Islamitiese ekstremis kry polisiebeskerming

‘n Islamitiese ekstremis wat Britse soldate beledig het gedurende ‘n tuiskomsparade het verdere woede veroorsaak nadat hy onder 24-uur polisiebeskerming geplaas is.

Yousaf Bashir was deel van die bende wat beledigings geslinger het na 200 lede van die Royal Anglican Regiment terwyl hulle deur Luton marsjeer het verlede Dinsdag na ‘n 2de dienstermyn in Irak.

Die skuif het gekom na die skakelhuis wat Bashir met sy ouers deel Vrydag aangeval is.

Hy word nou 24 uur beskerming gegee na sy huis aangeval is.

Twee vensters in die onderste vlak en die glas in die voordeur is gebreek, en die agterruite van 2 karre wat in die inrit geparkeer is gebreek.

Twee polisiebeamptes is gestasioneer in gemerkte karre buite die eiendom sedert die aanvalle en ‘n geslotebaan kamera is ook geïnstalleer.

‘n Skare protesteerders het woede onder die inwoners van Luton veroorsaak wat in hulle honderde saamgedrom het om ondersteuning te toon vir die 2de bataljon van die Royal Anglicans, wat ook die bynaam het “The Poachers.”

Bashir en sy vriende het beledigings geslinger en ook plakkate rondgewaai wat die soldate “Die slagters van Basra” noem en ook “kriminele, moordenaars, terroriste” en “babamoordenaars”.

Twee lyne polisie moes ontplooi word na die skare omgedraai het op die protesteerders.

In ‘n vertoning van solidariteit vir die soldate het selfs mnr. Bashir se bure hulle huise met die Britse vlag versier.

Kevin Hattle, 52 het gesê: “Ek is geskok. Ek werk hard en betaal baie belasting en daar word nie so na my gekyk nie.”

“Daar is in my tuinhuisie ingebreek en my motorfiets is gesteel, maar die polisie het nie daarvoor uitgekom nie.”

“Hy het ons almal in gevaar gestel en kry al die beskerming op ‘n skinkbord. Die koste gaan astronomies wees.”

‘n 18-Jarige man van Luton is aangekla van rasgemotiveerde teistering, insluitend verbale mishandeling. Hy sal die week voor die magistraat verskyn.

‘n 2de Man, in sy 40 is met ‘n vaste straf kennisgewing uitgereik.

Nie een van die Moslem protesteerders is gearresteer nie.

бурениеФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae