, maar dit was nie gedoen nie. Werk nou eers en dan sal ons betaal.”
“Dit gaan nou al aan vir 4 jaar en eers nou begin ons ‘n reaksie kry van die regering.”
Die regering het reeds gereageer op die inwoners se griewe in die vorm van optrede deur die nasionale tesourie, het hy gesê.
Die SA Plaaslikeregeringsvereniging het Donderdag gemeenskappe aangemoedig om in vennootskappe te gaan met munisipaliteite in ‘n poging om diens te verbeter, eerder as om hulle belasting terug te hou.
‘n Woordvoeder het gesê: “Ons moedig almal aan om in vennootskappe te gaan met die munisipaliteite om dienslewering te verbeter. Alle munisipaliteite het openbarevennootskapprogramme in plek….maar om belasting te weerhou verswak die munisipaliteite net verder. Hulle het geld nodig om dienslewering vol te hou en te verbeter,” het hy gesê.
