MSF onttrek personeel uit Darfoer

Die mediese welsynsorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het Donderdag gesê dat hulle byna al hulle personeel uit die Darfoerstreek van Soedan gaan onttrek nadat 3 van hulle personeellede ontvoer is.

“MSF is in die proses om die laaste van hulle spanne uit Darfoer te onttrek,” het Christopher Stokes, die direkteurgeneraal van die groep se Belgiese tak, vir wie die 3 ontvoerde mense gewerk het, gesê

Hy het aan ‘n nuuskonferensie gesê dat “alle spanne van alle takke” sal padgee en net die personeel wat werk om die ontvoerde kollegas te bevry sal daar agterbly.

Ontvoerders hou ‘n Kanadese verpleegster, ‘n Italiaanse dokter en Franse administrateur gevange, nadat die 3 Woensdagaand uit hulle kantoor in noord Darfoer weggeneem is deur gewapende mans.

ыгри для дивчат кухняДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae