“Ek is nie in ‘n posisie om dit bekend te maak nie. Dit bly vertroulik,” het die Pretoriase hoërhof regter aan ‘n sigbaar vieserige landdros Desmond Nair gesê.
Nair, wat geforseer is om ‘n tweede keer uitstel te gee vir ‘n aansoek dat die saak laat vaar word het Motata reguit gevra: “Wat het aanleiding gegee tot die situasie?”
Dit was na verdedigings prokureur Marinus van Jaarsveld geweier het om redes te gee vir die onttrekking van die saak nadat hy en sy kollegas Motata vir 2 jaar in die Johannesburgse landdroshof verteenwoordig het.
Nair het geargumenteer dat die hof die rede moet weet vir die onttrekking “in die belange van geregtigheid en oop administrasie”.
Staatsaanklaer Zaais van Zyl het toe voorgestel dat Nair direk vir Motata vra.
“Dit is natuurlik die derde regspan vir Motata,” het Van Zyl gesê.
Motata het aan Nair om verskoning gevra vir die hoeveelste vertraging in die saak wat voortsleep sedert hy met sy Jaguar in die buitemuur van ‘n huis in Hurlingham, Johannesburg vasgery het in 2007, klaarblyklik toe hy dronk was.
“Ek het die reg om te sê ek soek ‘n span van my keuse. Ek is jammer u edele, ek verstaan u kommer,” het Motata gesê.
“Ek het nie die hof se tyd gemors nie,” het hy bygevoeg. :Ek het nie na die hof toe gekom en gesê, ‘Asseblief, wag , ek hardloop nog rond nie’.”
Motata het gesê het het reeds sy nuwe prokureur aangestel, Simeon Ngomane, wat by die verrigtinge was.
Nair het aan Motata gesê: “Ek wil u herinner, mnr. Motata…dat die tydsduur van die saak redelik buite die gewone is.”
“Regspraak wat vertraag word is regspraak wat vermy word, nie net vir uself nie, maar ook vir die staat en die hof.”
“Die saak is uitgestel tot 24 April vir u nuwe regspan om aansoek te doen vir die saak om laat vaar te word,” het hy aan Motata gesê.
Die hof sal die reaksie van die staat op 7 Mei aanhoor en sal op 2 Junie sy uitspraak lewer.
