Pakistan op die rand van chaos

Vrese neem toe dat die Pakistani-opposisie se beplande opmars na Islamabad die week die kernbewapende land in chaos kan dompel en die politieke toekoms van die pro-Westerse president Asif Ali Zardari in gevaar kan stel.

Die politieke konfrontasie kan ook Pakistan wegdryf van sy stryd teen ekstremisme en die pogings om sy ekonomiese krisis te oorkom, twee primêre gebiede van kommer wat die Westerse regerings wil hê hulle op moet fokus.

‘n Alliansie van opposisiepartye, wat gelei word deur ‘n voormalige eerste minister Nawaz Sharif en die invloedryke regsgemeenskap, beplan om ‘n Donderdag protesaksie te begin, genaamd ‘n lang mars, van die suidelike stad Karachi wat Islamabad 4 dae later sal bereik.

Dit beplan om ‘n sitstaking te hou in die hoofstad, tot hulle eise van die herinstelling van die regstelselonder ‘n onafhanklike voormalige hoofregter Iftikhar Chaudhry toegestaan word.

Die mars sal na verwagting toeneem in getalle soos dit deur die oostelike provinsie Punjab gaan. Dit is die streek in Pakistan me die hoogste bevolking en ‘n vesting van Sharif.

“Dit sal baie gevaarlik wees vir die dinamika van die land,” het Rasool Bux Raees, ‘n politieke wetenskap professor by die gesiene Lahore universiteit van Bestuurswetenskappe gesê. “Geweld, onstabiliteit, protes, stakings en meer konfrontasies sal toeneem, en die regering het nie werklik die gevaar van die situasie besef nie.”

Die kommer het toegeneem in Washington en ander Westerse hoofstede dat die politieke twis Pakistan se aandag sal aflei van die stryd teen die Taliban en Al-Kaïda militante wat oorgrensaanvalle loods in Afghanistan.

автоматическое освещение лестницыФільчаков прокурор